Na ‘n miljoen jaar se onderwys het ‘n mens tog ‘n paar dinge geleer wat ander nog sal moet leer. Ek noem graag ‘n paar:
- Kinders is nie jou vriende nie. Moenie probeer om hulle pel te wees net sodat hulle van jou hou nie.
- By tieners moet jy nooit nader as ‘n armlengte van hulle staan nie. Mens stoei nie oor goed nie en as jy jou vererg tree ‘n tree terug.
- As jy jou vererg, haal diep asem, bly ‘n paar oomblikke stil en laat jou stem sak. Hoe minder jy praat hoe beter … ontlont die situasie, want almal kyk net vir jou. Skreeu het nog nooit gehelp nie.
- Kom ooreen met hulle oor selfone… onthou dat almal maar nuuskierig is en gou wil loer wat gebeur op jou foon.
- Elke kind is geregtig op ewe veel tyd, maar omdat dit nie so werk in die lewe nie, maak ‘n punt daarvan om elke jaar vir elke kind ‘n kompliment te gee… doen moeite om dit spesiaal te maak, sodat hy dit selfs in die toekoms sal onthou en dit kan gebruik.
- (Die een sukkel ek mee … maar ek werk daaraan) Elke kind is geregtig daarop om onthou te word.
Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlike naweek.
1
2
3
4
5
6
Baie goeie raad. Ek hou van die een tree terug staan. dis nie vir jou eie veiligheid nie maar vir die tiener se gesondheid.
Dis waar… tog was ek regtig nog nooit in die versoeking om enige mens te klap nie … dis maar hoe mens mens opgevoed is?
Lekker as jy inloer.
Sterkte vir die nuwe jaar!
Het jy al vir n seunsklas skoolgehou wat 16 jaar is en die tweede jaar in selfde standerd? Al wat jy doen is speel eers n bietjie kriekit in die klas vir so 10n minute(jy speel natuurlik saam) en die volgende 20 minute is joune om hul te onderrig!
1. Moeg geoefen.
2.Oepse daisy!
3.Krappie is koning!
4.Het hul hulp nodig? Wonder die perde.
5.Say cheese.
6.Soesig saam. (Dis die mooiste foto)
Hehehehe … woes !
veel regen weer
en zere voeten
https://fietszwerver.wordpress.com/2019/02/05/vreemde-tuinen-rottige-hakken/
Jammer Ek het dit gemis. Ek hoop dis gou beter
ja gaat wat beter
beter lezen 🙂
Ek voel elke oggend soos daardie kat….😏
Daardie kindertjies in nr 5 smelt my hart.
Skildklier?
Kieter nommer een se bynaam is defnitief Una.☺
Siestog… is sy moeg?
Ek sou myne nie met die huidige wetgewing grootgekry het nie. Die beste en permanente gedragswysiging tree in na ‘n dag of twee se gedwonge maag slaapery im.
Ja dis nie vir sissies nie
Daardie oopgebarste broekie en die rooikoppe is kostelik!
Tieners is uiters moeilik om voor skool te hou. Jy gee goeie raad, Tina.
As jy hulle aan jou kant het kan jy wêrelde versit, maar jy is reg, hare op jou tande is nodig!
1 . het geluid staat zeker erg zachtjes
2. Ojee die is toe aan een nieuwe broek
3. samen uit – samen thuis weet ik niet
4 . ik vermoed een Ierse familie
5. net echt
6. die 2 zijn klaar voor het weekend
fijn weekend groet
Hehehehe jy laat my elke week glimlag
ben ik blij 🙂
🙂
Hei, Tina – dank die goeie Vader vir sulke onderwysers!
1. Träumerei
2. Kyk, Ma, geen doek!
3. High five – ag ek bedoel four!
4. Skoonhede op ‘n Ierse strand
5. Smaail!
6. Hei, outjie, watse soort wolle het jy?
Hehehe Skerp soos altyd!
No.1 is die pragtigste ou gesiggie. Die liewe selfone, ja. Ek het in die laaste jare wat ek gewerk het ook telkens waargeneem dat die skermpie belangriker is as dit wat in ‘n vergadering gesê word. Dis uiters irriterend wanneer jy vir iemand ‘n konsep probeer verduidelik en sy gesig bly verberg agter ‘n selfoon. Dis die punt waar ek gewoonlik daardie persoon vriendelik versoek het om die raadsaal te verlaat. Selfdissipline bestaan blykbaar nie meer nie.
Ek het ‘n paar planne … nie dat dit nodig is nie maar ek het altyd met die kinders onderhandel Soos bv. As jou ma jou huiswerk wil doen laat haar… dis goeie gebruik van hulpbronne en jy gaan dit eendag moet gebruik! Ek dink die meeste skole het ‘n streng selfoon beleid.
My eks baas het ‘n goeie reel gehad As jou selfoon tydens vergadering piep of lui sal jy na die eerste pouse vir ons ‘n kletsrympie sing oor die onbelanglikfeid van selfone. In drie jaar het dit net 2 keer gebeur
Goeie beleid. Ongelukkig het van die “base” by ons die voorbeeld gestel deur “belangrike” boodskappe te neem tydens vergaderings. Dis nou die mense vir wie ons moes demonstreer hoe hulle stelsels en departemente werk.
Ja want vir die een geld moet vir almal geld. Onderwysers kan nie verwag dat kinders nie loer terwyl hulle dit self doen nie.
Net so!
🙂
Jy praat wys vir egte onderwysers. Die seuntjie wat met sy karretjie selfies neem, gaan ys aan die Eskimos verkoop..
Wonderlik hoe sommige kinders se verbeelding werk!
1. Waar is my muse heen?
2. O,gaats!
3. …en die wenner is… (Mits die podium nie honger is nie!)
4. The wild and beautiful – Erin go Bragh!
5. Om soos kinders te kan sien en speel – ongebreidelde oorspronklikheid.
6. Ek en my maatjie, tot hy my stekelrig laat voel.
Aha kikker jy my Vrydag op!