RSS Feed

Sondag Kopies

Dis interessant hoe akteurs en sangers nie ouer word in jou kop nie. Ek het my altyd verbaas hoe my ouers gaande was oor hierdie stokou mense, terwyl daar sulke oulike jonges is. Nou is ek in dieselfde posisie.

As jong student was die Breytenbach teater ‘n klipgooi van my koshuis af en daar het my liefde vir teater begin. Ek onthou nog soos gister vir Cobus Rossouw in Nag van Legio en hoe Katinka Heyns en Marius Weyers hand aan hand in Pase op die verhoog gekom het. Sandra Prinsloo, Athol Fugard Jamie Uys en nog talle meer…sug… nou is hulle almal ou mense!Β  Ok… my lyf is oud en moeg, maar my kop is nog soos jonk soos die akteurs – 60 jaar gelede.

Genoeg oor my, ek hoop jy kry ietsie vir jou wenslysie en indien nie hoop ek darem dat jy sal glimlag! Hoop jy het ‘n wonderlike week.

43012758_2249797855305556_3925721041938153472_n

47578809_2506107812796579_2639022004824440832_n

42167284_1918430338192240_7539766851350298624_n

40287649_2288081684768246_6885183057704255488_n

42096552_1917508238284450_8246345119649759232_n

43534343_10155607930251034_4746728165399855104_n

a0568fc745eef01922adbc3e6ac1b9f2

47292997_2243853535648126_2125021222444990464_n

49 responses

  1. Daai sak geld… ‘n klompie vliegtuig kaartjies?? πŸ˜‰

  2. Thanks for the laughs, Tina. I really want a car cover like that one. Oh yes, and the bag of money would come in very handy for buying Christmas presents. πŸ™‚

  3. Ek skrik as ek daai mooi mense van destyds nou sien,
    want ek besef net weer Vader Tyd het my ook gerol.

  4. Ek wonder hoeveel mense daai R100 winskopie gevat het?

  5. Hee-hee, ek onthou daardie akteurs πŸ˜‰

  6. Ek dink daardie dansende vrouens is net wat ek in my tuin nodig het!

  7. Die sak geld, dankie Tina. Zip solank toe… Oe, en die koek natuurlik asook die ‘motor home’. Dit sal al wees vir vandag.

  8. ja doe mij maar die tas met centen , en de VW bus om te toeren πŸ™‚

  9. Ek laaik daai dansende vetties in hulle vrolike geel rokke, en daai bonter as bont tarentale. Die sak met geld….Graaff-Reinet toe, en vir jou ‘n reis van jou keuse liewe Tina.

  10. Ek kan net sien Toorts se man gaan ‘n “car cover” kry vir kersfees 😁😁😁😁
    Dan moet ek vinnig winkel toe om Tuna te gaan koop voordat die “special” verby is!!! πŸ€”

  11. Met de reistas met geld kom ik naar jou toe.
    Maken wij dan samen een rondreis door jouw mooie land?

    Vrolijke groet,

  12. Die sak geld? Ek sal dit tel, natuurlik en kyk of dit regte geld is. En dan? Eers 10 persent uithaal vir daar waar nood is. En dan? Let the fun begin.

  13. Pikante karkombersie! 😁 Ek dog β€˜n boer maak β€˜n plan, maar β€˜n bruid maak ook β€˜n plan. En dan is ek mos besig om daai outfitjies te hekel vir β€˜n klomp manne wat nie geld het vir klere nie! πŸ˜‚ Die ander het ek vergeet.

%d bloggers like this: