RSS Feed

Stemme uit die verlede

Vanoggend word ek gevra om kommentaar op my Litnetblog te modereer. El kan sien die blog bestaan nog maar kan nie inlog of deur gewone kanale daar uitkom nie.  Die blog is op 1 Maart 2012 geskryf en ek kom op kommentaar van Franscois Williams af.  Sjoe, die man sê my so sleg dat dit see my nie kan afwas nie. Hy reken ek moet skoert en praat van afrikanerosaurusse…en my  mislike houdingkie Ek kan die kommentaar glad nie onthou nie, maar die man het soveel kwytgeraak, dat niemand hom ernstig kon opneem nie. Onthou jy daardie tye?

Nee wat mens het seker maar vooruit beweeg. Het jy al geglimlag vandag?

42656

10448801_864583256905201_3723729395823655404_n

13087388_817319951733143_1096370051426367114_n

13510853_1241927972485563_4480108270104186330_n

13592841_10209661839324378_3733004699453525759_n13507134_10208597129022290_8380608865529326109_n

13442406_1322748461086020_3336192732689272015_n

49 responses

  1. Dankie… jy maak my lag! En daai vier ouens-vvetjies… ek dog toe ek sien die een se têt… amper?
    RLODVR!!!
    NS Dis veronderstel om te sê ek rol lekker op die vloer rond!! 😉

  2. Hoe gaan dit met jou Tina? Wou iets anders skryf toe kom die woorde na vore. Jip, jy het dit reggekry om my te laat glimlag.

  3. Nee wat. Ou stemme moet maar daar bly: In die ou tyd. Hier geniet ek myself. Vrede op aarde en al dies meer.

  4. Heb goed gelachen met je post

  5. Steel daai ou melk?
    Ag hoe jammer kry ek nou daai Litnettrol. Dit kan wraggies nie lekker wees om so mislik te wees nie. Ek is seker dat hy op ‘n ongemaklike plek ‘n ongemaklikheidjie het. Shame! 😱

  6. Oeg, Francois was ‘n vuilbek! Hy het my net so baie uitgehaal en beledig.
    Kostelike foto’s…lekker gelag,Tina.

  7. Lekker lag ek!
    Ag trolle ek bedoel drolle, is mos orals.
    Mooi dag Tina!

  8. Lekker gelag so op my eentjie. Die honde dink seker ek raak nou kens. Ek onthou vir FW in die tyd van die trolle.

  9. Hoe lag ek nou te lekker! Dankie!

  10. Ek is so bly die sekere mr het my nog nie raakgelees nie. Party mense het niks beter om te doen nie.
    Wat is afrikanerosaurusse? Ek het dit nog nooit gehoor nie

  11. van dat verhaal begrijp ik niets
    maar ik heb een glimlach van oor tot oor 🙂

  12. DIe heer Williams was verseker ‘n heel onkantige kêrel. Ek ek self Maandag ‘n anomieme possie ontvang wat by verduidelik waar ek my patetiese humorsin moet loop indruk. Ongelukkig gaan dit nie kan gebeur nie nie, want daar is reeds ‘n swak houding!

    Genoeg nou van mense wat nie sag kook nie. Ek het vir Windpomp gesê om die evidence van daai Ysland trip te vernietig. Ek is tweede van links. Die ander ouens is Draadkar, Suidwes en Windpomp

    • Hehehehehe Ek het ook op die blogs geleer dat ‘n mens nie dinge wat mense sê ter harte moet neem nie. Ek is wel bly dat my ma nooit sal weet wat mense van haar kind sê nie. En dis gewoon nie waar nie.
      Jy kan geld maak uit jou Ysland ondervinding

  13. Jy het dit weer reggekry! Ek sit behoorlik en snork soos ek lag. Die fietsryer en die melkskommel! Die ballerinas! En die tipiese manspesie gelukkig vasgemessel as ñ beeld!

%d bloggers like this: