RSS Feed

Monthly Archives: Februarie 2017

Om te gee en te ontvang

“One must be poor to know the luxury of giving.” ― George Eliot

Ek het gister die aanhaling aan my eie lyf gevoel. ‘n Jong vrou het vir my eers van haar toiletpapier afgerol om om my bebloede vingers te draai, na ‘n val (voor die drankwinkel nogal) Toe ek uiteindelik op is, het sy bietjie afgerol en die res van die rolletjie vir my gegee. Ek sal haar nooit weer op straat herken nie, maar hierdie geskenk raak my in my diepste wese.

Hoop jy het ‘n lekker naweek!

3253342-most-people-are-generous-the-poor-quotes