RSS Feed

Sondag Kopies

Soms kan Eenoog in die Land van die Blindes nog minder sien as die blindes. En (Jammer Lou) soms soek mens iets wat jy nie weet wat jy regtig soek nie. Ongelukkig kos al die aksies geld en as jy nie meer ‘n fondsinsameling kan organiseer nie, is jou hande afgekap… Goed, dit klink deurmekaar. Ouers mense hoor en sien nie meer so goed nie en ek wil iets “koop”(met geld wat ek nie het nie) wat die besoekende predikante en sprekers meer hoorbaar sal maak. Het jy dalk ‘n plan, want ek weet nie wat om te soek nie … mikrofoon, klankstelsel, luidspreker … of wat?

Dankie vir die inloer. Ek hoop jy kry iets na jou sin maar dat jy tenminste sal glimlag.

28685756_2046532948709529_6174221036909282282_n

Una hier is die beloofde potte… mooi nê.

29103677_2050672788295545_3957255868646424576_n

28661045_2044119048950919_134710596020041501_n

28783573_2213132122034014_2569620146206222526_n

28660711_2042538919108932_8667271251985082851_n

45 responses

  1. I like that teapot.

  2. The egg holder around is very cool! 🙂

  3. een goede reden voor een vakantiedag

  4. Ai Tina ek is nie meer lus vir goed wat stof vergader nie. Daardie spieëlkas kan maar in my tuin kom staan…. as iemand net die blomme in die pot gereeld vir my sal versorg.

  5. Toffe post en zo’n boekenmuur zou ik met mijn massa boeken best kunnen gebruiken

  6. Daardie kassie! Pragtig.

  7. Ek het gister so n heerlike grenadella roomys gekoop in d wildtuin……sjoe R25 elk….belaglik duur.
    Hoeveel kos joune?

  8. Cool photos Tina! I love the Cat+Mouse Teapot! And the Egg-Collection System.

  9. Ek sal darem baie geld uitgee hier! Tjo, ek shop lekker

  10. Wat een pracht bied jij hier weer aan.
    ik kan niet kiezen.
    Laat mij nog even genieten en nadenken …

    Vrolijke groet,

  11. Ek het mos onlangs bonus gekry; 10 elk van alles asseblief en koerier dringend.
    Interessante eierjakkie. Ek sal maar versigtig moet wees wanneer ek dit dra. As die hoenders goed gele het ek het dit bymekaar gemaak sal ek maklik na ondertoe staar en verklaar dat ek baie trots is op my eiers

  12. Daardie boekrak, is nie vir oumense nie. Jy moet op ‘n leer klim, om bo by te kom, maar oumense moet van lere af weg bly.

  13. Iemand het nou-die-dag vertel dat die mobiele mikrofoonstelseltjie wat ons dominees dra onhebbelik duur is.
    Oe, kan ek die kat-en-muisteepot kry?
    Dis die mees praktiese hekelproduk wat ek nog gesien het!

    • Ek was bang daarvoor … die mikrofoon is nie so duur nie maar jy moet dit in ‘n versterker druk anders kan jy net so wel jou haarborsel gebruik.

      Die teepot fasineer my ook

  14. Die eier-ding asseblief. Ek kan die skulpies wat ek optel daarin gooi.

  15. Hier is weer heeltemal te veel items om te koop! Die potte slaan my asem weg, Tina. Sowaar. Die klein karavaantjie en die boekrak, ai, ek hou tog te veel van hulle! En dan die spieëlkas, dis uniek.

  16. Al die vase kan maar diékant toe kom. Die vintage sleepwaentjie is te oulik!

  17. Daai eier ding sal nie vir my werk nie, eerste buk is al my eiers platgedruk. Maar die mooie spieëlkas met die blompot sal ek dêps, en die oulike karavaantjie, te pragtig! Ek is son-sku, so die drywende kaartspel sal maar in die maanlig moet gebeur…ai daat loop my kop weer.

  18. Ek laaik daai eier ding! 😉

  19. in het land der blinden , is 1 oog koning zo gaat hier een gezegde
    niets nodig vandaag 🙂

%d bloggers like this: