RSS Feed

Sondag Kopies

Ek en my buurvrou(91) gesels graag oor goed uit die verlede waarvan ons baie gehou het. En (skuus Lou) vanoggend plaas ‘n gamevriend die vraag: Wat was jou eerste kar? Ek het heel eerste ‘n rooi Mazda 323(?) gery en nie geleer dar rooi karre verbleik en dat elke krappie duidelik gesien kan word. Later koop ek toe sowaar ‘n rooi Alfa – nou weet ek dit darem.

Onthou bietjie saam met ons:

Roomyskarretjies

Macrame

Touspring , rekspring en klimtolle, swing ball

Soekie, Saartjie, Patrys, Maasdorp en nog baie meer.

Sug… ai toggie daar is so baie. Dankie vir die inloer. Hoop jy sien iets waarvan jy hou, maar dat jy ten minste sal glimlag.

Pink-Cowgirl-Beer-Hat-1

34776559_1072506492906748_362630359453532160_n

36242425_917474575090150_8354963420931424256_n

13393972_541703762679945_2316333106652983009_n

 

36223866_1770185319703051_461206455966498816_n

35330673_2009767679033867_9024656342589112320_n

50-72L-BoldBathroom-C21-1000x1000

35077407_2004218799588755_4323001372174712832_n

49 responses

  1. My eerste kar was ook ‘n rooi Mazda!! (616)
    Nooit ‘n Alfa gehad nie…maar ek sal glad nie nee sê vir ‘n rooi Ferrari nie!! 😉

  2. Daardie kombi/volksie laat my glimlag.
    Hoop jou oog is elke dag beter. Mooi naweek vir jou.

  3. My eerste een, ‘n Triumph 2000. Dalk moet ek ‘n blog skryf, oor hoe ek aan hom gekom het. Nogal ‘n lekker storie.

  4. Terug pieng: Soms ruk ñ gewone boodskap my. – Bali Drome

  5. My eerste kar was ‘n Honda. Daardie heel eerste Hondas wat uitgekom het, so ‘n boksie. Hy het omtrent net vir een koffer plek gehad.

  6. Die kombi met die vollahart is ook vir my oulik.

  7. Oee ek het baie macrame’s geknoop. Interessante ‘motorhomes’ wat jy het. En due opgesmukte toilet!

  8. Daai stupid little creatrure sal mos mooi lyk met so ‘n fyn silwer beenband!

  9. Giggelgeel Datsun 1600 (model net voor die eerste SSS) was 10 jaar out het my ‘n hele R400.00 gekos en het uit meer duikvuller as panele bestaan maar ek en vyf maats kon padkafee toe ry vir pizza en melkskommel.

  10. Ek sal kan doen met die Kombi…en ‘n miljoen.

    • Ek het ‘n paar Yster aandele en sukkel om die state van PSG oop te maak Hulle stuur dit toe weer en toe ek dit oopmaak is dit amper R2miljoen werd. Ek skrik my in ‘n ander bloedgroep in maar sien toe dis nie myne nie

  11. My eerste kar was ook ‘n Alfa – metaalblou met ‘n sondak wat gelek het as dit reën. Ek wil ook graag hê die laaste kar wat ek vir myself koop moet weer ‘n Alfa wees. Nie tweedehands nie, nie rooi nie maar spierwit…. ek hou van die vrugtebord, dit lyk so gesond!

  12. As jeugwerker was die eerste motor tot my beskikking (nie mey eiendom nie) ‘n bloedrooi Mazda 323 – ons het ‘n paar dinge in gemeen.
    1. Sugar rush
    2. Fructose rush
    4. Toilet met valletjies (not for rushing stomach…)

  13. My eerste eie motor was ‘n rooi Volkswagenkewer. Sy naam was Die Rooi Pampoen, want hy was heel dikwels na middernag nog op straat 🙂

  14. Haai Tina, my eerste motor was ook ‘n bloedrooi Mazda 323! Hoe toevallig is dit?
    Ek hou nogal van die KombiVolla…sal lekker kan toer daarmee en my verbeel ek is ‘n afgetrede Hippy!

  15. 😀 Happy Sunday!! 🙂

  16. ja leuk is dat hé Tina
    samen met vriendin ouwe koeien uit de sloot halen
    ik ga natuurlijk weer voor die hippie VW
    fijne middag groet

%d bloggers like this: