RSS Feed

Sondag Kopies

Ek beskou my as ‘n redelik normale middelklas dame. Nie baie slim nie, maar beslis nie onnosel nie. Eskom en die ander instellings wat op die afgrond huiwer, laat my verstom. Sommer oor ‘n naweek gee 6 opwekkers in… binne ‘n week fladder ons van fase 4 na fase 0. Hier op die Landgoed skarrel ons om aan te pas, maar ons doen. Besighede word geweldig benadeel, terwyl niemand met ‘n oplossing kom nie. Allerhande verskonings word voorgehou, maar nêrens is daar ‘n minister, direkteur of politieke party ‘n oplossing aanbied. Ek wonder tog waar word die krag wat hulle so spaar gebruik? Waarmee sal hulle nou hierdie week na vore kom.?

Dankie vir die inloer. Ek hoop jy kry iets vir jou wenslysie …maar dat jy beslis sal glimlag.

970254_377319499057375_1651161079_n

51769728_2200064876681907_507107858085576704_n

51940839_1565253216911719_2570329401698811904_n

51421334_1391363057670404_1258024156113403904_n

52105007_1564195427017498_686183525900091392_n

51408276_1419898041515424_5638136017660674048_n

49752971_2605312752832855_1246844257457668096_n

50799583_10157008018890120_2511391163223638016_n

50795472_2188204084766894_6602077290501242880_n

 

 

28 responses

  1. Ek hou vd ou naaimasjienkassie ✔

  2. Definitief die bos en karavaan.

  3. Daardie sokkies! (Ek moet dit probeer in die winter.)

    Ek wil ook graag daardie boneless waatlemoen kry!

  4. Dankie… ja, jy laat my altyd glimlag!
    Nee… niemand sal ooit kan verstaan waar die krag heen gaan nie… miskien moet ons vir die mense van Wes Afrika vra… ja, daai klomp wat weet hoe om ander te verkul… miskien het hulle ‘n manier gekry om die krag land-uit te smokkel!
    Oukei… genoeg diep dinge… ek laaik veral daai ou met sy Bob Marley haarstyl! Ek wil vir my ook so ‘n pop kry! 😉

  5. Beslis die karavaan in die bos met ‘n venster in die plafon.

  6. ja de lente is er echt al hier 🙂

  7. Die krag wat “gespaar” word, word nooit opgewek nie > die geld vir die steenkool of diesel word gebruik om nuwe direkteure aan te stel en hulle te voorsien van die grootste BMW’s beskikbaar, ses syfer salarisse en nuwe ses slaapkamer huise met hulle eie kragopwekkers

  8. Oe hou daardie toiletoortreksel en Medusapotplant vêr van my af. Die vissermankarretjie is kostelik, maar ook nie vir my nie. Die karavaan met die oop dak….meer my ding!

  9. Ek sal graag die skuitjie vir n bok-vir-sports oupatjie wil kry, dankie!

  10. Nie baie slim nie? Ons sal nou nie ingaan op jou kwalifikasies nie.

  11. dus het is niet goed daar allemaal
    niks nodig deze week 🙂

  12. I don’t envy you those power outages. It’s ridiculous that they can’t get it right after so many years, and this after being handed a perfectly functioning corporation. 🥵 Love your funnies especially the boat walker and the loo seat cover. 😅 Happy Sunday, Tina. 😘

  13. Kan ek asb die vlytige vingers kry wat daardie oulike verkleurmannetjies gehekel het?

  14. We-elll, die krag wat ons huishouding die afgelope week moes ontbeer, word op hierdie Sondagoggend gebruik om ‘n ry straatligte helder oordag aan die brand te hou…

%d bloggers like this: