RSS Feed

Blog – Blogger – Blogste

Dit tyd vir wonderwerke is sowaar nog nie verby nie. Die week wonder ek op FB waar al die bloggers wat ek leer ken het en ‘n pad mee saam geloop het. Die reaksie was ‘n heerlike verrassing. Amper 40 bloggers reageer en die gevolg is die lekker uitruil van wat daar in die blogwêreld gebeur.

Ek het reeds in 2005 begin om blogs op Mweb te lees en in 2006 my eie geskep. Nogal met sterre in die oë was die doel om ‘n wonderlike onderwys bydrae te kon lewer. Daarvan het niks gekom nie, want die talente ontbreek. Ek het baie voorbarig met ‘n Survivor uitdaging begin en gou my hande vol gehad om die vrede te bewaar.  Dit was egter lekker pret. In Julie 2006 is my ma wat lank by my gewoon het, oorlede en die bloggers het my hierdeur gedra.

Bloggers het gekom en gegaan, maar die buitelandse verkopers het die blogs op Mweb oorstroom en die meeste van ons het na Litnet gegaan. Oh Boy … het ek maar geweet waarvoor ek my inlaat. Dit was ‘n opwindende tyd, maar ek het gou geleer dat ek net ‘n prulskrywer is en dat my sin vir humor besils nie in almal se smaak val nie. Tog het ek wonderlike bloggers ontmoet. Mense vir wie ek die grootste respek en bewondering het. Daar het ek ook geleer dat daar baie gemene mense is, wat nie sal wyfel om ander te vernietig net om ‘n geveg te wen nie. Mense wat oral ronddwaal en skoorsoek en wat ‘n argument in enige onskuldige opmerking sien.  Tog was dit ‘n wonderlike tyd.

Nou is ons hier op WP. Rustig met min steurnisse, geen hewige argumente, geen truiverkopers en eintlik min opwinding. Tog vir mense soos ek wat van roetine hou, ‘n rustige plek waar mens kan kuier met goeie vriende. Soms verlang mens na die vurige ou dae, maar die meeste van die tyd is mens tevrede met die lekker onthou!

Sjoe, nou het ek baie gepraat … het jy darem al vandag geglimlag?

19894572_1755805231126838_7226259036841261951_n

19756488_10154583387472111_5322923071182979347_n

19656981_10154571572442611_1438692539534888713_n

19274948_1597373606988432_3824836778423298858_n

19904914_1755798001127561_501075111433583314_n

19702149_10154567444142111_4496172464674320300_n

18620422_10154463216832611_3557800719754521531_n

 

Advertisements

42 responses

  1. Ek is nou nuuskurig oor die Survivor uitdaging 😉
    Dankie, ek het nou geglimlag.

    • Die was baie pret Daar was 19 deelnemers in twee groepe Elke dag het hulle ‘n opdrag gekry en die bloggers kon stem vir die beste inskrywing Dit het ‘n rukkie gevat voor daar ‘n helse geveg uitgebreek het. toe maak die finale opdrag en wys die wenner aan. Behalwe van die geveg was dit baie lekker

  2. Las hier nadenkertjes en leuke quotes.Maar ieder vogeltje zingt toch zoals het gebekt is

  3. En toe lol ek…

  4. Ai, maar so ‘n donkie is wys! 😁

  5. And again lots of wisdom in this blog

    Kind regards,

  6. Ai dis lekker om weer ‘n klompie bloggers raak te loop!

  7. By die werk is daar partymaal 3 mense wat met verskillende navrae gelyk by my aankom. My standaard reaksie is dat die Filistyne op my is. Maar hou hou van Philis Steyn storie

  8. ja bloggers komen en gaan
    op blogspot zijn er velen gegaan
    op wp is het nog goed te doen
    en je bracht met elk plaatje een mooie glimlach 🙂

  9. Daar’s genoeg baklei in n mens se dag-tot-dag lewe en in die nuus, dis nie nodig om nog voor n mens se rekenaarskerm te moet fight met iemand wat jy in die regte lewe nooit gesien het of gaan sien nie.

  10. Over waarderingen gesproken, het is jouw goed recht om jouw salaris te beschouwen als een van de “kleine dingen” in het leven. Ik denk dat jouw werkgever het tegendeel zal beweren.
    Een brede glimlach dus voor beide meningen!

    Het doet mij denken aan een grapje over Argentijnen die – heel in het algemeen gesproken natuurlijk – met zichzelf ingenomen zijn:
    Een zeer lucratiev handeltje zou zijn een Argentijn te kopen voor wat hij waard is, en hem te verkopen voor wat hij dénkt dat hij waard is”.
    Lekkere naweek (een veel leuker woord dan weekeinde!)
    .-

  11. Nou weet ek nie so lekker nie, maar die “eintlik min opwinding”-deel van jou gesprek hierbo worrie my nou ‘n bietjie. Is ons so vrek vervelig? Moet ek jou kom trol? Haha, bly maar kalm, dis sommer ‘n grappie en dankie vir die lekker glimlag hier voor die naweek.

  12. Het jou fb-inskrywing gesien en toe ook sommer die name van enkele bloggers geleer 🙂 Wil graag self ook hieroor skryf – op die oomblik maal die gedagtes nog erg rond, maar hopelik maak hulle later ‘n bietjie meer sin. Intussen: baie dankie vir jou, op fb, Litnet en hier!

  13. Die ‘vroeg huistoe’ katjie lyk nes een van onsyn!
    Maklik om hewige argumente hier te vind as mens probeer — maar wie het hulle nodig?

    • Helele hy is te oulik.

      Dis waar maar daar het hulle jou sommer kom opsoek Ek onthou egter dat jy hulle netjies kon systap … daarvoor het ek baie respek en daarom was jy so gewild.

  14. Rondomtalie, jy blog al van 2006 af! Dis lank! So jy ken al die “ins and outs” van hierdie skryfwêreld. Vertel bietjie meer van die begin jare, toe man.

    • Daardie tyd was daar baie tegniese probleme Soms was die internet af of baie stadig dan kon mens vir dae nie in jou blog kom nie Prente was soms te groot. Die interessanste was egter die mense. Hulle was baie meer intens. Daar was gevegte van astronomiiese perporsies.
      Die fotmaat het mens ook baie meer bloot gestel aan direkte kontak met ‘n klomp mense gelyk
      Hier is dit baie mak en is ‘n gesprek tussen selfs ‘n paar mense onwaarskynlik. Alles is stadiger hier.

%d bloggers like this: