RSS Feed

Vrydag Byskrifte

In vandag se lewe het ‘eerlikheid’ ‘n heel ander betekenis. Oneerlikheid maak ons skepties en bitter.  Ons vertrou nie meer mense nie en glo nie meer so maklik dat ander eerlik is. Ons wantrou ander en dit steel van ons lewensvreugde.  Nou die dag betaal ek R60  te min vir ‘n artikel in ‘n winkel en besluit om dit ‘n week later terug te gaan gee,.. Grinnik… die gesiggies van die twee dametjies in die winkel het my eindelose plesier verskaf Ek moes in diepte verduidelik en het later my hande in die lug gegooi met “Wil julle die R60 nou hê of nie?”  “Nee dankie” reken hulle – seker omdat hulle dit nie kon verantwoord nie. Waar gaan die mensdom heen.

Dankie vir die inloer/deelneem. Geniet jy naweek en moenie vergeet om te glimlag nie.

1

35550887_2086230881630878_8152291430425952256_n

2

1239459_383803048428210_363676396_n

3

1392042_387565654718616_1653036047_n

4

10155726_396600053815176_148818580864720217_n

5

33401198_10208907634046420_8023186598998835200_n

6

10004004_389077867900728_696565915_n

 

41 responses

  1. Toe wat het gebeur met die R60? ‘n Paar biere later… ?? 😉 🙂 😉

  2. 4) My man ek verstaan ook nie waarom ons baba die een links in 3 is nie. Maar ons het hom nou en moet die beste daarvan maak.

    Koningin leeu vind dit moeilik om die voorkoms van haar baba te verklaar…

  3. 1. Ons ontduik die “nurse” wat ons moet moet toets.
    2. Yay, bring it on baby!
    3. ooo dis grillerig.
    4. Moeinie kyk nie.
    5. Uiteindelik n bietjie afkoeling.
    6. Weg is jy jou ou skelm.

  4. Jitte, maar die 2 voeltjies onderaan baklei darem vir n vale ne!!

  5. Alweer “glimlachende” prentjes, allemaal!
    Die eerlijkheid, Tina, heeft ook mijn vrouw een keer naar een winkel teruggedreven. Toevallig ging het om een bedrag, vrijwel gelijk aan 60 Rand! De dame aan de kassa keek stomverbaasd, eerst niet-begrijpend; zij had even tijd nodig om mijn vrouw te bedanken voor het teruggeven. Het verschil is misschien dat het de eigenares van de zaak was…
    Toch wel een leuke ervaring, lijkt mij. Hoewel je er niemand mee bevoordeelt of benadeelt, het geeft je een rustig gevoel…
    .-

  6. eerlijk is eerlijk
    en de mensheid is naar de klote

    1. jong geleerd oud gedaan

    2. I am the man

    3. ik zeg nog zo , niet kietelen

    4. kom maar hoor , je ben mijn lieverd

    5. zo nu eerst ff slapen

    6. hallo dit is mijn tafel , wegwezen jij

    fijn weekend groet

  7. Ek hou van nr 2, hy wys daar is nog krag en lewe in sy liggaam (ek dra dit mos nou oor na my situasie as emeritus)

  8. Nr 1 en 3 is my gunstelinge.
    Ek het ‘n bestelling 2 keer ontvang, die tweede keer sonder papiere. Ek bel hul toe. Dame nr 1 staan verstom oor my eerlikheid, skakel my oor na nr 2, wat vir nr 3 sal vra hoe om my probleem te hanteer. Niand het teruggekom na my toe nie.

  9. Jammer dit is te koud hier vir swem.

  10. No 3 wys maar net weer dat die mens net ‘n primaat is.😄
    Oulike foto’s, Tina. Lekker naweek vir jou.

  11. Dis net die allermooiste klomp fotos bymekaar! Nr 5 praat met my, nie soseer oor die mooie man nie, maar omdat dit presies uitbeeld wat ek nou sal wil doen. Iewers op my maag in die vlak water lê; iewers waar dit bloedig warm is.

%d bloggers like this: