RSS Feed

Glimlag

Elke jaar wanneer die skole begin, sing my hart van vreugde. Die eerste jaar na ek afgetree het, het ek eers agtuur opgestaan en dorp toe gery, ‘n koerant gekoop en by die Whimpy gaan ontbyt eet … ‘n wonderlike vryheid. Moenie my verkeerd verstaan nie – ek het my werk baie geniet, maar het nooit besef hoe lekker dit is om dit nie te doen nie. Dis ongelooflik bevrydend om die vryheid te hê om te badkamer toe te gaan wanner jy wil of net ‘n koppie koffie te drink wanneer jy wil. Wat egter die heel lekkerste is dat jy nie hoef wakker te lê met kommer oor ander mense se kinders nie.  Grinnik … wat ek egter baie mis, dis die “Bring asb. vir my daardie boeke” “Gaan gee asb. die vir mnr. P” Kom julle tel gou daardie papiere op … asb. ” EN (skuus Lou) die feit dat mens elke dag iets gehad het om oor te lag en dankbaar te wees vir die vreugde wat die ander mense se kinders in jou lewe gebring het.

Sterkte aan alle ouers … kinders grootmaak is sowaar nie vir sissies nie. Waar julle al die geld vandaan haal is voorwaar ‘n wonderwerk. Sterkte ook vir al die boeke oortrek!  Onthou tog maar om altyd te glimlag.  Hoop die sal ook help…

20882049_1753725444919895_4462582007530779019_n

21884b12de7dd23aaabcb4c2f687efbe

19989263_1755790691128292_8203013925833090297_n

26805438_1813713688921070_5442710611996853716_n

19894803_1755800094460685_8879042075225859179_n

20770429_1502058093206272_1811786771981964525_n

644374_491885280824005_884696966_n

48 responses

  1. Mijn keuze valt vandaag op de laatste foto.Knap en ik word er vrolijk van

  2. ja whatsapp zit er op , en o wonder soms gebruik ik het ook 🙂

  3. En daar leer ek nog iets van Tina; sy hou nie van babas nie. 😕
    Die donkies my gunsteling!!!

  4. Ek genie jou kid kids so. Die 2de end Lyn erg so is die tannie

  5. Ek kan maar net saamstem oor die reis-waarheid – dis wat ek ook elke maand vir ons bankbestuurder moet vertel!

  6. Laaste een is my favourite. Ek het self gedink ek sal nie sommer weer vroeg opstaan en kinders help nie. Dit is elke oggend lekker om te ry en die klomp kinders welkom te heet so voor skool. Daardie geen bekommernis oor wat moet jy nog doen is natuurlik heerlik. Geniet dit.

  7. Ek hou van jou skaal en die dame het ‘n oulike ‘tafeltjie’. Die donkie , ja die donkie!

  8. Daai tannie met die buuste kon geld maak as n waiter….
    Dankie dat jy omgegee het vir ander mense se kinders… ek glimlag ja….

  9. Something for me to look forward to when I retire. Even though I do enjoy my job too 😊

  10. “Sometimes I open my mouth…” herinner my aan die dag toe my dogter ‘n kwaai ultimatum aan my, haar boetie en ‘n vriendin stel, omdraai en onderlangs mompel: “Goeie hemel, ek klink nes my pa!”

  11. vele glimlachjes 🙂
    en ja ook ik geniet van het niet meer werken , zeker nu met storm en regen hihi

  12. Daai tante kan vir my ‘n nuwe paar buuste laat maak uit haar oorskiet en dan sal sy nog baie oorhê. Onderwysers moet besondere mense wees; ek sal nie soveel geduld hê met my eie kinders nie, laat staan nog met iemand anders s’n.

  13. O ja! Dit ís ‘n heerlike, bittersoet bevryding.

  14. Ek sit en giggel oor elke prentjie. Beslis my soort humor hierdie, Tina.☺☺☺☺☺

  15. Lekker glimlag ek vir daai tante se buuste!
    Mal oor die prentjie by die travel en is dit nie so waar nie?
    Ek is bly jy le nie meer wakker oor ander se kinders nie… maar ek weet jy mis dit. Hoe gaan dit daar op die landgoed?

    • Hehehehe … ek moet my net hier inhou om nie weer wakker te lê oor ander mense nie.
      Ander mense se kinders het my lewe so positief aangeraak (Ok daar was ook die waarvan mens nie gehou het maar dit was baie in die minderheid) Dis ook vreeslik lekker om te sien hoe hulle ontwikkel – die sosiale media het darem die W6ereld klein gemaak Vreeslik lekker

%d bloggers like this: