RSS Feed

Sondag Kopies

Vandag het ek nie veel op die hart nie en deel daarom ‘n grappie:

Die Tannie is n getroue kerkganger.Haar plek is nooit leeg nie. Van die oom kan nie dieselfde gesê word nie,maar almal het dit lankal aanvaar. Op n dag begin die tannie by die kerk opdaag met n Kardoesie in die hand.Sy sit dit sorgvuldig langs haar neer op die bank en neem dit weer saam huistoe.

Teen die vierde agtereen volgende Sondag kon die Dominee sy nuuskierigheid nie meer bedwing nie. Wat is die storie van die Kardoesie wat tannie deesdae so getrou kerk toe bring.wil hy by haar weet. Dominee, antwoord sy. Die saak staan so.

As ek Sondae van die kerk kom wil die Oom eet, daarom sit ek al die kos op stadige hitte op die stoof voor ek hierheen kom. Ek het dit al so verfyn dat alles net mooi reg is teen die tyd dat as ons moet aansit….
Maar toe begin die Oom met n nuwe laai.Hy eet al die Die lekker stukkies vleis op terwyl ek nog in die kerk is.

NOU BRING EK MAAR SY TANDE SAAM KERK TOE.

Dankie vir die inloer. Ek hoop daar is darem iets om oor te glimlag en iets moois vir jou wenslysie.

notas_euros_dinheiro_depositos_cofre

35519845_1752148648202849_7944302734264500224_n

37057297_2154212088201579_9216015719949402112_n

36729928_2212675402095282_2794452228407033856_n

36486298_10155403146297111_4346080108356829184_n

19904976_1080460378754310_7297304186089520403_n

 

 

 

34 responses

  1. Slim kardoesietannie🤣🤣

  2. Tog interessant hoe ander lande se kos van ons s’n verskil. Kyk byvoorbeeld die vreemde waatlemoen… 😀

  3. Grappie apie ek geniet. Daardie is die billekste geprysde waatlemoen wat ek in my lewe gesien het. Definitief die waatlemoen

  4. Bwahahaa – het gedink dis die oom se assies wat nou moet opmaak vir al die jare se onwilligheid… Kan ek asb die margrietjies kry?

  5. Oulike grappie. Dalk moet ek my man se tande saamvat bed toe wanneer ek ‘n middagslapie neem, dan kan hy nie die oorskietvleisies opeet terwyl ek slaap nie. Inkopies: kan ek ‘n disyn waatlemoene kry asseblief?

  6. Prachtverhaal

    Gelukkig heb ik nog een paar tanden van mij zelf.

    Vrolijke groet,

  7. ik ga voor wat uit het bovenste plaat 🙂

  8. Jou grappie is so oulik en ek is mal oor die haardroër!

  9. Jou grappie, ek love dit.😂

  10. Hie Hie .Die vals tanne is n troefkaart.

    2018-07-22 13:07 GMT+02:00 rondomtaliedraai :

    > rondomtaliedraai posted: “Vandag het ek nie veel op die hart nie en deel > daarom ‘n grappie: Die Tannie is n getroue kerkganger.Haar plek is nooit > leeg nie. Van die oom kan nie dieselfde gesê word nie,maar almal het dit > lankal aanvaar. Op n dag begin die tannie by die kerk opdaag m” >

  11. Interessante laaie wat jy vandag wys. 😁

  12. Eers geniet ek die kardoesiestorie baie!

%d bloggers like this: