RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Van oggend kyk ek die Afrikaanse fliek Verskietende Ster  en vererg my weer in ‘n ander bloedgroep in oor die akteurs/draaiboekskrywers wat onderwysers as karikature uitbeeld. Die juffrou is nog OK, maar die die skoolhoof hang op sy lessenaar soos ‘n posduif in die winter… NEE MAN. Tog is dit redelike storie met wonderlike musiek! Mens sal tog niks anders van Darrell Roodt verwag nie.

Dankie vir die inloer/deelneem. Lekker naweek – hoop ons kry lekker reën.

1

48edafb3007753c64bae5c4bd16a1f8f

2

319c29373e0f4ed10832116045774e01

3

bc6e853e9c2269831b5d803b1eae13f5

4

4c41a74e4402ed24e197d42a64afbdab

5

ce269d3d4f1aebaeb8312c2cd5d48f85

6

80de0d04b5f47c4362fdf75481014078

 

 

 

60 responses

  1. Pasop outoppie… netnou hap daai ding jou in die gevreet! 😉

  2. Wat staan hier weer heel veel leuke dingen

  3. 1. Jy beter oppas, ek gaan jou byt.
    2. Yay, yay, yay
    3. Waar’s die dae? (ek hou van jou en jou skelmpie wat rondomtalie)
    4. Kan dit werklik wees?
    5. Verlore in my eie wêreld.
    6.Ghumpf, jy lyk al te veel soos die duiwel.
    Jy praat van onderwysers- party is ook maar karakters op hul eie. By my is juis so n hupse ou vroutjie op oomblik met pienk gepofte hare maar as dit by die werk kom is sy maar afwesig.

  4. No 2 …..te dierbaar……geniet hierdie nat koue weer met n warm koffietjie….mooi naweek

  5. Ik stuur onze regen van dit weekeinde graag naar jullie door.

    Herfstige en natte groet,

  6. dus je hebt sinds vanochtend een andere bloegroep 🙂

    1. ik hou het niet uit , jij wint

    2. groot artiest in de dop

    3. kom er maken nog een rondje

    4. ja dat staat er wel erg klein geschreven

    5. gewoon moe van het kunst kijken

    6. nee , niet echt een evenbeeld van me

    fijn weekend gewenst

  7. Ja – die arme onderwysers is defnititef nie sulke karikature soos in ou flieks uitgebeeld …
    Oulike prente wat jy hier saamgestel het:

    Nr 4 het my laat skatterlag! Die Omie kyk omtrent DIEP …

  8. Vandag het ek jou positiwiteit broodnodig, hier op hierdie blogs… Dankie vir jou moeite elke week en dat jy my nou sommer stukke beter laat voel het!
    1. En waar’s my ridder?
    2. “Ououououou Ryperd…”
    3. “Grow old along with me! The best is yet to be…”
    4. Respekte aan ‘n meester
    5. Voetseer en siek en sat
    6. Hmmm, jy lyk na ‘n moeilike kalant, ou bees

  9. Lief die foto’s. 6 laat my dink aan Chris de Buurgh se Spanish Train lirieke: O Lord, don’t let him win…”

  10. 1 is Net ek en haar perd en
    2 Is Steve my paaa – la la laaa
    3 Tina en haar skelmpie op die landgoed besig om te rondomtaliedraai. Hy verwys glo na jou as sy bidspringkaantjie…

  11. Elkeen uniek op sy eie manier. Elkeen het sy eie storie. Jy het ñ heerlike klomp fotos hier bymekaar kom deel.

  12. No 5 – elke mens het so ‘n hoekie nodig. Het jy al opgelet hoe word bank- en poskantoor-amptenare uitgebeeld in flieks? Lekker naweek – ek stuur reën, koue en wind.

  13. Baie goeie versameling fotos. Slices of life.

  14. “Posduif in die winter”… sou vir ons skoolhoof nogal ‘n kompliment gewees het… aan die anderkant – hy sou dalk meer van my gehou het as ek meer van hom gehou het… en my pa nie in ‘n engelse skool was nie… en my pa nie die raportryers in die openbaar kritiseer het nie…en en en

  15. Nr 1 en 6 werk nogal saam. Lekker naweek Tina, met reen.

  16. N2 – Gaol house rock en die laaste is helemal Bull 🙂

%d bloggers like this: