RSS-toevoer

Sondag Kopies

Jammer oor hierdie jeremiade, maar die borrel het nou kleintjies gekry. Ek het nooit geweet dis so moeilik om tandepasta op die borsel te kry of om papier met ‘n skêr te sny nie. Ek kan nog nie regtig jou blog lees nie, want alles beweeg.   Ek hou duime vas dat dit darem eendag sal opklaar. Wees asb. maar geduldig met my.

Intussen deel ek ‘n paar kopies en hoop jy sal tenminste glimlag.  Lekker week – bly warm!

AAxsPNf

32258100_2132781920084631_3261748930819391488_n

30706090_10154591535252325_5495407236438032384_n

32294129_2296333667059762_20087656532672512_n

 

 

 

 

 

 

32 responses

  1. Sterkte met jou oê. Ontbeende aartappels word werklik aanbeveel vir wanneer mens skyfies maak

  2. dus je had 1 borrel en nu vele , proost hihi
    ik hou een rustdag , daar past het schommelbed wel bij 🙂
    fijne dag

  3. Ek sal nog hier kan shop, lekker om jou te sien. Hoop jy is warm en snoesig op die landgoed.

  4. Daardie lekker rooi swaaibank vir my, asseblief!

  5. Ek sal maar nie vir my man daai jean koop nie! 😂

  6. Die fiets met die sitplek vooraan, ek sal dit vat, dankie Tina. Om so ń bietjie met kleinman rond te ry.

  7. O kwit! Daai mansjean! Dan vat ek liefs een van daai mooi stoele!

  8. Dis te koud nou vir daardie lekker tuinbed…. so ek sit maar eerder op my relaxer onder die duvet.
    Het jy ‘n lensoorplanting gehad? Probeer onthou hoe lank voordat ek mooi kon sien, maar kannie onthou nie. Weet net daardie spul oogdruppels was ‘n pyn. Sterkte!!!

  9. Die blou fiets vir my. Dan kan Karen trap hier teen die bulte uit. Ai man, ek hoop jou oogfrustrasies is gou iets van die verlede.

  10. Waar jy altyd die fotos uitkrap weet ek nie, maar dit laat my altyd met meer as ‘n glimlag.

%d bloggers like this: