RSS Feed

Vrydag Byskrifte

In hierdie dae(eish … taalonderwyser?) waar ons so kerm en kla, word ons soms uit ons sokkies uit verras! Tinatjie het in haar ouderdom haar pensioen belasting IPR5 sertifikaat gebêre op ‘n onvindbare plek. Ek was nogal verbaas dat ons dit so vroeg gekry het die jaar. Ek besluit toe om liewer ‘n epos te stuur, maar hou nie my asem op om binne die beloofde 7 werksdae ‘n antwoord te kry nie. Dag 7 kom en gaan, maar op dag 8 kom die antwoord met die sertifikaat aangeheg met ‘n verskoning omdat dit laat is. Dit maak my hart warm dat mense nog hulle werk doen.

‘n Ander instansie wat my elke keer verras is die Mediese Fonds. Goed, jy kan redeneer dat hulle betaal word daarvoor, maar as ek die administrasie moes doen sou dit nooit so deeglik gewees het nie. Hulle betaal elke rekening binne 14dae vandat hulle dit ontvang en stuur dadelik aan my ‘n duidelike staat in Afrikaans. Dis so lekker gerusstellend en laat ‘n mens voel asof nie alles in ons land verlore gaan nie.

Dankie vir die inloer/deelneem. Ek hoop jy het ‘n heerlike naweek. Jy moet warm bly want die koue kan enige mens se brein laat krimp!

1

19731876_1080460835420931_3250432326979137563_n

2

27544753_10211161681618886_2129519647115210098_n

3

1959327_636105839771931_927479620_n

4

36322618_1916590355068511_6645850695238942720_n

5

37305678_10212245811961467_785585024933036032_n

6

22365648_1292592757519440_5811553906640665769_n

28 responses

  1. Bly om te hoor van die vorm wat by jou uitgekom het. Beslis nie die Goewerment se pensioen afdeling nie. Mens moet 21 dae wag om n antw te kry weens oorlading. 21 dae is lankal verby en steeds geen tyding dat my adres verander is nie. Eish, dis n dilemma.

  2. Ek het al luiperds ook so oor boomtakke sien le en gedink dit lyk nogal lekker…

  3. Nou hoekom RY hy nie daardie fiets nie?

  4. 4. Oud maar nog nie koud!

  5. 1. As jy wag op die dankie wat nooit kom nie…..
    6. Kan ek wees na hierdie wild-wakker-week

  6. Putin en Melania werk saam

  7. Daardie besemstok, ek soek al so ñ een om op rond te vlieg vandat ek storieboeke ontdek het!

  8. 1 .hé hé eindelijk de vaat klaar

    2. mis

    3. fietspad weg

    4. 🙂

    5. als je haar maar goed zit

    6. ja als je moe genoeg bent , slaap je overal

    fijn weekend gewenst

  9. Nr 1 – jislaaik maar hy wag lank vir seep!

%d bloggers like this: