RSS Feed

Sondag Kopies

So van tyd tot tyd kry mens nog ‘n skooldroom. Ek droom gisternag ek is by die kermis verantwoordelik vir die soenstalletjie  – vir R2 mag jy iemand gaan soen. Daar is niks  – nie ‘n stoel, tafel of iets wat aandui wat my stalletjie is en ek kry net niemand wat belangstel nie.  Al die jare het ek die spookhuis gekies en ure bestee aan grillerige spinnekoppe en goed maak. Onshet altyd ‘n kis geleen en voor die tyd die storie versprei van die man wat dood is onder die saal se vloer. Ai ek het heerlike herinneringe van die amper-tieners se entoesiasme om die spookhuis te beman.  Dit is egter net so lekker om te sien hoe hierdie ampet-tiener-spoke in sulke oulike volwassenes ontwikkel.

Ek dink die kopies die week het meer om oor te glimlag as om te koop, maar dis ook goed. Lekker Sondag vir jou!

teepot

16299280_774270402730360_1091657221536446524_n

16195651_1800074516912125_8675021979037996420_n

16406854_773648322792568_6240848862834880722_n

16387987_1271078932948343_6780205795577847117_n

jeanpant-skoene

16406511_1883549701861084_5880808247011718782_n

15726751_1505984869429001_8414203987141310815_n

 

Advertisements

34 responses

  1. Daai boonste foto gee nuwe meening aan die deurtrekker term! 😉

  2. nee dat mis ik echt niet 🙂
    heb op fb een fototje gezet om de oud collega’s te plagen 🙂

  3. Ek is ook beindruk met daardie automaties vuurhout voer.
    ‘n Wonderlke koskas!
    Ek wonder hoeveel wors is op daardie rol? Die lengte van die gewone tuinslang — sjoe!

  4. Ek is laat, maar hier. Daai laaste foto van die vuur het my nogal laat wonder. Of dit is’n oulike idee, as jy nie heeltyd kan vuur stook, of dit is ‘n vlop!
    Lekker dagie vir jou!

  5. hoe zo is het weer vreemd
    hier komt de winter weer ff terug bbbrr

  6. Og nou gaan ek drome droom oor daardie huisie in die agterplaas! Ek vind die koskas uiters indrukwekkend hoor – ek kan hoor hoe werk die ratte in my kop soos ek planne maak…

  7. Sjoe, daardie hutjie in die tuin sal my goed pas! Wat is die vroulik van ‘n “man cave”? Daar moet natuurlik ook net ‘n yskassie wees vir my laatmiddag G&T….
    Daardie gebreide bikini sal my laat jeuk op ongemaklike plekke
    Ek love die koskas! Alhoewel ek so een soek vir al my arts en crafts.x

  8. Hoe wens ek ek het ‘n nuwe toilet deksel dan kon ek hom vanaand op my man uitprobeer het. Sal graag sy gesig wil sien. 😀😁😂

  9. Ons het ook die kis en “onder die saal se vloer” gedoen, dit was groot pret!!! Ai ek raak sommer nostalgies en ek voel bietjie jammer vir die kinders van vandag wat uitmis op sulke goed.
    Tina dai wors en die gehekelde swembroek…

  10. Die gebrek aan iets om die produkte op die spenskas se deure veilig te hou as die deure te vinnig oop of toe gemaak word, jaag menz se OCD gillend die heuwels in ….

  11. Wat een lollige foto’s.Ik lach me een kriek..De man met de WC bril,de jeansbroeksleffers en zo’n, heerlijk open tuinhuisje zet ik dadelijjk op mijn verlanglijstje maar van het badpak moet ik niets weten ..het jeukt en rekt verschrikklijk uit als je er mee in de zee zou gaan.

  12. Willie die bikini hê nie, maar kan ek asseblief die lyfie kry?

  13. Terwyl al jou varkies nog op hok is , moet jy tog n opinie waag oor watter benadering lewer die meeste welaangepasde volwassenes 1. streng/patriagaal (Dweepmuslim en Dweepchristen
    of.
    2. stelgoeievoorbeeld/laathulleself foute maak/onvoorwaardelike liefde.

    • Beslis die tweede Met die eerste het die onderwyser gepraat en kinders moes luister Tot ek het kinders geslaan waaroor ek baie skaam is.
      Met die tweede kon kinders ‘n mening uitspreek Dit was verstommend Tog is daar gevaar in te veel vryheid ‘n Hele geslag het deur die krake geval

  14. Die spens-kas, sit my naam op asb. En die laaste kontrepsie, dis briljant…as dit werk. Wonder net of die stompe mekaar nie almal aan die brand gaan steek nie? xxx

  15. en hoeveel rand heb je bij elkaar gezoend 🙂
    niets nodig deze zondag
    geniet de dag

%d bloggers like this: