RSS Feed

Vrydag die 13e Byskrifte!

Ek kom die afgelope tyd agter dat ek al hoe meer plastiek gebruik. Dit irriteer my, want ek glo dat hierdie plastiek baie nadelig is vir die omgewing. Vandag kry ek met ‘n ander insig by Bargain Books te doen. Hulle gee/verkoop glad nie meer plastieksakke nie. Jy kan egter ‘n lapsak vir R20 koop… eish…ek doen nie so goed met lapsakke nie, want of ek vergeet hulle by die huis of in die kar. Dan vererg ek my vreeslik as ek 6 sakke bring en ek gebruik net 2…SUG… nee wat mens kan net nie wen nie. Kom vertel my bietjie hoe bestuur jy jou plastiek in jou lewe.

Baie dankie vir jou inloer/deelneem. Ek lees nog nie blogs nie en waardeer dus jou besoek meer as wat jy kan besef! Hoop jy het ‘n heerlike naweek en onthou tog om te glimlag.

1

funny-sports-faces-42

2

DhmFSIRX0AATTHg

3

funny-sports-faces-70

4

DhmCwQHWsAAEk00

5

36828584_10212540129920308_5505078201413533696_n

6

Diving Day Six - 14th FINA World Championships

 

55 responses

  1. 1) Dis wat gebeur as jou hart pasaangeër ‘n kortsluiting kry

  2. Ons kan almal bykom sonder plastiek.
    Sjoe, daardie gesigte is lelik, behalwe die een met lang ore wat oulik is.

  3. Party van daai snêppies herhinder my hoekom ek nie in baie fotos gevind kan word nie… definitief nie “close-up’s” nie!! 😉

  4. Hei, Tina, dankie vir hierdie pret!
    1. Blow-wave!
    2. Ag oukei, ek sal die ou tannie seker maar moet soen…
    3. Oe daai water gaan koud wees!
    4. Mmm ja, ek weet ek’s mooi.
    5. Oubaas?
    6. Brrrrr!

  5. Hi! Ek het onlangs daaroor begin skryf. Dis ‘n groot geveg wat ons moet aanpak, die oorlog teen plastiek! Neem jy deel aan Plastiek-vrye Julie?

  6. Weet jy, hier pak jy alles uit op die rolblad, hul tik prys(scan prys) en pak alles los in n trollie. Jy stoot trollie kar toe. Maak kattebak oop, maak jou sakke staan en pak jou goedjies in jou eie lapsakke. So min of veel soos dit vir jou hanteerbaar is. Daar is ook n coolbag waarin al die yskas goed kom. Tuis dra jy sakke in, pak uit en bêre sakke weer in jou kattebak!
    1. Dis die Noordewind my kind.
    2 Wat was dit?
    3, En dan is daar nog tyd om te lag ook.
    4.Ek check jou my diertjie!
    5. Was dit nou nodig om my die skuld te gee?
    6. Na die lag kom die pyn!

  7. Nou so lekker gelag vir die makou met sy “kom hier” kyk! 😀 😀

    En dan het ek laas daai manne se uitdrukkings gesien toe Joubert nog doek gedra het…

  8. Daardie laaste een sal my nagmerries gee. 🤦🏼‍♀️😂

  9. Die kalkoen en die honnekind wen.

  10. plastiek is in de ban , wordt hier niet meer gratig gegeven bij de boodschappen
    we scheiden het ook apart van ander afval

    1. als je haar maar goed zit

    2. ik heb nergens geen zin in

    3. lenig ventje

    4. mooi koppie

    5. kijk eens wat vrolijker

    6. heb je hem ook weer

    fijn weekend groet

  11. Daai skalkse loer van nommer 4 is ‘n treffer. Ek het vir my 2 groot drasakke gekoop by Food Lovers Market (R20 elk) en ek laat hulle op my kar se agtersitplek. Hulle is sterk en jy kan nogal redelik baie in hulle rondsleep. Ek vra altyd net dat hulle die vleis in ‘n deursigtige plastieksak sit voordat hulle dit in my drasakke pak.

    • Dis juis my probleem Ek haat dit as hulle die swaar goed alles in een sak sit Ek is so moeg gesleep aan aan al die goed – daarom vat ek altyd liewer meer sakke en gaar dit dan op!

  12. Leepoog brak laat n lekker gevoel . Al jou fotos slaan raak. Dankie .

  13. Dis die snaakste gesiguitdrukkings! Ek is ook op met plastieksakke!!

  14. Some very funny faces 😄

  15. Tina, waar het jy daardie ou foto van my opgespoor? Nr 4, herken jy my darem?

%d bloggers like this: