RSS Feed

Wanneer/As die President bedank…

Hierdie is nie ‘n navorsingstuk vir ‘n studie nie. Ek stel net belang in jou mening en wil nie ‘n argument begin nie.

Ek wonder :

  1.  Word die president dan weer ‘n gewone LP (van watter kiesafdeling)?

  2. Hoeveel van my belastinggeld gaan dan bestee word aan die nuwe president se huis?

  3. Hoeveel ministers gaan ook hulle poste verloor as hy bedank?

  4. Hoe lank sal dit neem voor dinge in die land gaan verbeter? Of sal die korrupsie maar voortgaan?

  5. Dalk word die president hierna ‘n ambassadeur? Watter land?

Ek hoop jy het ‘n mooi Paasnaweek – wees veilig en onthou om te glimlag …

17457472_1864004257202018_286081721155147336_n

12936539_1262733353754155_8108052895731149801_n

15940416_1088494054594510_9076788020675168377_n

16473415_1388689001202457_8218896422086684482_n

17265074_10155022964605070_5438911018902143523_n

17796842_1852626791663821_1252012249878976565_n

17498662_1937892413111143_3296760185480461319_n

 

 

Advertisements

42 responses

  1. So het elke land sy politieke probleme. Sommige net meer afbrekend as opbouend. Ek hou duime vas dat Z gelig wor uit sy posisie. Lekker paar grappige prente! Ek kom agter met my nuwe kar dat hy nie rerig eerste keer as ek parkeer reguit wil staan nie! Ha ha.

  2. Jy maak my maag onrustig met jou moeilike vrae!

  3. Ek gaan moontlik nog daaroor blog maar het verlede Vrydag aan ‘n protesaksie deelgeneem. Ek het het ‘n plakkaat gemaak met hierdie woorde:
    My president
    has my vote
    to become ambassador to India.

    Maar nee ek dink nie my ondersteuning sal hom inspireer nie. die toad away prentjie het ek ook geniet. Daar is ‘n rekenaar speletjie van ‘n padda wat gekleurde borrels met sy tong vang en die padda eb speletjie se naam is Zuma….

  4. Daardie parkering een is goed gedoen!!! Weet nie of dit humor of sarkasme is wat daar praat nie 🙂

  5. mogge Tina
    ik zal aan een inhaalslag beginnen , was minder aan de pc
    nu aan de politiek zal niets veranderen , de 1 weg de volgende staat al klaar en de gewone man betalen maar
    maar de glimlach heb je gebracht 🙂

  6. Die eerste foto….superrrrrrrrrr .Vrolijk Pasen

  7. Die laaste 2 is uniek! Ek hoor Bertus haal vandag iemand aan wat glo gesê het dat as jy nie vrae vra nie, is dit omdat jy dom is. Dis soos ek voel oor die land. Ek vra nie vrae nie, en aanvaar ek is dom.

  8. Ook al zou ik kommentaar op het artikel hebben, als buitenlander zou ik het hier niet geven. Wél wil ik een aardigheid vertellen bij het zien van de “Man te koop” advertentie:
    Een man geboren in de jaren 50 kijkt naar een tv toestel uit de jaren 60 en zegt:
    “Weet je nog wie ik ben? Ik was de remote control !”..
    Paasdagen-met-een-glimlach en, zo mogelijk ook mooi weer, toegewenst.
    .-

  9. Niks sal verander nie…’n hele klomp staan gereed om sy plek langs die krip te vat!
    Mal oor die parkering…verstommend hoeveel mense so stop😬

  10. Man te koop, hahaha. Wonder of daar darem ‘n aanbod was?

  11. Die struktuur vir korrupsie is gevestig. Ek glo nie dit sal ooit ophou nie. Ten minste kan ons lekker saamlag vir die fotos wat jy plaas!

  12. Menz vermoed onse president beplan om die volgende Mogabe te word …

  13. O griet … as Zuma bedank? Hoop nie die tjoekie is dan naby nie.

    Aaag, die verkleurmannetjie en vroutjie is die beste! Hy het ten minste ‘n oplossing, baie ander manne het nie. Love die “toad” sign ook.

  14. Thanks vir die lag, dame!
    Heh. Die engiste ding wat Zuma moet doen is gaan vrot in Nkandla en die land uitlos.

%d bloggers like this: