RSS Feed

Winkelgroepe

‘n Oud-blogger vertel vanoggend dat sy glad nie meer PnP gaan ondersteun nie, want hulle smart shopperkaart bevoordeel slegs die winkel . Ek was nog nooit ‘n kaartondersteuner nie, want my IK laat  ‘n beperkde aantal kaarte toe en daarom is die kredietkaart, ID en lisensie genoeg vir my geremde vermoë.

Tog dink ek juis dat elke winkelgroep beter en slegter winkels het. In my dorp is daar heelwat PnP’s, maar een voorsien aan die meeste van my behoeftes en daarom is ek grensloos lojaal.  Hier is ‘n paar redes:

1  Elke Maandag koop ek tydskrifte en hulle is eerste wat dit al uitgepak het.  Maandag was die Huisgenote nog nie daar nie en ‘n werker het gevra wat ek soek en ek is die winkel uit met my tydskrifte.

2  Daar is altyd genoeg betaalpunte oop Op ‘n besige dag is almal oop en op ‘n stil dag genoeg dat mens dadelik gehelp word.

3. Die personeel is altyd vrolik en vriendelik. Ek het ‘n slag my hand teen ‘n rak oopgeslaan en iemand het dit skoongemaak en ‘n pleister geplak.

4. Hulle kos is die lekkerste in die dorp.  Hulle eierbroodjies is my gunsteling en selfs meet as R2 goedkoper as die van die Spar.

5. Hulle voorsien in al my inkopiebehoeftes.

Ek verstaan dat mense uitgebuit word en dat die armste van die armes die meeste uitgebuit word, maar ek weet nie of om hele kettinggroep te vermy werklik die antwoord is nie.

Hoop jy het darem al geglimlag vandag?

14492363_933482516756636_2477523044341929143_n

13686580_1063714443663677_839713086812950098_n

19657019_10154571064557111_595052824462316772_n

19756488_10154583387472111_5322923071182979347_n

20431767_10154650434662111_3077710477510807755_n

20140169_10154613441522111_4502265098174004340_n

20526364_10154649179287111_8603650221998400337_n16998875_1417459551655056_3711711018293388272_n

Advertisements

35 responses »

  1. Ai jy laat os almal altyd met n glimlag!

    Reply
  2. Whatsapp….. ons het so oor die heinings gekuier!!! Lekker ou dae.

    Reply
  3. Ek het nou lekker gelag Tina – dankie!

    Reply
  4. Ek het ‘n smartshopperkaart en die samewerking tussen PnP en my bank se Rewards Program bespaar ek heelwat op maandelikse inkopies. Seeriaas? Jy laat my altyd glimlag.

    Reply
  5. Die hair restorer is vir my die snaakste. As klant kan jy klagtes he nes jy wil, maar daar is altyd ‘n verskuilde rede hoekom jou klagte nie geldig is nie.

    Reply
  6. een ieder moet voor zich zelf weten naar welke winkel ze gaan
    maar de glimlach is er en ik heb de whatsapp groep ff gelend hihi

    Reply
  7. Die klomp Visagies het almal ronde magies(pensies!) Die kaarte is maar n storie. As mens nie n kaart het word jy nogal aangekyk of jy van n ander planeet kom!.

    Reply
  8. Aaaag, ek’s mal oor die Afrika-chic van Visagie!

    Reply
  9. Vandag maak jy dit weer moeilik. Die outjie moet maar pomp aan daai wiel! Arme barman. Die whatsappgroepie is die oulikste. 🙂

    Reply
  10. Ek hoop die vrolike vriendelike personeel is nie onder die 3500 gedoemdes nie!

    Reply
    • Ja ek ook… Ek wonder hoeveel inspraak die bepaalde bestuurders het? Hierdie tak het beslis meer werkers as ander takke of hulle benut hulle personeel dalk beter Die bestuurders is ook baie meer op die vloer as in die kantoor

      Reply
  11. Die Visagie group lyk veels beter as die ander.

    Reply
  12. Die whatsapp groep en die leeu! Ek het nog nie vandag hard gelag nie…maar nou het ek darem gesmile. Die kroegman? Ek dink dit is SO waar!

    Reply
  13. Ek haak vas by Woolies se online store ek HAAT winkels in hoofletters – daarom is ek mal oor WW se maklike “online” inkopies.

    Reply
  14. Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar as daai man vanaand by die huis kom en sy meisie sê: “Liefie, kom ons pomp ‘n bietjie toe?” begin hy te huil…

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: