Ek hou nogal van myself. Deur die jare het ek Tinatjie redelik goed leer ken. Daar is tye wat sy moeilik oortuig word, maar die meeste van die tyd kom ons redelik goed oor die weg. Tog is daar tye wat ek so vies kan raak vir myself. Wanneer ek stupid goed doen of sê, kan my tog so irriteer. Ook as ek so onnodig kwel oor goed wat ek nie kan verander nie. Die meeste van die tyd is ek baie tevrede met my lewe en ek het oneindig baie dinge waaroor ek baie dankbaar is. Kom, vertel bietjie hoe jy oor jouself voel? Hou jy van jouself? Hoekom? Wat hou jy nie van jouself nie?
Dankie vir jou inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n wonderlike naweek.
1
2
3
4
5
6
My een vriendin sê altyd: “As ek myself moes maak, was ek nou nog besig….” En dis waar, daar is altyd ietsie omtrent onsself wat ons pla en partykeer focus ons so op daai goed, dat ons vergeet om die goeie dinge raak te sien
Dis ‘n groot waarheid daardie!
Hierdie is nou ‘n blikkiese moeilike vraag. Ek het te veel onnosele keuses in my lewe gemaak om te selfvoldaan oor myself te voel. Maar ek is oor die algemeen ok met myself.
Dis waar ons het almal foute gemaak wat jou lewe verander het maar elkeen kry gewoonlik nog ‘n kans.
Dis moeilik om ingeprente dinge af te leer. Is soos Coetsee se ons is nie die kans gegee om onsself te ontwikkel nie. Dit slaan telkens terug.
Ja dis waar!
Ek moet van myself hou…ek moet nog n lang pad met haar stap….sy leer stadig en word ongeduldig met tye maar daar is darem goeie punte ook…..hehe daar is ook altyd iets om voor dankbaar te wees…..
Ons hou meer van jou as wat jy vanjouself hou?
Dis waar Dis pynlik as mense hulleself en ander afkraak
Ek is skoon verlief op die spul koggelmandertjies!
Hulle is te oulik!
5) This little piggy, uh korreksie, akkedissie went to market
this little akkedissie stayed home
Maar ek hoop vir hom dat die akkedissies nie wee wee wee op sy hand nie.
Ek dink hulle doen nogal
Menz is die een in nommer 4… 😂🤣
Wow kyk net die haarstyl
Sekere tye hou ek van myself en is ek spontaan en gelukkig. Soms us ek onseker en bang en sê verkeerde goed waarvan mense nie hou nie. Maar die meeste van die tyd us ek die happy-go-lucky een. As ek op 55 nog nie gelukkig in my vel is nie, wanneer gaan ek dit word?
Ek stem… insigte kom met ouderdom
Die olifant het natuurlik my hart gesteel en die kindjie in die rivier. Is dit ‘n Scottish Highland Cow?
Hehehehehe hoe maak jy asof ek koeie ken? ❤
Maar jy kan hom mos vra!
Hoe weet jy dis ‘n HY?
Wag! Ek gaan gou my man vra, dan kom vertel ek jou! Né?
🙂
Ek dink nie ek is te ver verkeerd met die ras nie. En die geslag? Wie sal weet? As hy nou ‘n neusring ingehad het, sou ek weet dis ‘n hy, maar anders weet ek nie.
Hehehehe dalk is hy ‘n vrye bulletjie sonder neusring… dis vir my so vrede gewoonte 😦
As kind het ons ‘n bul met ‘n neusring gehad. Mens sien dit deesdae nie meer nie. Dit was hoe ek geweet het dis ‘n BUL!
