RSS Feed

Sondag Kopies

Ek wonder hoe modeontwerpers tot ‘n gevolgtrekking gekom het dat alle bloese sonder krae gemaak moet word. Ouderdom is nie te gaaf met ‘n vrou se nek nie … plooie word gevorm soos ‘n hoendertjie en ek sal nooit oortuig word dat enige man so plooinek sexy vind nie. Goed, vir die winter kan jy ‘n serp dra, maar hulle besef nie dat die van ons wat nie sentrale verhitting kan bekostig se bo-borsie  die eerste ding is wat kan bibber van die koue. Sug… ek besef geen ontwerper lees my blog nie, maar dalk kom daar ‘n helder oomblik.

Dankie vir die inloer Ek hoop daar is ietsie vir jou wenslysie, maar dat jy ten minste sal glimlag.

19399307_1486684961353463_1494958318685813769_n

19397092_692152580967911_3132262915118888351_n

18813537_1306278739485344_3305325807085652085_n

18301458_1875164536064754_3334289154407861275_n

17798943_1616936835000470_255748382241011020_n

18739717_848747541949312_7822479992433160219_n

16711983_1193165310791540_8033517016398469091_n

14102253_1806583129578603_8947576794211138693_n

Advertisements

34 responses

  1. love the shoes!! 🙂

  2. Ek neem aan Hermes die boodskapper van die gode het daardie duifskoene gedra

  3. Ooh die kombi en die swaai vir my – GROOT asb!

  4. Daai skoene is vreeslik weird!!

  5. Ek kan nogal instem vir die afdak met die swaai, maar die standbeeld met die oop bolyf en koppe wat uitpeul sal my nagmerries gee!

  6. Leuke dingen.Zo’n grote schommel zie ik wel zitten

  7. Hou van die beeldjie – slim manier om dit te laat lyk asof sy vlieg! (Dis dag 5 wat ek en my skoonseun in die hospitaal sit en jy het dit nou vir my opgevrolik.)

  8. Sy moet oppas, netnou vlieg haar skoene weg!

  9. Daai karrewaentjie steel my hart en die swaaibankshed ook. Serpe is ‘n swakheid by my en hul is so veeldoelig – vrolik sommer enige moeë outfit op en help om my woes krulle te tem. Smeer maar ekstra room aan die nekplooie = hul verdien mos ook ‘n pamperlang. Daai geveerde voëlskoene! … sorry – maar die buurt se katte en die straatkatte gaan jou aanrand! 🙂

  10. Tanks but no tanks vir die skoene…. laat my gril.
    Wat sal ons tog met hierdie nekke van ons doen. Baaaaaie jare gelede het ‘n baie prominente dame vir my gesê “Jy sal weet wanneer jy oud is, alles aan jou liggaam begin hang.”

  11. My plooie is my plooie en ek het hard gewerk vir hulle. Sorrie vir die ou man wat nie daarvan hou nie. Ek verdra nie ‘n ding om my nek nie en besit nie ‘n enkele serp nie. Ek trek ‘n kortmou t-shirt met ‘n v-nek aan en dra ‘n warm “hoodie” as dit koud word.
    Kan ek daai moderne têksie kry?

  12. Vandaag sla ik over.
    Ik ben gelukkig met wat ik nu bezit.

    Ik wens jou en je lezers een mooi begin van de nieuwe week.

    Zonnige groet,

  13. Hoekom kan ek nie meer as een maal “like” nie! Ek stem so saam met jou oor die bloese sonder krae! Maar die skoene, waar kan ek sulkes kry??? Net sommer. Want ek kan.

  14. stuur je blog door naar de krant en wie weet lezen de ontwerpers het dan
    ik ga voor dat leuke schommelbankje 🙂

  15. Ek lyk daai konvertibale motor. Wat bekommer jy jou oor plooie? Het jy ooit die 1951 film The African Queen gesien met Katherine Hepburn? Sy was reeds goed gevorderd in jare, vol plooie en wat my betref seker die mooiste vrou in Hollywood, plooie en al.

%d bloggers like this: