RSS Feed

Sondag Kopies

Ek het regtig nie iets op die hart nie, maar deel graag iets vir ‘n ekstra glimlag saam met die kopies. Dankie vir die inloer.

Uittreksels van graad 5 kinders se geskiedenis vraestel se antwoorde

* Nog ‘n belangrike uitvindsel was die bloedsomloop. Dit het verhoed dat jou bloed stilstaan, wat stilstuipe veroorsaak.

* Salomo het driehonderd vroue en nog sewehonderd bye-vye gehad. Nie almal van hulle het gesteek nie, maar hy was gelukkig baie slim en het ‘n plan uitgewerk.

* Egipteland was bewoon deur mummies en hulle het almal op hulle hero-gleuwe geskryf en vir hulle pappies gewys. Hulle het in die Sarah-woestyn gewoon en het waterbeurte gehad van die min reΓ«n..
Die klimaat was so erg dat al die inwoners op ander plekke gebly het, en net naweke huistoe gekom het om sandkastele te bou. Die boesmans het in hulle tuine gewerk.

* Moses het die Hebreeuse slawe na die Rooi See gelei waar hulle ongesuurde brode gebak het, dit is brood wat sonder enige bestanddele gemaak is en baie soet is van te min suurdeeg. Moses het die berg Sianied uitgeklim om die tien gebooie te kry.

* Die Egiptenare was ‘n hoogs gekulde volk en sonder hulle sou ons nie ‘n geskiedenis gehad het nie. Hulle het omtrent al die kafees in Egipte gehad. My ma sΓͺ hulle het baie mites gehad wat seker in die kombuis gewerk het.

* Demokrates was ‘n beroemde Griekse wysheid wat rondgeloop en mense raad gegee het….. Hy is dood omdat hy verskriklik oordosis of so iets. Na sy dood het sy loopbaan dramaties agteruitgegaan.

33706747_2152849124744577_5379223938674982912_n

32384130_632559313803100_110358596260200448_n

33891740_10157489871777619_8841560112939139072_n

 

33664715_2152840438078779_6278666811458191360_n

33747825_2152855288077294_5675368925940940800_n

29683074_2144108675818641_5220726186849743219_n

33337105_2147791261917030_4870374583020027904_n

Advertisements

54 responses

  1. Dis nou ‘n oulike idee vir ‘n trampoline.
    Hoe voel die oog… ons mis jou.
    Oooo ek het ‘n nuwe blogadres. Ek en Toorts is nou van tafel en bed geskei πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€πŸ˜€

  2. Waar bestel ek die wig wam?
    Ek sien die knaap in die lemmetjie uitrusting is aiming like a Jedi

  3. Sondag-kopies op ‘n Maandag. Mag ek asseblief daai Wigwam bed ding kry?
    En die kinders se sΓͺgoed het my laat skaterlag

  4. Jy het my nou kliphard aan die lag gehad! Ek kort so wigwam swing in my tuin.

  5. ik kon niks kopen gister , ik was weg te wandelen πŸ™‚
    heb ook niks hier van nodig
    geniet de dag

  6. Ek het duidelik nog baie om te leer oor Egipte! πŸ˜€

  7. Tina mag dan wel moeite hebben met scherp zien, maar dat is een tijdelijk gebrek aan haar ogen. Het belet haar niet om ons een instructieve geschiedenisles te geven, dankie! Een mens is nooit te oud om te leren.
    Beterschap!
    .-

  8. Did VLV se hekeluitdaging is β€˜n kantagtige toppievir die aand. Dalk sal daai ene werk.

  9. Lag ek nou kliphard vir ou Salomo! My man wil weet watter plan hy gemaak het. πŸ˜±πŸ˜‚

  10. Ek kies dieselfde as Frannie. Gaan langs haar inskuif. Die antwoorde was Ε„ “eye opener”, Tina. Ek het interessante inligting bygekry om oor te bepeins.πŸ€£πŸ˜‚

  11. As mens nou ‘n Sondagmiddag met so ‘n ou wyntassie in daardie wigwamswaai kan verwyl…saligheid op note!

  12. Dankie vir die resep van die ongesuurde brood – dit lyk na ‘n maklike middagete.

  13. Ai die kinders se se goed!!

  14. Ek is skielik nie meer lus vir middagete eiers nie!
    Snaaks hoe Demokrates se loopbaan agteruit gegaan het na sy dood!

  15. Geskater vir die kinders , verstom oor jou prentjie keuse

%d bloggers like this: