RSS Feed

Vrydag Byskrifte op ‘n Saterdag

Sjoe, die tyd vlieg. Voor jy sien is die jaar verby. Na ‘n lewendige bespreking oor die woord  ‘opsikleer‘ dink ek dit is tyd dat ek ‘n dr. moet soek wat bereid sal wees om my ou lyf ‘op‘ te ‘sikleer‘. Dis nou voor dit te laat is en daar te veel plooie is vir die volgende siklus.  (hehehehe as dit effe deurmekaar klink – opsiklering  is ‘n voorgestelde woord vir upcycling )

Dankie vir die deelneem/inloer. Jy kikker elke week my naweek op. Geniet die naweek.

1

4debc856dd0ad1922ed1fd2bec0efe27

2

9cac04e0026ffef462d03a210189a3b7

3

24067999_10156959378347619_8948500272132526877_n

4

012f55730d528c9f1a7e0d5ed1a42935

5

cool-girl-Yoga-pose-cat-floor

6

ce953f5e3d53332c45fd60c52499ab08

 

44 responses

  1. Ek sukkel nog steeds met daai word! 😉

  2. Hoe meer ek foto 1 sien hoe mooier word dit…..kom ons tatoooo…..

  3. Ek gaan nou nagmerries kry van katte wat my in my eie huis aanval. Dankie, Tina…

    Lekker naweek vir jou ook!

  4. mijn bomen staan er het hele jaar , in het bos 🙂
    mijn mooiste kersvaderpak in mijn adamskostuum 🙂

  5. Eens had zich in de voorstad waar ik woon, ook zo’n meertje in het wegdek gevormd. Onmiddellijk had iemand er een bord naast getimmerd: Verboden te vissen”.
    Smartphones bestonden nog niet, anders zou ik er zeker een foto van hebben genomen, die nu best zou passen bij bovenstaande # 3. “Optimistisch” sarcasme zoals Tante Frannie opmerkt!

    • Hehehehe … dis eintlik tragies Hier in SA is daar baie gate in die stedelike strate wat nie herstel word nie.
      Het jy al SA besoek?

      • Twee dalingen en twee opstijgingen in Kaapstad en Johannesburg, maar alleen op doorreis (naar mijn geboorteland Indonesia), dus niet echt een bezoek aan S.A. Wél reisde ik vanaf Johannesburg tot Kuala Lumpur met een heel sympathiek echtpaar naast mij. Zij verstonden Nederlands (bij het afscheid lieten zij mij een dagblad in het Afrikaans achter), maar zij prefereerden Engels te praten. Wij voerden een bijzonder geanimeerd gesprek, en hebben nog wel een tijdlang een e-mail correspondentie gevoerd, maar de kennismaking was toch te vluchtig om langer dan een jaar of twee te duren.
        Familieleden van mij wonen in Cape Town en Howick, maar hadden nooit veel belangstelling getoond voor contact. Totdat zich vorig jaar opeens een gelegenheid voordeed, en wij hebben de verbinding hersteld, tot aller genoegen.
        .-

  6. Spesiale oomblikke. Dis wat al hierdie foto’s sê.

  7. Oulike fotos. Ek hou van die guitige toon. Lekker naweek Tina!

  8. My soort toon maar die swart en wit fotos is mooiste…

  9. No. 6. Dink jy hulle staan en swaai omdat die rokke ‘n bietjie te groot is vir die sitplekke?

  10. zaterdag bijschriften dus hihi
    ik pak zo de fiets en cycle naar de visboer 🙂
    buiten is het nevelig en het vriest bbbrrr

    1. een uitnodigende grote teen

    2. die vragen om een nat pak

    3. helemaal de weg kwijt

    4. een beetje gestoord

    5. nieuwe krabpaal

    6. er mist er 1

    fijn weekend groet

  11. 1 Net nege tone? waar is die tiende een?
    2 Oop en bloot koppeling|
    3 Gee ‘n man ‘n vis en hy is gevoed vir ‘n dag. gee hom ‘n visstok en hy is elke naweek besig
    4 Die viool se bas moet droog bly
    5 Ons moet hierdie koek uitkry|
    6 Kyk waar trek Grietje|||

  12. Sekere mense laat dit lekker lyk om so op die grond te lê en slaap. En soos Kameel sê, ons is nooit te oud vir pret nie. Die kieter-manewales…myne behoort dit ook te doen! Eina!

  13. Hei, Tina. Baie bly oor die Byskrifte – was net op die punt om onttrekkingsimptome te kry!
    1. Diereliefhebber
    2. Liefhebbendes – langs die Seine?
    3. Aartsoptimis
    4. Prioriteite
    5. Het jou!!
    6. Windweerstand

  14. Aja, die laaste foto is wat ek noem pret. Nooit te oud vir sulke dinge nie.
    Om so ewe romanties op die harde sement te lê is nie my idee van pret nie.

  15. Nr 3. Dis net die ANC wat so ‘n slaggat kan ontwerp!

%d bloggers like this: