RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Hierdie tyd van die jaar is die skool – skoler – skoolste.  Almal wonder oor die geld en kinders. Daar is baie kommer, maar ook sakke vol vreugde en opwinding. Almal juig oor die matrieks wat goed gedoen het en sien uit na die kleintjies wat hulle skoollewe begin.  Ek het gister die twee plaaslike koerante uitgedaag om die jaar nie ‘n enkele foto van ‘n huilende kleinding te plaas nie.  Dis maak nie sin nie … almal weet van vrese en negatiewe goed wat mens in jou skoolloopbaan ondervind, maar watter voordeel het ‘n huilende kind in ‘n koerant? Waarom nie liewer blinkoog glimlaggende kinders plaas nie.  Bied skool aan as ‘n positiewe ervaring… sug… is ek op die verkeerde pad as ek sê  ‘Ek verstaan dit nie!”

Ek probeer die week iets anders met die byskrifte. Dankie vir die inloer/deelneem Ek hoop jy het ‘n wonderlike naweek.

1

BBHssL1

2

23722364_1475248319260565_6660517126880715528_n

3

20258483_1899638350284784_7037741271021266060_n

4

43ca42614d72a63c4531857c8bd4bbd9

5

26730848_2047014861980676_6641636895991937616_n

6

AAsqvXb

 

Advertisements

66 responses

  1. Ek hou van die lugtoring foto…. dit sê vir my daar is altyd hoop.

  2. Allemaal knap maar ik ben overdonderd door die prachtige regenboog

  3. Die kraaie(wat nie hier is nie) gaap behoorlik vanmiddag!
    1. Sal wat wil gee vir so n gaddetjie!
    2. Dorings om wilde gedagtes uit of in te hou!
    3.Waars die dae van fietsry met n geraas. Hoe vinniger hoe harder.
    4 Daars hy, regte pot met goud en dit op n skip.
    5.Hasie hop, hasie hop en nog een en nog een…..
    6.Era einde.
    Geniet jou naweek.

  4. Awesome Rabbits! Hippity Hop!

  5. Nommer twee is ook my gunsteling. Dis werklik ‘n pragtige foto. Lekker naweek vir jou.

  6. Dis sulke mooi foto’s,Tina!

  7. ik heb geen idee , ben al zolang van school hihi

  8. No 3
    My pa het altyd op n manier wol aan die wasgoedpennetjie gesit en dit oor die handvatsel vasgemaak(as jy nou verstaan wat ek bedoel) en dan was ek in beheer van die geraas ..
    No 4
    Hoop jou skip het ingekom…of is dit nou myne…hehe

  9. Smaak my daai baisukkel ry in ‘reverse’ oeh maar ek hou van so woer-woe ‘hoor my aankom’. Sommer baie beter as ‘n klokkie

  10. 6. Hey! Waar het jy ‘n foto van my siel gekry?

  11. dus de scholen beginnen weer
    school moet plezier en leren zijn
    maar ja mama een dag missen is voor de jongsten nog zwaar

    1. veel te gezond voor mij

    2. 1 van de meest vreselijke uitvindingen ooit , prikkeldraad

    3. dat deden wij wel met bierviltjes tijdens luilak

    4. schitterend

    5. haasje over

    6 mooi verval is niet lelijk

    fijn weekend groet

  12. Moenie die Krismisboom afhaal nie, voordat jy jou oë uitvee is dit alweer kersfees.

  13. Nee wat, laat die rooi-gehuilde gesiggies die koerant volplak… Dit leer die boeties en sussies “life’s tough” Skool is maar net die begin van lewenselllende. Hoe vinniger mens voorberei en dit gelate aanvaar hoe beter. hahahah

    • Dan moet hulle al die kinders wat matriek gedruip het ook plaas. Of die wat hard gewerk het maar nie werk kry nie. Of die wat nie vir studies kwalifiseer nie. Nee wat daar is heeltemal te veel hartseer wat voorlê … aan die ander kant wat sal ek nou weet.

