RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Sjoe, die weer is darem snaaks die jaar. Mens kry hier in die Bosveld maklik 4 seisoene op een dag. Die temperatuur wissel van die vroeg twintigs tot in die dertigs. Nie dat ek nou regtig kla nie want ten minste kry ons reën. Ons hoop maar dat die droë provinsies se posisie ook sal verbeter.

Dankie vir die inloer/deelneem. As jy op die pad is, veilig reis – hou tog maar op om op die tannie met die Toyota te ry. Jy sal tog nie gouer by jou bestemming kom nie. Hoop jy het ‘n lekker naweek en in my huiswerker se woorde : “Lekker Dingaan”

1

1922429_398705376937977_7605011387685693627_n

2

10245504_394288944046287_5175542541884189099_n

3

20108428_1701101483236879_1482326655364217354_n

4

10155726_396600053815176_148818580864720217_n

5

16711756_1557006407660180_7363722577065534758_n

6

21230812_1424932077584872_6533234154335358078_n

 

28 responses

  1. Die keuse is moeilik. Ek wil sê ek hou van die slakke, maar dan teel hulle weer aan!
    Die leeus! En die nuuskierige agies heel laaste.

  2. ja er is veel veranderd en doet het nog steeds
    enorme groei steden en dorpen , enorm veel meer wegen
    of dat ooit zal stoppen !!!

  3. 1. Balle-glimlag.
    2. Ek sien jou, jy moenie my soek nie!
    3.Romanse in stille vooruitgang.
    4.Moenie loer nie, jy sal jou beurt kry.
    5.Jy sal pienk eyes kry as jy so staar.
    6.Kan jy dit glo! Dis beslis Ouboet daai.

  4. Hei, Tina!
    1. ‘n Bek vol ta-…, ag ek bedoel balle.
    2. O, dis nou ‘n simpel storielyn, ne!
    3. Romanse
    4. Aaag toemaar wat, jy bly Mamma se ou seuntjie.
    5. Talk to the wing!
    6. Boetie en sy troppie

  5. regen en andere nattigheid genoeg hier
    en overdag boven 0 graden
    ja droge gebieden kunnen wel wat gerbuiken
    kijk toch weer eens die bosbranden in Californie

    1. hoe vind je m’n nieuwe gebit

    2. ik ben toch mooier dan die dooie pop

    3. langzame liefde

    4. niet kijken , ik heb een verassing voor je

    5. voor wie ben je bang dat je zo schuilen moet

    6. volgens mij staat er 1 verkeerd

    fijn weekend groet

  6. En ek wou nog uitpraat oor die tannie in haar toyota wat hier voor my so stadig ry!

  7. Klink my die Bosveld verander in die Kaap wat was.

    Nr 5 regs moet Dingaan wees want Dingaan (aldus die tekeninge wat ek gesien het) het mense gehad wat hom koud gewaai het.

    Nr 1 Die vee-arts tandarts wat die bokser se valstande gemaak het ken darem regtig nie sy werk nie!

  8. 1 en 2, dis opvreetbaar oulik! En nr 6, dit is SO my kleinste engel-seuntjie se styl!

  9. Nr 1. Boxers, die harlekyne van die honde wêreld.

  10. 😄 Ek het al vergeet van Dingaansfees! Sterkte met die weer en geniet die vakansiedae.

%d bloggers like this: