RSS Feed

Vrydag Byskrifte

Eish… ek dink daar slaan so effense ongeduld in my keel op. Maandag/Dinsdag kuier die dame by die betaalpunt so dat sy nie sien dan die tissues R290 registreer nie. Gelukkig kontroleer ek die strokie (ek doen dit nooit) Ek wag 20min dat sy dit regstel en kom tuis sonder die tissues… Eish …  Woensdag loop ek my voete plat, koop ‘n bloes en tuis is dit te klein. – Donderdag – geen moeilikheid en ek begin ontspan – Vandag is een van die koerante nie by my gunsteling Spar beskikbaar nie en die pakker gooi my eierbroodjie  dat die stukke so spat… Eish… die tydelike huishulp het die afgelope weke my orgidee al drie keer omgestamp… EN my  Tessa-hond se glas is dwarsdeur gekraak… Eish… mens kan net nie wen nie!!!

Dankie vir die inloer/deelneem. Jy kikker my lewe op! Lekker naweek.

1

17904230_1303142259774222_7330862160604354156_n

2

Salon-Funny-Vintage-Image

3

12871495_1024265610941894_6482611088267174117_n

4

17796419_1616957998331687_5008415887653213670_n

5

18034059_1630522053641948_653967804416666065_n

6

Kid-Lay-Down-On-Snake-Funny-Dangerous-Picture

Advertisements

35 responses

  1. Allemaal heel speciaal enopmerkelijk maar het danseresje spreekt me hier het meeste aan

  2. Nr 3 laat my lekker glimlag–ek dink dis enige kunstenaar se droom dat sy werke so interaktief moet wees. Die ou Chevvie wat so moedloos kop tussen die kniee, staan–ek ry nou my tweede Chev en ek hoop van harte hy gee nie so notice nie!

    • As kind het ons altyd krieket gespeel Die ford teen die Chev … grinnik… ek was nooit ‘n Chev nie (Fluister – hulle het my nie eintlik gekies om saam te doen nie)

  3. Is dit Charlize wat gaan branderplankry!?

    Klink omtrent of jou week nou lank genoeg is, Tina!

  4. dus het liep allemaal niet zo lekker
    als ik het goed begrijp

    1. lekker strijksurfen

    2. zo baasje zo hond

    3. met drie is gezelliger

    4. aan tafel

    5. kijken niet helpen

    6. ik hou het wel zonder huisdier

    fijn weekend wens

  5. Liewe land, alles het omtrent met jou skeefgeloop. Ek is ook skuldig om nie gereeld my strokies se bedrae te check nie. Mens vertrou hul so maklik.
    Ek hou van die ballerina. Cute. Lekker naweek vir jou.

  6. Jammer oor jou tee”spoede.
    6. tydelik buite
    5. oer chevy amper nog perdekar

  7. Klink my jy voel soos daai vrou met die strykplank!Toemaar die naweek gaan heerlik wees,Tina!
    Lekker gelag vir al jou foto’s.

  8. Volgende week gaan ‘n fantastiese week wees, want ek wens dit vir jou toe met my hele hart. Daai hond onder die droër lyk nie gelukkig nie 😳

  9. I would not want to dine with the crocs!

  10. Ik wens jou minder tegenslag en een heel fijn weekeinde.

    Vriendelijke groet,

  11. 1. Tina as jong dame vat die branders van Natal aan.
    4. Ons is almal befonk in ons koppe!
    6. Daantjie, hou op met jou kos speel! S-s-s-s-s-s-sorry ma….

  12. Die mense in 4 en 6 is glad nie wel nie …

  13. Ek soek die luislang. Dadelik asseblief…

  14. Tina jy moes in die bed gebly het!!!
    Soveel durf het ek nie om te eet waar die mensvreters rondswem nie. Eish 🙂

  15. Nr 1 Ek gaan die “rip tide” uit stryk
    Nr 5 ‘n Afrika Rolls Royce
    Nr 4 Middagete is aan tafel.
    Geniet jou naweek.

  16. 6. So lui lekker op ‘n luisslang!

%d bloggers like this: