Toe ek amper 5 jaar gelede hier op die Landgoed ingetrek het, was dit soos die Voortrekkervroue wat kaalvoet oor die Drakensberge getrek het. Ek het graag oor die gebeure getjommel, omdat dit snaaks was en dit ‘n lewe wat onbekend aan my was. Nou het dinge so verander dat as daar iets gebeur wat snaaks is, ek nog glimlag maar ek dit uit respek nie meer deel nie, want dit is nou MY mense. My stories vul my met deernis en soms hartseer, omdat ek weet dis dalk die persoon se laaste storie. Van ons 6 mense wat in Desember 2013 ingetrek het, is daar reeds 3 oorlede. My hele uitkyk oor doodgaan het verander. Die besluit om hier te kom woon was die heel beste van my lewe en vul my met groot dankbaarheid.
Dankie vir die inloer. Ek hoop jy kry sommer ‘n hele paar dinge vir jou wenslysie, maar dat jy darem ook sal glimlag.
Daai ou met die groen klere het verseker vir baie jare nie ‘n vrou nie.
Dalk lyk sy vrou net so?
Ek is bly jy bly lekker.
Mmmmmmm – dai koek lyk heerlik
Goeie keuse… ek wonder wel oor die inhoud
Daardie kleurvolle uitrusting is iets anders!
Net manne met ‘n houding sal dit kan doen!
Daai ashoendertjie lyk so rustig, ek sal graag vir ‘n wyle daar kuier.
Oooooo tussen jou brakke sal ek nou nie die hoenders aanbeveel nie!
Ja nee, sal vir seker nie werk nie! Onse kinders het twee worshonde genaamd Chuck en Norris (!).Toe kry hulle twee kuikens (nie die honde nie!). Toe vreet die honde die kuikens op tot groot ontsteltenis van die kleinkinders. Weer twee kuikens, Boet en Saartjie (maar altwee is saartjies) agter ondeurdringbare sekuriteit. Boet en Saartjie het verlede week hul eerste eiers gele.
hehehe jy laat my altyd glimlag maar skryf heeltemal te min
🙂
🙂
My uitkyk oir doodgaan het ook verander…..Carpe diem…
Ja mens weet nie sulke dinge voor die tyd nie
Jy kan daardie koek nou dadelik aanstuur… om ‘n mens so vroeg op ‘n Maandagoggend in die versoeking te lei!!!
Wonder hoe Ken in so ‘n groen baadjie ens sal lyk? Nope, die kinders sal nie daarvan hou nie.
Geseënde week vir jou!!
Ooooo daai koek roer ook my hartsnare!
Meer as die jongman wat so aan jou kamerdeur geklop het????
Beslis ja! … fluister… die jong man moet by iemand anders klop!
Ek het nog altyd gese dat so n aftree-oord die beste is om in te wees sodra jy aftree. Ek is eintlik half jaloers op jou maar nou ja, die lewe loop maar vreemde draaie. Eks bly jy geniet dit en besef dat die lewe nie net uit skoolhou bestaan nie.
Ja, maar dat mens jou vriende gaan verloor is ook bie moontlik My buurvroue is 64 en 91 Ek het in my lewe nog nooit so baie gepraat. nie. Die lewe loop maar soos dit moet moet Onthou net as jy hier gebly het sou jy Bea gemis het en dis iets wat ek nooit sal hê nie
Ek kla gladnie, net maar n paar feite genoem. Mens is nou op die leeftyd dat vriende ook maar heengaan.
Dis waar en mens maak maar die beste van elke saak
ja we gaan allemaal een keertje dood
er over inzitten veranderd daar niets aan
mijn motto GEIN maken zolang men leeft
niets nodig deze zondag
Aaaag ek wou vir jou so hangmat aanstuur! 🙂
oké maar dan met verkoelende ventilator 🙂
Ek hoor dis baie warm by julle Sterkte!
30C graden en meer pppffftt
Regtig warm
echt wel 🙂
🙂
Ek hou van die potplante teen die muur en die skapiefone, maar die groen mannetjie! Ag hoe dierbaar! Tot die sokkies pas by die klere.
Ek wonder net of die muur nie lelik word as mens iets gereeld moet water gee nie ! ❤
Sulke mure raak maar lelik. My ma het Ivy teen die muur gehad. Toe hul dit aftrek moes dit oorgeverf word. Kan nie onthou of dit gepleister ook moes word nie.
Ja en daar klim ook maar goggas in … tog op ‘n prentjie lyk dit altyd mooi!
En ek is juis so bang vir spinnekoppe!
Ditto… !
Denken over leven en dood is een moeilijke bezigheid; ik kan mij dus gemakkelijk voorstellen dat jouw inzichten kunnen veranderen wanneer je in korte tijd drie sterfgevallen van dichtbij meemaakt.
Ongelukken met kabelbanen schijnen zeldzaam voor te komen; toch zou ik mij in zo’n hangmat veiliger voelen tussen twee bomen!.
Het costuum van de gentleman is voor mij DE glimlach van de week!
.-
Altyd lekker om jou te sien! Ek sal ook maar die hangmat tussen bome hang!
Is dit werklik al amper vyf jaar? Onthou nog so goed toe jy die verandering aangedurf het! Daardie dogtertjie wat so op die aardbol dans is te pragtig, maar o wee, wat vang daai mense in die hangmatte aan??
Dit voel vir ons ook soos nou die dag. Ek is ook nou bly ek kom nie nuut in nie vriendskappe is klaar gevestig en ek dink mense kan baie eensaam wees. en hoewel mens nie met opset mense uitsluit nie, gaan mens aan soos gewoonlik.
Dit word al hoe moeiliker as daar in jou bos gekap word.
Net so Dan is grappies nie meer dieselfde grappies nie.
Ja, ‘n mens se sienswyse verander nogal wanneer jy jou lewensstyl verander en moet aanpas by ‘n nuwe sosiale gemeenskap. Verandering is goed vir die siel. Kudus vir daai oom met die groen baadjie – dit verg baie selfvertroue om so aangetrek in die openbaar te verskyn.
Hehehehe hy is dalk betaal daarvoor?
Goed dat jy jou plek en jou mense so positief beleef. Al doen jou mense partymaal simpel dinge
Dis mos maar soos dit in die lewe gaan
Nr laaste kyk soos aktiwiteit vir my.
Hehehehe … dis ook nie vir my nie!
Wat een prachtige plaatjes.
Maar ook wat een verdriet om de verloren mensen.
Bemoedigende groet,
Dis waar. Baie dankie. Lekker week
…daai skape is nogal kommentaar…ons slimfone maak ons skape.
Dis waar eb daar word vir ons gedink en voorgeskryf waarvan ons moet hou.
As jy nou daar so in die lug hang, wat maak jy as jy wil gaan piepie?
Ek het nou nie daaraan gedink nie … hehehehe ek sal in elkgeval nooit daar gaan hang nie so dis nie op my lysie nie!