RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Sondag se grappie het nogal aftrek gekry dat ek maar nog een/twee aanbied. Hier op die Landgoed is daar nie nuus nie en ek sien uit na jou inloer!

Die oggend met ontbyt kla die een tante van die ouetehuis dat sy nie ‘n oog kon toemaak nie omdat ‘n jong man die hele nag aan haar deur bly hamer het. “Hoekom het jy nie die deur vir hom oopgemaak nie?” vra haar vriendin. “Is jy mal? Dan sou hy mos uitgegaan het!”

Nog een:

Vier ou tannies ry op die hoofweg teen 22km/h. Die spietkop keer hulle voor. ‘Tannie, hoekom ry jy so stadig?’ ‘Man die padteken sê dan R22.’

Spietkop verduidelik dat dit die padnommers is. Die ander drie tannies sit tjoepstil, windverwaaid en spierwit. ‘Tannie, wat gaan aan met hulle?’

‘Moet nie worry nie, hulle sal nou regkom… Ons kom nounet van die R365 af!’

Dankie vir die inloer/deelneem. Hoop jy het ‘n heerlike naweek. Warm bly!

1

10271614_742536182462229_8248396497023368581_n

2

DZNygDzW0AApK6R

3

33303698_2083855701830482_35381983534120960_n

4

cf9f04b9be317b2f79f35be72431faa7

5

16472800_196979674111557_7031491142439407759_n

6

33356213_2120423614640450_5817340942515961856_n

34 responses

  1. Hah, lag ek nou lekker vir die grappies. En ek dink nie daai waatlemoen pakkie is gemaklik nie

    • Ja en ek sou my net so vervies het as hulle dit aan my gedoen het. Sug… met sosiale media kan sulke foto’s ‘n kind se lewe vir baie lank versuur. Dis nou snaaks maar later kan dit mense benadeel.

  2. Hoe kan daar niks op die landgoed aangaan tussen so baie mense nie? In die nuwe kompleks waar ek nou bly, hang my bek heeldag oop oor die stories wat ek hoor en die dinge wat ek deur my kamervenster dophou.

    • Dit het beslis verander In die begin het ek baie stories vertel, maar ek bedink my in die laaste tyd want as as dit nie waarde toevoeg tot ander se lewe en al is dit dalk baie snaaks, is dit dalk nie die regte ding om oor te vertel nie want ek gaan ook daar kom.
      Maar jy is reg mens leer baie meer van die mensdom as jy so tussen mense bly. Ek is baie dankbaar vir die geleentheid … dit maak my lewe spesiaal

  3. No 3…..eks mal oor daardie 3 tannies….deftig aangetrek vir die stoepkuier….lekker naweek Tina !!

  4. Ek wonder wat gesels daardie dries ou tannies so lekker oor? Seker oor die jong man wat hulle in die kamer vasgevang het. Om wat mee te maak, wonder mens..?

    Lekker naweek Tina!

  5. So oulik! Ek is mal oor die Olifant foto.

  6. De glimlach van de boomkikker is aanstekelijk. Hij heeft kennelijk ook plezier in de andere vijf prentjes. –
    Als ik de komische snelheid-regels van jouw tante zou respecteren, zou ik nog onderweg zijn van mijn laatste familiebezoek, op meer dan 1.000 kilometer afstand, langs de (Ruta Nacional) RN 7.
    p.s. Maar dat is niet de enige route, wij hebben een accepabel alternatief: 80 kilometer meer, langs de RN 8.! Dat zijn dan 135 uren inplaats van 143.
    In ieder geval is dan geen auto nodig met ABS (Antilock Brake System) en ESC (Electronic Stability Control). 🙂

  7. Daardie rottweilertjies is pragtig…. wil net nie die een wees wat hulle in toom moet hou nie!!!
    Laat tog maar vannag die man uit Tina!!! 😁😁😁😁😁

  8. grappen maken is altijd goed

    1. wij hebben tropen weer

    2. de ouders hebben vals gespeeld

    3. gezellig

    4. tandpasta reclame

    5. pa en ma zijn de weg kwijt

    6. oké en wat doen we nu

    fijn weekend groet

  9. Jou grappies, dankie! Ek bewaar hulle vir as ek dalk ooit gevra word om ñ serimonie meesteres op ñ troue te wees…☺ Daardie hondjies in foto 6!!!

  10. Die tante het seker haar bes gedoen om die wet op die R356 te gehoorsaam. Die waatlemoen mannetjie vermoed mense lag vir hom. Dankie . Ek is opgekikker.

  11. Nog nooit zag ik een boomkikker.

    Maar deze maakt mij aan het lachen.

    Vrolijke groet,

  12. Lekker laat jy my skater. Wonder wie se winkeltande het die paddatjie gegaps en wat het die arme kind gedoen om waatlemoenklere te kry! Ag siestog, so tussen die lag deur! Groetnis.

  13. Jou grappies en prentjies is kostelik. My gunsteling is die honde, ek is seker hierdie was die “before” foto, op die “after” foto is sekerlik niks oor van daai geel eend nie. Lekker naweek

%d bloggers like this: