RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Mens leer elke dag iets van jouself wat nie altyd jou heel beste eienskap is nie. Hier op die Landgoed word ons opgeroep  gister om vir die verkiesing te registreer vanoggend as die mense van die IEC om 10:00 hier sal wees. Omdat ons al 5 jaar hier woon het ons al hier gestem en is ons op die kieserslys, maar wil registreer vir spesiale stemme. Gister het my 92jarige buurvrou 4 keer gevra of haar ID kaart al is wat sy nodig het. Met Job se geduld antwoord ek elke keer. Vanoggend 9:45 staan sy voor my deur… ongeduldig omdat ek nog nie skoene aan het. Ek haal diep asem en gryp my goedjies en daar trek ons. Sit lekker in eetsaal en wag… heeltyd wonder sy of hulle van ons vergeet het en of ons op die regte plek is. Ek kry naderhand so beklemde gevoel en het besef dat ek glad nie so geduldig is as wat ek my voordoen nie. Ander mense se paniek steek baie gou by my aan … en ek sal ernstig daaraan moet werk.

Nou lê die registrasie vir spesiale stemme nog voor… sug.

Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n lekker naweek en dat jy ten minste sal glimlag!

1

50060822_2685872844786064_8016185364219691008_n

2

49274300_2717702801603068_1046465169602904064_n

3

51021885_2178731545481907_635393089493532672_n

4

50705133_2717845308255484_4594463495923171328_n

5

47056298_2597800253593324_3623159343467200512_n

6

49690866_2685699508136731_457274065514659840_n

20 responses

  1. Die kat kom weer… ja, ek is gerigisteer en moet wag om my lokaal te verander na Dublin toe, waneer die verkiesing datum aangekondag word – miskien moet ek sien of daar al ‘n datum is…

  2. Dit voel of jy my spesiaal vandag bederf het met al jou mooi leeufotos, Tina – baie dankie!

  3. A beautiful cat collection! Thanks Rondo Twinkle-toes! They are all great – but I would choose #5

  4. ja we leren alle dagen nog weer

    1. lief

    2. minder lief

    3. 1 fout en het is goed mis

    4. samen lui

    5. zei je wat

    6. kiekeboe

    fijn weekend groet

  5. Duidelik is jy ‘n LIONS opndersteuner!

  6. Ai, Tina – hoop die registrasie het darem toe vlot verloop.
    Mal oor al die koninklike foto’s!
    1. Liplek-lekker
    2. Regs, nog so bietjie meer regs, bietjie affer – aah, daar’s hy!
    3. Moederliefde (hmm, lyk my ek en Una is min of meer op dieselfde golflengte vandag)
    4. So hoe lykit, sal ons vanaand gaan kattemaai?
    5. Aaargh, seun, dis Sondagmiddag! Slapie-tyd!!
    6. Kom jy nou net een tree nader…

    • Ons was mos die eerste inwoners op die Landgoed so ons was geregistreer Ons het net gaan hoor van die spesiale stemme maar hulle sal weer kom nadat die verkiesing datum bekend gemaak is. Dis ‘n voordeel om oud te wees!
      Elke byskrif is ‘n treffer soos gewoonlik!

  7. 1. Moederliefde
    2. So spel mens m-o-e-i-l-i-k-h-e-i-d.
    3. Kyk jy vir my?
    4. Luilekker Vrydag
    5.Eina, jy byt seer!
    6. Wegkruipertjie.

  8. Vrede in Leeuland, veral tevrede met die trosbehuising.

  9. Pragtigste fotos! Nr 3 is my favorite.

%d bloggers like this: