RSS Feed

Om te gee en te ontvang

“One must be poor to know the luxury of giving.” ― George Eliot

Ek het gister die aanhaling aan my eie lyf gevoel. ‘n Jong vrou het vir my eers van haar toiletpapier afgerol om om my bebloede vingers te draai, na ‘n val (voor die drankwinkel nogal) Toe ek uiteindelik op is, het sy bietjie afgerol en die res van die rolletjie vir my gegee. Ek sal haar nooit weer op straat herken nie, maar hierdie geskenk raak my in my diepste wese.

Hoop jy het ‘n lekker naweek!

3253342-most-people-are-generous-the-poor-quotes

 

Advertisements

34 responses

  1. Een ongelukje ligt soms op een klein plekje en als er dan iemand hulp biedt, ontroert ons dat erg.

  2. Seker, as jy nou iemand vind wie dringend toiletpapier nodig het, sal jy nie twyfel om te gee nie. Natuurlik moet jy dus in die toekoms ‘n rol in jou broeksak hou.

  3. Daar is niks wat my so angstig laat voel as val nie..soos in nerwe af, daardie soort val nie! Dan is jy nogal so eerlik en vertel waar jy geval het, ek aanvaar doodnugter ook nog op die koop toe.. Ek het empatie, ek het ook geneigdheid om soms onwaardig tot ‘n val te kom . voor ons hek eendag.. net na Nagmaal gebruik… hmm . Laat weet hoe dit gaan .

  4. Laat mens ook besef met hoe min daar tog gewoeker kan word en dan natuurlik die mededeelsaamheid wat ons so graag net doen wanneer ons lus voel. Hier was nie n dink aan ooo ek het nog net n halwe rolletjie oor, ek gee die beseerde die res van dit wat ek het.
    So n vallery is maar nie aangenaam nie. Bly jy kan darem nog bestuur.

  5. Sy is ‘n ligstraal in ons donker wêreld waar ons soms so vergeet dat klein ‘random acts of kindness’, groot impak kan maak…

    Jou artikel het my dag gemaak… ek lief om van goeie dade te lees

  6. sjoe klink of jy hard geval het! vra tog asseblief as jy hulp of simpatie nodig het! Daar is tog dierbare mense – die engele tussen ons. Jou storie vat dit mooi saam.

    • Ek het dadelik besluit ek gaan gewig verloor sodat daar minder plek is vir blou kolle Ja ek bid vir haar ‘n spesiale voordeel. Mens kan nie dink dat toiletpapier nuwe betekenis kan kry

  7. een mooie en goede spreuk boven aan
    als ook het plaatje is maar al te waar
    hopelijk is het weer beter met je hand
    fijn weekend gewenst

  8. Sjoe Tina, dít is nou ń ware woord. Is jy darem ‘ok’?

    • Ja wat daar is groot dankbaairheid want ek kon in ‘n ambulans daar weggeneem wees en dan allerhande probleme soos wat word van jou kar en wat maak mens as jy iets breek en nie kan bestuur nie. ens. ens.

  9. Sonder warm kan mens nie koud waardeer nie. Dieselfde met ryk en arm.

    Hoop nie die skade is te groot nie.

  10. Jy gee seker nie om dat ek geglimlag het oor die val voor die drankwinkel nie. Vertrou jy het jou nie te seer gemaak nie. Dit was ‘n pragtige gebaar!!!

  11. Ag siestog Tina.Ek hoop jy is beter.Jy sou seker nooit kon dink dat iemand met ‘n toiletrol jou so dankbaar sal laat voel nie!

%d bloggers like this: