My blogvriende laat my glimlag. Daar is baie gesê oor die gevare van virtuele vriende en die argumente sal seker vir ewig rondgegooi word. Ten spyte van al die grustories, dink ek met groot deernis aan my vriende wat my lewe op ‘n besondere lewe aanraak. Die lekkerste is dat mens aanvaar word vir wat jy is. Daar word nie heeltyd op jou swakhede gehamer nie. Jy word nie daagliks verwyt wat jy nou weer verkeerd gedoen het nie. Jy word nie verwyt dat jy te vet, te dom, te lui, en nog baie ander is nie. Mens hoef nie elke ou dingetjie te verduidelik of te verdedig nie. Hulle vra jou nie geld nie en soms word jy uit jou sokkies uit verras oor dit wat hulle doen en sê. As jy effe neerslagtig is kikker hulle jou op(selfs as dit met hulle ook nie te goed gaan nie) en die heel lekkerste is dat hulle altyd bereid is om saam met my te glimlag. Baie dankie Jy is spesiaal. Dankie dat jy op so besondere manier my lewe aanraak.
Ek hoop daar is vandag ietsie vir jou wenslysie. Onthou net om darem ook te glimlag.
Agge nee Tina…. daardie Roomys!!! Ek is al die hele week soooooo lus vir ‘n doughnut, nou kom jy met so ‘n temptasie 😣
O jinne, daai tande! Ek wonder of voornemende kopers eers mag aanpas voor hulle koop?
Gee my die kombi, dan kom kuier ek spesiaal vir dierbare Tina op die landgoed doer in die Noorde.
Die tande maak nogal baie sin… as mense arm is en hulle tande verloor het is dit dalk ‘n wonderlike hulpmiddel. Dalk is ons behoefte net nie grootgenoeg nie.
Ai dit sal so lekker wees Jy daag net nie sonder jou kamera op nie. Ooooooo jy sal die mooiste foto’s op Magoebaskloof neem
Daardie kombi sal te klein wees vir al my lense en fotoparafinalia!🤣🤣
Nahhh … nog nooit gehoor van ‘n sleepwa nie? Wat van ‘n dakrak? Of ‘n luukse karavaan
Jy moet dit by volgende Sondag se kopies insit.😄
Ok Ek is van more af weer ‘n rukkie buite aksie maar ek belowe om te begin soek sodra ek terug is.
Ag nee, ek hoop nie dis ernstig nie. Sterkte waarvoor ookal, liewe Tina.
Jy is net so spesiaal Tina! Jy laat my altyd glimlag! Daai donut roomys!!
Dit lyk darem alte lekker. Glimlag is goed veral in vandag se negatiewe lewe.
Ek lees altyd jou Sondagkopies eers op ‘n Maandag.
Mag ek asb die kombi kry? En daai donut-roomys, maar net as jy belowe hy maak nie vet nie
Natuurlik maak dit niks vet nie en die kombi is vir my net so mooi!
Besonderse inlywing tot die post oor die bloggers. Lei darem af ons is nie boggers nie – dankie.
Ek wonder of die boom die dame wat wil uitklim oorleef het
Ja jy is nog half nuut maar baie spesiaal. Ek het dieselfde gewonder hierdie kant Die mensdom is mos wreed
Ja ek blink sikspens
Woiw ek is mos maar ‘n tiekie … nou nie met gewig nie maar waarde ! 🙂 Wag netnou het ek moeilikheid
May I have such a creamy donut please?A complete one, that is, both sides of the ice cream street vendor’s cart:On one side: Cones 10cOn the other side: – With ice cream, 80c..-
MMMMMMMMMM lekker!
Hierdie is omtrent ń klomp fassinerende prentjies bymekaar, Tina! Die valstande stalletjie is werklik nie so ń slegte idee nie, nie met ons mediese vonds tariewe nie. Jik werk as die geldjies skaars is…
Hehehehehe my liewe vriendin jy kan met plesier vir tande uitsoek maar ek sal my laaste spaargeld uitgee vir my eie tande
Daai toiletsitplek gee ‘n ander kyk op die term “draadsitter”!
Dis altyd lekker om by jou te kuier en jou tjommeltjies te lees.
🙂 kan jou laat double clutch as jy nie weet daarvan nie
Hihihih … en dit gee jou spoed! 🙂
Hopelik is daardie doringdraad binne in die sitplek!
Ek hou nie my asem op nie … blykbaar kom dit van die strafkampe… gruwelik!
Dit is gruwelik…siek om die minste te sê.
Sug… ja!
Ek soek die voetskoene. Die voethandskoene. Whatever. Ek kan dit saam met my plakkies dra.
Hehehehe dink jy nie dit gaan baie glad in jou plakkies dra
En jy is ook baie spesiaal, hoor jy?
Baie dankie Toortsie … nou het ek sommer ‘n knop is die keel …
❤️
❤
Die bad endie combi. Maar ek hou van bad! Waar gaan ek dan metdie blomme heen?
Ek wonder ook oor die blomme… effe oordrewe Die bad lyk ook maar klein
Bad kan maar klein wees, ek hou van bad.
Dan hang jou voete oor die kant
Dis okay solank my kyf in’nbietjie water kan wees.
Hehehehehe ok ons sal die blomme weggee!
Oe eh eh, daai tande, ek maak liewer my plestiks met bliksemgom reg….🤣🤣🤣🤣
Hehehehe ek het opdraggegee dat hulle my met my tande moet begrawe Hoe sal ek nou met Petrus kan praat sonder tande!
Net so!
🙂
Kan nie besluit of daardie eerste rangskikking baie mooi of gruwelik lelik is nie. Die stoel het ‘n spelfout op, dit sal my MAL MAAK! Maar kan ek groot asb die kombi kry? Dan kom laai ek jou op en ons ry af Kaapse see toe…en langs die pad kuier ons by al wat ‘n blogger is…
Onthou om by my ook aan te kom hier bt sie Suidpunt!
O ja, beslis!
🙂
🙂
Sal so lekker wees!
Ek het ook nogal oor die blomme gedink Dalk vir ‘n spesiale funksie?
Hehehehe jy het groot planne
ik ga voor de VW 🙂
Ja dis vir my ook mooi!
🙂
🙂
De potdeksel ligt bij mijn buren in her kleinste kamertje.
Nu weet ik waar zij die vandaan hebben …
Vrolijke groet,
Daar is glo ‘n oorlogskonotasie