      • O hel nee! Die media “moet” niks doen waarvoor hulle nie lus het nie. Ek verstaan jou sentiment. Maar daar is darem een blerrie groot verskil tussen die eintlike kinderlike onskuld van die “eerste skooldag” teenoor die plasing van Matrieks se gesigte wat gedruip het? Die laaste een is ‘n daadwerklike “uitwys van mislukking”. Moenie ‘n te groot issue maak van ‘n paar trane van ‘n 6 jarige nie. Ek dink net dis gevaarlik om baie groot teleurstellings gelyk te stel aan doodnormale vrees en oorweldiging op sesjarige leeftyd?

        • Ek hoor jou baie duidelik en jy is reg. Ek het egter ‘n broortjie dood aan mense wat dink kinders wat huil is oulik… di9s soos om te lag as ander mense val. Ek weet kinderstjies huil en dit is ‘n natuurlike verloop van sake Hulle moet egter 12 jaar op die skool sit so waarom dit nie positief uitbeeld nie. *Fluister* ek was 5 toe ek skool toe is en het vir 3 dae/weke op die juffrou se skoot gesit en huil en moes altyd saam met die jonger graad aan atletiek deelneem … niemand kan my vertel van trane by die skool nie…

          • Ek weet nie hoe die gesprek uitgekom het by mense wat val nie, maar soms is dit rerig snaaks. Ek steur my nie aan wat mense dink nie. Die kinders huil, iemand neem dit af, dis ‘n koerantfoto. Whatever… ons is almal deur dit. Ek verstaan steeds nie die “fluister” ding nie.(terloops) Innige empatie met almal wat gehuil het op skool of nog gaan huil. Niemand is egter spesiaal nie, ons moet maar deur dit kom, met of sonder trane.

    • Toen ik dit commentaar begon te lezen dacht ik: Thys is wijs!
      Jammer dat hij mij met de laatste regel heeft teleurgesteld… 🙂

      Nu even serieus:ik ben nooit een ijverige leerling geweest, en ook verder voel ik mij redelijk normaal. Dus om nou te zeggen dat ik graag naar school ging, is natuurlijk overdreven.
      Nou ja, soms wilde ik er ook wel eens onderuit, en zo verklaarde ik op een ochtend dat ik hoofdpijn had. Mijn vader reageerde kalm: “Negen jaar, gezond zijn en opstaan met hoofdpijn? Dat kan niet anders komen dan door een slechte spijsvertering. Daar zijn een paar lepels levertraan goed voor. – Wat zeg je, wil je geen levertraan? Jongen, dan mag gerust ook “Engels zout” slikken. (Zo noemden wij magnesiumsulfaat een bitterzoute stof met even laxerende uitwerking).
      Het doet er niet toe welke lepel afschuwelijker smaakt, in beide gevallen draait mijn maag om wanneer ik aan die tafel terugdenk. Zelden heb ik zó’n spijt gehad van een leugentje – dat bovendien dom bedacht was!
      .-

  14. 1 Yskoue moes waar is die room?
    2 Bekslanerhek met reenbelofte
    3 TrrrRRRRRRRRRR teen die afdraand af nes pa se motorfiets
    4 Hier kom my skip ! kyk wat sê die reenboog is die vrag!!
    5 Nou kyk tot die yster weergawe teel aan
    6 Was .n WOESTE vry as die kar nou nog daar staan?

  15. Soms voel menz soos no 6 …. nog VOOR menz soggens 4:15 opstaan ….

  16. Nr 1, die drankie lyk net te mooi om te drink. Nr 2 is vir my ñ vreeslike mooi foto, Tina. Doringdraad om in en uit te hou. En dan die hasies. Dit is te flippen oulik.

  17. Ek stem oor die gesiggies in die koerant.
    Die arbeie lyk heerlik, die grondpad is droog maar die view deur die doringdraad is baie mooi, die reenboog lyk belowend, die hase, effens onnatuurlik maar oulik in n parkie, die ou kar steel my hart.
    Mooi naweek Tina, btw is jy bly of spyt jy is nie deel van die nuwe skooljaar nie?

  18. Nr 3 het my vle vele jare laat terug dink.

%d bloggers like this: