RSS Feed

Sondag Kopies

Voor my woonstel is daar ‘n paar doringboompies en in die 5 jaar wat ek hier woon is daar elke somer ‘n vinkie wat fluks huisies bou en afbreek. Hierdie jaar is daar egter vir die eerste keer ‘n vinkie met ‘n wyfie wat groot belangstelling toon. Wat egter interessant is – hy het 2 nessies gebou Terwyl die wyfie in die eerste nessie is, vroetel hy fluks in die tweede nessie. Ons het besluit dat die eerste die hoofhuis is en die tweede ‘n buitekamer. Mens staan elke keer verstom oor die natuur.

Dankie vir die inloer. Ek hoop daar is iets vir jou wenslysie vandag, maar veral dat jy darem sal glimlag!

51380739_1413812095457352_3041872353593131008_n

49213481_2098198476893139_2260402504330117120_n

50946049_2033205160135459_8696950831825551360_n

51682777_1412495225589039_8423978344172748800_n

 

48031326_1908303749222724_1647860285823778816_n

50937083_10217996487001124_1808117008970022912_n

50086342_1408938132611415_5928907296464699392_n

50927192_2189402241313745_726390853651660800_n

 

40 responses

  1. My favourites are the Giant Fruit Salad and Ego in my Head – the Hands-On Bra is nice too, but not for me.

  2. Vinke wat so nes bou bieg puik fotogeleenthede. As jy hulle lank dophou weet jy naderhand presies wanneer om die beste fotos te neem.

  3. Almal wil die bad hΓͺ, kan ek die bulle bed kry?

  4. Daai bad met die uitsig!! Die vrugtebord lyk baie aanloklik!

  5. Given the background, those colorful fruits are “Really” attractive; and so are the boneless potatoes, carefully selected.

    Wat die polygamische vogels betreft, inderdaad….mens staan elke keer verstom oor die natuur..
    Weet jij zeker dat in die “buitenkamer” een ander vinkie woont? Misschien wil de bewoner van het hoofdnest alleen ‘s morgens en ‘s middags een uurtje privacy.
    Doringbomen en mielies associeer ik altijd direct met dat heerlijk nostalgische liedje van Sarie Marais.
    .-

  6. Daai bra! Genugtig! Nee dit vat meganisasie te ver! Party goete is maar net DIY!

  7. Oe, vandag hou ek van Ε„ rooi rangskikking, stuur aan, asb Tina! En dan natuurlik die bad met die uitsig…

  8. Ek is mal oor daardie fiets. 😍

  9. Daai vinkie is ‘n veelwywer! πŸ˜‰
    Daai klomp met die snakse klere… hulle kort kopklappe! πŸ™‚
    En… daai badkamer vensters rame is te klein… mens moet vloer tot plafon vensters kry vir sulke wistas! πŸ˜›

  10. Die badkamer met die uitsig vir my, asseblief!

  11. Die bak slaai is baie aanloklik, en ek wil maar net sΓͺ dat ek besluit het om nie vanjaar vir my en my man die outfitjies gaan hekel nie, dit gaan bietjie woes, maar dalk volgende jaar. Ek sal solank die wolletjies bymekaar kry.

  12. Ek sal nagmerries kry in daardie kamerπŸ™„

  13. Daai vlinderstoel onder ‘n koelteboom met sulke vet kussins om die vinkies dop te hou….maar kyk ek skater vir die handige pampoensakke ….bwahaha

  14. ik ga voor de nostalgische fiets
    rijk vogeltje met 2 huisjes πŸ™‚

  15. Ons wag nou net op fotos van jou kant rakende die huis en buitekamer….of is dit nou slaapkamer en badkamer…..Tina daai vrugtebord is myne…😍

  16. Lyk na Ε„ lekker inkopiedag. Ek sou kon sing ” gee my Ε„ roos..🎼🎼”, daai vrugte spel “paradys”

%d bloggers like this: