RSS Feed

Toeval… miskien…

Maandae is my en my 92jarige buurvrou se inkopiedag. Gister is die eerste begonias van die seisoen in PnP en ek koop ‘n helder gele. Ek laat dit altyd in ‘n sak sit, omdat ons ons eie pakkies na ons woonstelle moet dra. Omdat ek lui is, loop ek nie graag 2 keer nie. Ek gryp die plant net by een handvatsels en lig die sakke met ‘n gekreun op die werkblad en sak met ‘n sug op my stoel neer. Ek hoor ‘n geritsel en roep “Emily…EMILY…” geen antwoord. Ons stap gesels-gesels eetsaal toe en na ete maak ek my tuis vir die 1uur nuus en middagslapie … weer ‘n geritsel. Ek vlieg op en daar sowaar spartel iets in die sak met begonias. EEEEK,MUIS dink ek! Toe besef ek nee, dis ‘n voëltjie. Nog nooit het dit met my gebeur. Met ek gesukkel laat ek die voëltjie (vinkie) vry.

54462755_2264877856867275_3106167129250988032_n

Vanoggend loop ek die hele tyd met ‘n knop in die keel toe ‘n oud-leerder my tag die volgende gedig:

She was a little tiny bird
Catch in a cage of manupilation voltage high,
A love non believable high…
No escape for a tiny bird.

As years passed the strangelation got worst..
The cage became too small..
Her wings undermained to fly.
No one heard the crying of the little bird’s tears…

She was a strong little bird,
Locked up in a tiny little cage,
Freedom without really freedom
If you don’t know..this wouldn’t make any sense..??

Suddenly after many years,
Not without tears the little bird’s cage went open,
Suddenly the little bird whished the cage keeper was still there..
To protect from the outside world.

She was a little tiny bird…
Heart made of love
Dreàming to be free,
No wings to fly…

Will it ever make sense?

The little tiny bird,
With no wings to fly,
Always dreaming to be free,
Once the gate keeper was set free…

Suddenly it all made sense

Is ons nie maar almal vasgevang in ons eie hokke nie…

18 responses

  1. Pragtig en n baie hartseer gedig

  2. Dis die mooiste gedig! Ai, ek is so bly die voëltjie kon uiteindelik vry gelaat word.
    Ek verstaan jou hartseer vanaand, Tina. Sterkte en ‘n drukkie.

  3. Wat ‘n snaakse gebeurtenis! Dit is so oulik

  4. Wow… laat mens ver terugdink. Mooi kosbare gedig van ‘n student.

  5. Ek stem met Kameel saam, dis ń storie wat mens laat dink. Die mooiste voëltjie, Tina!

  6. Wat ‘n mooi gedig

  7. Ag dis nou ‘n mooi storie. Toeval? Nee ek dink nie so nie….’n duidelike boodskap.

  8. Dankie… ek het nou weer lekker gegrinnik! 😉

%d bloggers like this: