RSS Feed

Monthly Archives: January 2018

Vrydag Byskrifte

Hierdie tyd van die jaar is die skool – skoler – skoolste.  Almal wonder oor die geld en kinders. Daar is baie kommer, maar ook sakke vol vreugde en opwinding. Almal juig oor die matrieks wat goed gedoen het en sien uit na die kleintjies wat hulle skoollewe begin.  Ek het gister die twee plaaslike koerante uitgedaag om die jaar nie ‘n enkele foto van ‘n huilende kleinding te plaas nie.  Dis maak nie sin nie … almal weet van vrese en negatiewe goed wat mens in jou skoolloopbaan ondervind, maar watter voordeel het ‘n huilende kind in ‘n koerant? Waarom nie liewer blinkoog glimlaggende kinders plaas nie.  Bied skool aan as ‘n positiewe ervaring… sug… is ek op die verkeerde pad as ek sê  ‘Ek verstaan dit nie!”

Ek probeer die week iets anders met die byskrifte. Dankie vir die inloer/deelneem Ek hoop jy het ‘n wonderlike naweek.

1

BBHssL1

2

23722364_1475248319260565_6660517126880715528_n

3

20258483_1899638350284784_7037741271021266060_n

4

43ca42614d72a63c4531857c8bd4bbd9

5

26730848_2047014861980676_6641636895991937616_n

6

AAsqvXb

 

Sondag Kopies

Ek doen nie eintlik mense nie. Nee, ek het niks teen mense nie, maar groepe mense wat saam kuier, is nou nie regtig my idee van pret nie.  As onderwyser is/was jou lewe gevul met mense – vergaderings, oueraande, funksies, kursusse en nog vele meer. Dis mens se werk en jy is verplig om na die byeenkomste te gaan. Ek is regtig nooit eensaam nie, maar om elke keer alleen huis toe te ry was nooit lekker nie. Nadat ek afgetree het, het die plig verval en ek sê vriendelik, maar beslis ‘nee dankie’. Ek voel ek hoef nie ‘n rede te gee nie, of een of ander verskoning uit te dink nie.  Ek is gelukkig en tevrede (ok, nie met die regering nie, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag)

Dankie vir die inloer. Ek hoop jy kry hier iets vir jou wenslysie, maar dat jy darem sal glimlag.

26168168_10212986425552643_3334634431093177168_n

26056041_1803794083029031_2829853688986654937_n

25995025_1806825749609864_8115688618414386234_n

26238810_2040686149280214_7690329786141824243_n

24312918_1783913811628149_8937586533544514252_n

21105848_729940937200109_1882776222698273859_n

19429635_694703794046123_2249367637309891219_n

 

Vrydag Byskrifte (18N)

Elke jaar met die matriekuitslae borrel die herinneringe na vore. Ek is elke jaar so bly vir die outjies wat goed gedoen het, maar hart krimp ineen vir die teleurstellings en die feit dat van die kinders nie gaan werk kry en wat teleurgestel kan word. Ek het nie meer persoonlike belang by die uitslae nie want hierdie groep het ek nooit voor skoolgehou nie. Ek het altyd met die laaste gr.7 puntestaat  elke kind in die koerant opgesoek.  Nou kan ek net sê:  ‘Baie geluk en welkom tot die lewe!’  Onthou net daar is ‘n heel ander lewe na skool.

Dankie vir die inloer/ deelneem.  Hoop jy het ‘n lekker eerste naweek van die jaar.

1

d02831350f4575f835f73afc5c41dba4

2

64a9f8ebd111e0543a0aefee5ba8459e

3

4e96a4f7590c878a8ae1072d20087415

4

217a08a1a22949c664cf9bdb16e4604b

5

81d6f918b9f0b3dcf198885e71a73bd4

6

e796932d9400c497a18a13d8cc4bd8ab