RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Ek was vano0ggen by ‘n vriendin se man se begrafnis en jy moet dus tevrede wees met ‘n paar grappies:

‘n Oom stop langs ‘n dogtertjie wat terugstap huistoe na skool. “As jy inklim sal ek jou ‘n suigstokkie gee.” Die dogtertjie hou net aan loop.Die ry stadig agter haar aan. Weer sê die oom “As jy inklim dan gee ek jou hierdie hele sak suigstokkies!” Die dogtertjie draai om en sê: “Pa, ek het al hoeveel keer vir jou gesê, ek ry nie in die Ford nie!!”

***

Gatiep sit oppie couch en kyk ‘n video. Skielik skrie hy vir die ou innie video: “Moenie innie kerk gan nie, moenie in gan nie, djy gan spyt wies!!!!”

Sy vrou stap in en vra vir hom:”Wat kyk djy?”

“Ons Trouvideo”, reply hy. 

***

Koos :”Ek is getroud met een van ‘n tweeling.”
Jan :”Liewe aarde ! Hoe ken jy hulle uitmekaar ?”
Koos :”Ag, dis maklik haar broer het mos ‘n baard !”

Dankie vir die deelneem/inloer. Hoop jy het ‘n heerlike naweek.

1

51533563_2197152446973150_7137636510899109888_n

2

51565884_2203791906309204_6731592596247805952_n

3

52002775_2208153662539695_7969807547148271616_n

4

51775634_2201925119829216_2248182295875813376_n

5

51733921_2198966270125101_2517631188064010240_n

6

28059031_895254757312064_399503144213751468_n

23 responses

  1. Ek weet nie waar die tyd heen hardloop nie…as ek weer kyk het ek uitgemis op jou fotos. Hierdie is almal besonders!!!

  2. Lekker gelag, besonder vir die honde.
    Die kuiken gaan weggeblaas word?
    Vir ons is die kat oulik; vir ‘n muis verskriklik!

  3. Hallo Tina, dankie vir die pret!
    1. Bloukop/ag ek bedoel/Bloukeelkoggelmander
    2. Lyk soos drie skarminkels in ‘n strafblok vasgeklamp
    3. So naby en tog so ver…
    4. Moenie nou skielik jou asem intrek nie, ou perd!
    5. Besnord
    6. Bekoorlik

  4. Lekker gelag vir jou grappies. Die foto’s is ongelooflik mooi!

  5. O daai mooie goggabie is kleurvol en al die diere te mooi. Lief die trouevideo grappie. 😂😂😂

  6. Ag moeder, daai twee leeutjies lyk honger! Ek hoor sommer hoe die ma roep: “Kos is op die tafel!”

  7. Mooi fotos maar my skryfsappe is opgedroog.

  8. 1 Julle kan duidelik sien die sooibrand medisyne begin werk
    2 Nou waneer kom baas met die hondekos?
    3 Ek is seker daai melk is suur boetie
    4 Toemaar boetman ek sal jou teen die Kentucky
    5 Sou dit nou genoeg wees vir ses klein konyntjies?
    6 Kyk daardie reusagtige rotte van Sumatra

  9. mijn condoleances

    1. ik zit mooi te zijn 🙂

    2. die huskeys zag ik gisteravond in een film

    3. aan tafel 🙂

    4. moet ik ff je neus schoonmaken

    5. nee je krijgt niet de helft

    6. O wat spannend

    fijn weekend groet

%d bloggers like this: