RSS Feed

Van alles en nog wat tjommeltjie

Vandag het ek ‘n paar dinge op die hart:

  1. Vir baie jare wat ek Afrikaans aangebied het vir laerskool kinders, het ek probeer om die taalreël so maklik moontlik te verduidelik sodat hulle dit vir ewig sal onthou. So het mens die manlik en vroulik in lyste gegee en was dit altyd ‘n lekker eksamen vraag.   Ram – ooi, bul – koei, mannetjie – wyfie Nou die dag is hierdie trotse tradisie wreed vir my omvergegooi.  Njala bul met ‘n Njala ooi… Ek het gestry dat die blou wolke op my staan, maar ek is blykbaar verkeerd…. Sug… ek haat dit om verkeerd te wees.

  2. Ek het ook al die jare gereken dat elke kind geregtig daarop is om onthou te word. Ongelukkig werk dit ook nie so nie. Ek is nou die dag genooi na ‘n twee waar daar ‘n hele paar oud-leeders van my was. Sowaar is daar toe ‘n jong vrou wat ek om die dood nie kan onthou nie. Dis sowaar of my brein leeg is. Ek het om verskoning gevra maar wonder nog vir dae waarom ek haar nie kan onthou nie…Sug… ek haat dit as ek so vergeet.

  3. Ek verloor nie graag weddenskappe en omdat ek bietjie jonger as die meeste Landgoedinwoners is, wed ek hulle graag, want my ore is so goed en heeldag besig om te luister – bang ek mis iets.  Ek wed dan maklik R20 maar hulle wil nie meer byt nie, want hulle weet hulle gaan verloor.  Gister wed ek toe ‘n vriendin oor ‘n boomsoort en sowaar daar verloor ek… Sug… Ek haat dit om te verloor.

  4. Ons nuwe eetsaal word volgende week amptelik geopen. Alles word gepoets en blink gevryf. Almal is baie dankbaar vir die weelde waarsonder ons so gesukkel het. Ek het egter nog nooit van ‘funksies’ gehou nie. Ek het doen nie ‘mense’ nie verkondig ek altyd aan almal wat wil luister.  Noudat ek afgetree het, kan niemand my meer verplig laat voel om dit by te woon en daarom het ek vriendelik laat weet ek sal dit nie bywoon nie… Sug… Die aftrede is op baie vlakke ‘n wonderlike voordeel.

Genoeg getjommel. Het jy al geglimlag vandag?

13178669_1146304842087209_8610380994763962391_n

21-Embarrassing-Photos-14

16832065_1347661831921692_5372848570894396625_n

13151988_1147127268671633_897593371842415066_n

15380557_1491605807533574_6029527846531045141_n

17457472_1864004257202018_286081721155147336_n

 

Advertisements

52 responses

  1. Dankie… na die lekker lag dink ek ek moet gaan visvang! Sonder die sak op my rug!! 😉

  2. So jy hou nie van funksies nie 🙂
    Ek wou daardie foto van die visserman en baba vir my seun aanstuur… ek sien hom in dit wanneer hulle baba eers daar is.

  3. Daardie onthou met tye is maar n ding wat net gebeur. Ek kry laaste tyd ook sulke “blanks” gelukkig kom die herkenning of onthou na n rukkie terug. Mens kan ook maar nee sê as dit is.

  4. mogge Tina
    leuke plaatjes , de tekst is wat onbekend voor me
    hoe laat de zon onder gaat hier , zou het niet weten hihi
    zo laat dus
    http://www.zonsondergangtijden.nl/tabel-zonsondergang-2017.html

  5. Nee wat, Tina – jy is heeltemal geregtig daarop om “Jy” te wees, ons is lief vir jou net soos jy is!

  6. Weer leuke teksten en prenten.

  7. Tina jy is reg dat dit bul en koei is en ram teenoor ooi.Die boksoorte wat kleiner as koedoes is,is almal ram en ooi.Dus is ‘n njala ook ‘n ram en ooi.Alle boksoorte groter as koedoes is bul en koei.Wie ookal met jou gestry het,was verkeerd.

  8. Een keer in de twee maanden moet ik naar de dokter voor een routinaire controle die vanwege een lange reistijd én wachttijd – bijna nooit minder dan vier uren duurt. Dat doet het humeur geen goed. Zodoende was op jouw vraag:

    —Genoeg getjommel. Het jy al geglimlag vandag?—

    mijn eerste antwoord: nee. nog niet.
    Maar direct daarna zag ik de foto’s bij deze posting, en nu heb ik de schade ruimschoots ingehaald, waarvoor mijn dank!
    .-

    • Jammer om te hoor Is daar nie ‘n plek/dr nader nie?
      Gelukkig het jy darem opgekikker

      • Ja hoor, dat kan inderdaad. Maar dichter bij huis heeft mijn bescheiden ziekenfonds geen capaciteit meer. Maar omdat de kosten privé veel hoger zijn, accepteer ik de nadelen. Overigens zijn de wachturen niet geheel verloren tijd, ze zijn ideaal voor lezen en ook bijvoorbeeld cryptogrammen. Soms breek ik mijn hoofd over een omschrijving die al een week of langer openstaat, en ineens: je ziet het! A gratifying epiphany!.
        .-

  9. Hahaha, dit klink soos my biografie wat jy geskryf het – ek haat dit om verkeerd te wees, te vergeet, te verloor of ‘n glimlag aan te plak tussen ‘n bondel mense. Ek skaterlag liewer saam met jou.

  10. Die pa met kind – ek het al soortgelyke goed gedoen behalwe dat ek met kind teen berge uit is…

  11. Die laaste prent, dit word my nuwe “screen saver” op die rekenaar. Die glyplank kan ñ hele storie tot gevolg hê. Iemand moet dit net neerskryf. Nee, nie ek nie. Die “battles” een; ek kry nooit die memos nie!

  12. Aitog – dit klink so bekend. Ek weet daar is verwarring tussen wanneer ‘n dier ‘n ooi of koei is. Vernaam by bokke, weet self nie waarom hul dit so gedoen het nie.
    Ek is mal oor die kind wat saam die pa visvang, kan jy dink hoe die kind dit gaan geniet!

  13. Dank voor de humor in jouw blog.

    Zonnige groet,

  14. Oepsie! ! Ouderdom! Voordele en nadele!

  15. ai die uderdom! Voorsele en nadele!

%d bloggers like this: