RSS Feed

Sondag Kopies

Ai toggie, die staatsinstellings sukkel darem. Hier in my dorp is die hoofposkantoor naby die munisipaliteitkantore en ander staatskantore. Die parkering is min, die strate nou, en oud, en dis glad nie ‘n goeie plek om heen te gaan nie. Oor die radio hoor ek hoe agter die poskantoor is met die posverspreiding en hoeveel posstukke daagliks nog verwerk moet word, is dit te verstane dat dit so skaars is. Ons het nou posbusse op die Landgoed gekry. Die uitbreiding bestaan uit 3 banggat woongebiede waarvan ons Landgoed die aftree-oord is. Wat die poskantoor egter nou doen, is om die pos vir ‘n paar maande op te hoop en dan by die hoofhek af te laai … (ek rol my oë soos ‘n tiener) Ons het nou ‘n brief gepos en ons kyk hoe lank dit neem om hier te kom. Intussen sal mens nog die Postnetposbus  ten duurste aanhou vir die 3 posstukke per maand. Sukkel jy ook met die posdiens?

Dankie vir die inloer. Hoop daar is iets ouliks vir jou wenslysie en wat jou vir die res van die dag sal laat glimlag.

38614980_999887623505286_6563986453913665536_n

226288_436703719708376_1774533909_n

39102663_10160685484670015_4547647583597625344_n

11262091_848531475216865_27469822356530993_n

38851111_10157677489272619_12974267272527872_n

40036476_465650877264512_406199336632844288_n

36188241_194258387945512_4697166978698182656_n

 

37 responses

  1. Op hierdie oomblik wil ek net daar bo op by die tent sit en uitkyk…. of nee, met my dikkop wil ek eerder in die tent lê en bietjie slaap.

  2. Danie vir die back to shool sal vir my kinders daarvan koop vir pouse. Raak mos nou lente en die arme bloedjies gaan begin warm kry.

    Daardie boot is sekkerlik gemaak om op land mee rond te ry (op die treiler agter die look-alike kar)

  3. inmiddels maandag , ik was wat dagen weg
    ja wat van die centen zie ik wel zitten 🙂

  4. En wat ek nog kan byvoeg oor Tina se poskantoor-area hier – want ons kantoor is net om die hoek – die sypadjies word omgedolwe, daar is gevaarlike gate waarin motors kan inry of kinders kan in verdrink, (want soms loop water die strate af) dan kry ons sms’e om water te spaar. Ons dorp lyk ga-ga, onnet, vuil … en as daar opgeruim word na ‘n grouery, lyk dit of 10-jariges die sypad-stene teruggepak het.

    Bly in jou landgoed Tina – dis skoner en netjieser daar!

    Natuurlik is ek mal oor jou kamp-foto, dis waar ek sou wou wees …

  5. Daardie eerste fotos van die kunsvorm, dis inderdaad iets uniek, Tina!

  6. “Back to school” is deesdae baie cool!

  7. Back to school wen loshande en die meeste onnies( en dalk ouers) sal saamstem

  8. Die poskantoor hier by ons hoop ook pos op. So elke drie weke word ons darem verras met iets in ons posbus. Gelukkig kom die meeste belangrike goed deesdae per e-pos hier aan. Tog te lekker, die gemorspos kan ek sommer al delete nog voor ek dit gelees het en ek het baie minder herwinningspapier om my oor te bekommer. Ek hou baie van jou back to school voorraad.

  9. O ja, die pos. Die meeste van wat ons gestuur het bly op pad, en tydskrifte waarvoor ons bestellings geplaas het kom nie.

  10. Terug na skool en sal nie dors word nie!
    Die beste is die twee-verdieping veldhuis!

  11. Laat dat schip met geld maar varen.
    Maar die eerste foto’s vind ik wel mooi.

    Zonnige groet,

  12. Daardie skip, met die geld, dalk op pad, na Venezuela. Jy betaal daar, vir ‘n rol toiletpapier, baie meer note as die papier se gewig.

%d bloggers like this: