So Sondagmiddag kan mens darem baie lui maak. Die werkers is weg vir die naweek en hier op die Landgoed is dit stiller as stil. Mense het langs my ingetrek en nou is daar net een woonstel leeg. Ons kom ‘n lang pad van 4 jaar gelede …
Ek hoop jy het ‘n heerlike lang naweek en dat daar ietsie vir jou wenslysie is by die kopies. Moenie vergeet om te glimlag nie.
Ons moet darem ietsie tjoklit vir Paasnaweeki hê
Dalk is dit tyd vir ‘n nuwe swembroek?
ik val voor de metalen dieren met bloemen.Ik heb er een mooi plekje voor in mijn tuin
Ja die volstruise is pragtig
Sjoe – ek hou van die engel? met die vlerke. Nogal dinamies. Toe ek by die foto kom met die mankinis het ek vinnig verby geblaai, was bang my man dink ek kyk na kaal manne (hie-hie) hy lê agter my op die bed …
Hehehe toemaar FB wou dit nie plaas nie … hulle kies self watter foto verskyn en toe sluit hulle die blog … ek is nogal geammuseerd want darem nie so erg nie
Menz vermoed dat menzseMan sal weier om so ‘n “mankini” te dra … 😀
Hehehehe ek neem haar nie kwalik tot FB het my blog geblok omdat hulle die foto gekies het om te wys …sug…
Ek wil ook een van daai swaaibanke hê. Dink net, as ons elkeen so een op ons stoepe het, kan ons darem heerlik oor en weer kuier.
*fluister * my stoepie is te klein
Myne ook 😞 Ek het darem ‘n bankie, ene wat ‘n vorige huiseienaar in Gauteng vir my nagelaat het, duidelik verkry van ‘n spoorwegperron. Onthou jy nog daardie ou bankies met die gegote ysterpote wat in ons verlede op die peronne gestaan het sodat mense daar kon sit en wag vir die trein? Ek gaan fotos neem en vir jou wys.
Ooo dis ook heerlike banke daai … mens kan nou nie slaap op die bank nie maar ‘n lekker kuier uitpak!
Dis presies wat ons doen as die weer lekker is!
Leker!
Sien fotos van my tuinbankie. Nou nie so ghrênd en gemaklik nie, maar baie geliefd. https://hesterleynel.wordpress.com/2017/04/17/op-hierdie-bankie-sal-ek-my-gat-maak-sit/
Ek stem!
als de bovenste mooie meid van chocolade is
in plaats van de paashaas , doe mij die dan maar
fijne paasdagen
Geniet
doe ik 🙂
Dink jy moet die rok vir Net Ek gee, want sy is boekwurm📚
Ek hoop sy kom lees hier
Sal haar sê daar is rok vir haar op jou
Daardie stoep se swaaibanke ! Kan net ‘n fees wees, nogtans is al die inkopies interessant.
Mens moet ook ‘n groot stoep hê
Love the book dress – I would like to have one of those 🙂
Aha dis nou lekker om jou te sien Hoop dit gaan goed? Jy is skaars?
Ek het baie werk op die oomblik 😦
Dis goed … dan rol die geld in
😀
Ek sal moet iets se oor die bibliorokkie. Dis oulik, maar in my staat van emeritaat geval die stoepswaai my meer!
As jy die rokkie vir Vroutjie koop en sy sit langs jou op die bank gaan jy baie gelukkig wees.
Eish! En die maan kom op en die musiek is na onse smaak en die rooiwyntjie vonkel skalks in die sterlig! Boetjan!
Hehehehe … hier sal die koue julle injaag!
Ek dink daai lotjie in die swempakkies sal ‘n bietjie werk moet maak met hulle winterlyfies! Stuur my hul adres sodat ek vir hulle boeke kan pos!
😁Reg Toortsie jy moet besigheidsgeleentheid raaksien
Hehehe sy gaan haar hande vol hê
Hehehehe … hoe lekker laat jy my lag Jy sal hulle sake vir hulle werk
Jajaaa!
Ek sal ook vir die swaai gaan. Net heerlik lê, boek in die hand maar dalk is die oë reeds toe. Die sjokolade; hoe kry jy sulke mooie kuns ge-eet!
Dis sjokolade sal nie altyd mooi bly so mens moet maar eet?
Ag ok dan, kom ons eet dit op.😊
Ek stem!
Had ik een veranda, ik zou de schommelgang kopen.
Nu regent het teveel.
Vrolijk Pasén.
Vriendelijke groet,
Ja dis pragtig nê Lekker naweek