hehehehehe ek sou moes kyk na sy wegstap 🙂
My pa het my nie so geleer nie! 😂
🙂
Wat een leuke vraag!.Al sinds jong nog, heb ik besloten, mij te laten zoals ik ben, want ik zou niet weten hoe ik mijn imperfecties zou kunnen verbeteren. Het grootste gebrek, vind ikzelf, is egoïsme. Ik doe graag wat iemand mij verzoekt. Zelfs zal ik het (soms, misschien) aanbieden als ik vermoed dat de ander het mij niet durft te vragen. Maar om zomaar uit mijzelf “hulp” voor te stellen, vind ik geforceerd, en ik ben wél zo blij als hij mij niets vraagt. Een mens kan niet (of heel moeilijk) tegen zijn natuur in gaan. Trouwens, over het algemeen ben ik best tevreden met mezelf en met mijn toepassing van de Gulden Regel! – Take me or leave me. 🙂
Net so!
Ja, ek hou van Tina en oor die algemeen, van myself ook. Wat baie waar is, is dat ons, ook oor die algemeen, grootgemaak is, om nie vir onsself te dink nie. As ons dit gewaag het, om buite die kerk en die Party (dink Broederbond) se reëls te wees, was ons nie gereken, as ‘n goeie deel van die samelewing nie. Jammer, dit is/was deel van SA se probleem, vandag.
O ja en dit het ons baie krities oor onsself laat dink!
Gelukkig grootgeword in ‘n familie, waar ons toegelaat is, om bietjie vir onsself te dink. Dankbaar daarvoor.
Lanklaas iets van jou gehoor. Is geen nuus goeie nuus?
O ja, en ek hou ook baie van Tina!🥂
Ag is dit nou baie spesiaal Sy waardeer dit meer as wat jy ooit sal verstaan ❤
❤
❤
Ek ook. Ek hou ook van haar.
hehehehe as dankie Ditto! ❤
Ek is die olifantjie in prentjie een… Ek hou ook van myself, maar ag, ek het steeds baie om te leer.🤗
Ag nee jou boude is nog nooit so dik nie 🙂 Leer doen ons almal nog elke dag dink ek!
Oulike foto’s! Ek is ook heel tevrede met myself…kan my net soms onnodig bekommer oor dinge waaraan ek niks kan doen nie. Soms sê ek ook goed waaroor ek later spyt is.
Ek dink mense wat nie van hulleself hou is diep ongelukkig.
Beslis, Tina!
🙂
niets mis met van jezelf houden
en een ieder heeft wel een min puntje hihi
1. wil niemand mij nu ff een duwtje geven
2. O heerlijk , maar hier kan dat nu niet 😦
3. hé geef me mijn deel van de deken terug
4. als je haar maar goed zit
5. hé je hebt te weinig vingers
6. 2 van moeders mooisten op de foto
fijn weekend is wat ik je wens
Hehehehe welgedaan
Mooi naweek vir jou ook!
dankie 🙂
🙂
Daai kindjie wat so in die modder spring, som een ding op waaroor ek spyt is. En dit is dat ek so baie kere huiwerig was om sommer net uitbundig te wees, meer waaghalsig. En ek het te veel kere ook my kinders vermaan – Moenie! as hulle sommer in die modder wou spring met skoon klere aan en sommer net hulself wou wees. Ons Afrikaners is te dikwels aan bande gelê met vermanings om onsself te gedra en soos robotte saam met die stroom te loop.
Aha dis lekker om jou te sien!
Ja dis beslis waar Super ordentlik moes mens altyd wees want wat sal die mense sê!
Trots zijn op mijzelf moet ik nog leren.
Maar wat zegt men?
Nooit te oud om te leren.
Ach, misschien moet ik ook weer in de modder gaan spelen.
Te warme groet,
Ek hoor dis so warm by julle Sterkte Ek hoop julle kry gou verligting
Ek stem saam met die modder spelen, en nou kan my hare nie eers meer vuil word nie!
Hehehehe maar mens kan op enige ouderdom in die modder speel
Ek het op my hoge ouderdom vir eerste keer “ten pin bowling” gaan speel gisteraand. Nooit te oud om iets nuuts te doen nie. Gaan spring in daardie modder en geniet dit,
Ja daag hom uit Hy is nog lekker jonk!