Sjoe die weer is darem deurmekaar. Die een dag is dit warm en die volgende dag soek jy iets warms. Die Augustuswind waai hier in Oktober vir ‘n eerste prys. My hart gaan uit na die mense in KZN … sulke onverwagte skade kan mens jare terugsit.
Dankie vir die inloer/deelneem. Jy kikker beslis my Vrydag op. Hoop jy het ‘n wonderlike naweek.
1
2
3
4
5
6
Daardie katte lyk asof hulle op ‘n sending is…… wat nie goed vir die ander party gaan afloop nie.
Ja hulle is kwaaier as die leeus
Leeutjies, leeutjies al in ‘n ry. 1 2 3 4 hou bepaald maar verby
Hulle is al te oulik en die katte lyk kwaaier as hulle
Ja ek sukkel nie met daai katte nie
🙂
—My hart gaan uit na die mense in KZN… sulke onverwagte skade kan mens jare terugsit. —
Bedoel je met KZN de Provincie KwaZulu-Natal? Dat heb ik nu gevonden op google, maar ik weet niet wat daar is gebeurd?
Erge storms het baie mense dakloos gelaat.
Ek is gek na daai Mafia-katties, lyk asof hulle weet waar die roomkan omgeval het. So sexy paddatjie, lys asof hy uit volle bors sing! Ek is gek na jou kolleksie van prentjies, laat my diep verlang na die Namib se diere en dink daardie eekhoringtjie se groot dors is kostelik.
Ai dis te lekker as jy inloer.
Waar vindt jij toch al die leuke dingen?.Fantastisch
Ek hou van soek. Lekker naweek
n Ry prentjies met n storie:
1. Haai ouens, hoe hou julle van my nuwe ryding?
2. Dominasie! Probeer dit net. Die geheim lê in getalle.
3. Ha ha, dit was skreeu snaaks.
4. In gelit. Samewerking
5. Vriende, daardie klomp leeus lyk gevaarlik.
6. Net gou eers n slukkie voordat ek laat vat.
Jy word ‘n regte woordkunstenaar Sus
He he, as jy so sê!
Nou moet jy net begin geld maak
Dis n ander storie daardie geld maak. Amazone wil nie my bank no en my belasting no aanvaar nie! Ha ha, Sal maar ondergronds moet gaan en probeer deurkom.
Dis vreemd Julle is tog ‘n beskaafde erkende land
Ja jong, weet ook nie wat is die probleem nie. Bertus se uitvoere en invoere het ook dinge wat net nie uitwerk nie agv New Zealand.
Hulle beskerm seker hulle binnelandse handel.
Ha ha, ek het toe n plan gemaak en ek kan my proof print laat maak, dws groenlig is gegee om te publiseer.
Baie geluk!
Dankie, daar is nog n paar stappe voordat dit beskikbaar is. Heel opwindend.
No5
Klomp garingballe bymekaar…hehe mooi naweek…
🙂 Dankie julle ook!
Ai – daardie leeus wat so in die grondpad afgestap kom – ek het self ook al so ‘n oncervinding gehad. ‘n Onbeskryflike gevoel!
Die katte lyk “reg vir aksie”
Laaste een is baie “cute” met die strooitjie.
Ja mens bly uit sommige katte se pad!
Die groepie meerkatte lyk asof hulle poseer vir een van daai outydse familieportrette 😄
Hulle is oulik nê!
Maar kyk so ‘n oranje paddatjie?
‘n Padda met ‘n houding
Dis die padda wat wou gaan opsit met sy nooi in die vlei!
Hehehehe jy meen hy was oranje?
Jy gee dan nou die bewys!
🙂
Die vuurvliegie se liggie kan aan horing. Ou padda gaan beslis laaaaaank vat voordat hy by sy nooi uitkom. Miskruier is maar stadig.
Dalk betyds vie môre-aand. ❤️
🙂
Ha ha, volgende week dalk.
Net so goed. Wat s ‘n week nou tussen vriende? 😁
Nou praat jy. Na n week se ry kan hy vir vier weke eers lekker kuier en moontlik hoef hy nie huistoe te gaan as hy sy kaarte reg speel nie. Soute kabouter.
🙂
Die padda kort net ‘n hoed en ‘n vangtou!
Wat kan mes sê? Vurige vryer?
Net so!
1. Ry hom pappie RY HOM
2. CatPack
3. Kielie my magie
4. Leeutjie in n ry
5. Gesinsfoto – say CHEESEEEE!!!!
6. Maak elke bietjie tel
Hoop jy het n heerlike naweek!
Hehehehe … skerp… baie skerp!
Tina, ek sal letterlik oor elke enkele foto ñ storie kan skryf! Die kat-“gang”, dis die beste!!
Hulle het in my skoot geval die week
🌺
🙂
Nr 2 Ons skrik nie vir ‘n hond nie!
Nr 3 Ek lag vir katte!
Oulik nê!
oe – die katte, die makkes en die wildes – ag ek lieg, ek hou van ieder en elke prentjie hier vandag…
Hulle stap met passie!