‘n Mens is nou glad nie meer gewone naweke met twee dae gewoond nie. Die feit dat more nie ‘n vakansiedag is nie is sommer vreemd. Dis ‘n koel bewolkte dag hier in die Noorde … ons hoop op nog bietjie reën voor die winter … maar mens sal maar moet sien wat gebeur.
Die kopies was die week maar effe skaars maar ek hoop daar iets vir jou wenslysie. Verlede week het FB die foto van die manne met swemklere gekies en toe die inskrywing geblok. Eish, ek sit dit juis nie eerste nie en daar was genoeg ander beskaafde foto’s om te kies. Ek het egter nogal binnepret oor die dubbele standaarde.
Dankie vir jou inloer.
Ai dankie… ek het nou weer lekker gelag! Maar nou moet ek slaap… more is Maanday!
Ja en julle jong mense werk mos Maandae!
Ja… ons is simpel! Dankie vir die “jong” stukkie… nou voel ek amper lus om die vrou te gaan rond jaag! 😉 Amper! 😀
Hehehehe relatiewe begrip nie waar nie.
Ja!! Nou moet ek haar rerig gaan jaag… ek’s 20 jaar jonger!! 😉
🙂
Allemaal leuke dingen maar wat een gezellig bed weg van alle lawaai denk ik dat je daar heelijk slapen kan.
Ek stem!
Oooo ons het net in die week gepraat oor die jiggie van toilet sitplekoortreksels. Lekker langnaweek vir jou.
Grillerig. Lekker om jou te sien
ja ik had een mooi wandelingetje met lekker weer
🙂
Jy is beslis baie vernuftig met die ‘soek en vind’ van al hierdie foto’s = ek geniet dit!
Ek soek nie regtig nie. So in die week kruis prente maar my pad.
Tina noudat jy deur Vuisboek gesensor is weet ek nie of ek nog by jou kan inloer nie😂
Die bed (en minmalistiese kamer is vir my mooi). Die bank het ietwat te veel uitsnywerk vir my smaak.
Hehehehehe chicken?
Ja het vanaand hoender geëet
🙂
Ek kies die balke-huis en balke-bed. Dit sal ideal werk vir my in Magoebaskloof. Ja, dit was koud oor die naweek, ons winter is hier.
Dalk moeilik om dit in die Kloof te vervoer. Is julle klaar met die julle huis daar?
Ja, ons Cabin is klaar in die berg. Dis baie klein. Maar ons het lanklaas weggebreek soontoe, ek dink die bergkoue raak bietjie erg vir my ou lyf en die griep wat nie wil laat los.
Dis jammer Julle het dit altyd baie geniet
Ai jai jai, daardie toiletsitplekoortreksels. My skoonma gebruik dit steeds. Hoe gril ek nou!
Ek gril ook maar vir die sitplekoortreksel. Sit liewer op ‘n koue ding maar weet hy is skoon.
Net so!
Jy is nie alleen Dis erg grillerig
Sjoe, dis nou regtig n hemelbed daardie!
Ons het lekker reen gehad deur die nag hier in ons hoekie van Pretoria – hoop van dit bereik julle ook.
Lekker week, Tina!
Ons het bietjie gehad maar baie min
Die wol -kakkies was algemeen so 30 35 jaar terug.. Die een wat ek die meeste onthou was ‘n seekat waarvan die lyf die houer van die papier was met agt langerige gevlegte wolpote.
Die maer poppie uit Amerika , Barbie, met ‘n gehekelde uitskop balrok en die seekoei was ook gewild
Grillerig sê ek jou !
Dat bed heeft wel iets.
Alleen ik heb geen zolder.
Kan ik die zolder er bij kopen?
Vermoeide en slaperige groet,
Alles moontlik! Wat van ‘n nuwe huis met ‘n zolder?
Verhuizen heb ik genoeg gedaan in mijn leven ….
Maar ik neem het in beraad.
Vrolijke vakantiegroet,
Geniet
ook hier is het koud met hier en daar wat regen
maar de zomer staat wel voor de deur :0
ik zie dat hang bed wil zitten
fijne avond groet
Met so bed moet mens net slit slaap.
af en toe een tukkie 🙂
🙂
Ek sal die seekoeitjie vat, dankie. My naweek was gek, Bert was by oom Angus en ek het met kleinkinders gehelp. Alleen. So, geen ingewikkelde beddens of toilet truitjies nie. Ook nie sexy karre of boommanne nie. Net ń klein seekoeitjie dankie. En beslis nie nog ń stootwaentjie nie. Nie vandag nie. Geen slaap, baie speel en lawaai en poef doeke…Dankie tog dis môre Maandag.
Ooooooo daarvoor moet mens hare op jou tande hê Ek hou ook van die seekoetjie Mens kan darem mooi goed van sulke klippe maak
Ja Tina, wat het van jou “kliptuin” geword?
Hehehehe die klippe is nog by my vriendin. Hier is nie regtig plek nie
Pragtige houttema, Tina. Die Oosterse wysgeer houtbeeld is werklik kunstig. Die baba met die
skopscooterpa gaan opgooi .
Hoe so? die baba ry vorentoe? Lyk vir my nogal lekker
Baba ruk agtertoe met die skop en vorentoe met die glide
Gelukkig sien ek die baba is ‘n “pop”. Alles veilig.
Dit het vir my lekker gelyk en ek steur my nie veel aan’feite’nie
Daar bederf jy nou al die pret met feite! 🙂
Die boom sculpture is pragtig!!!
Slim gemaak het ek gedink!
Facebook het jou gesensor? whahaha, oehoe, jou stoute kabouter
Ek was verontwaardig want dit was nie eers erg nie net verpotte vet outjies met deurtrekkers. Daar was 6 ander prente wat hulle kon kies?
Ek onthou dit en ek het al veel erger goed op facebook gesien.
Ek het ook so gedink
Daai sitplekoortreksel voer my gedagtes terug. lees hier https://pasella2013pasella.wordpress.com/2010/12/06/lewies-wonder/
😜
Dit was srerk in die mode… ons het darem nooit een gehad nie