RSS Feed

Trolle

Die lewe is voorwaar nie vir sissies nie! Ek het in 2005 op Mweb begin blog en het later na Litnet geskuif.  Deur al die jare moes ‘n mens jou stappies mooi kies om buite die bereik van die Trolle te bly. Soms het mens gewonder of daar ‘n menslike wese saam met die persoon in dieselfde liggaam woon. Ek is van dinge beskuldig wat ek moes Google om daaraan betekenis te gee. Gelukkig was ek ‘n sterk baba en het op die harde manier geleer om die sosiale media, bloggers en hulle menings te sien vir wat dit is … net ‘n mening.

Ek kan egter nie glo die Trolle soveel plesier uit ander se ongemak kan kry. Waar is die siening dat elke mens iets goeds in hom/haar het? Hoe kan mense hul koppe snags rustig neerlê as hulle ander benadeel het?  … sug… miskien leef ek in ‘n feeparadys en is die wêreld gevul met baie gewetenlose mense.

Nee… dis te neerslagtig. Miskien moet ons liewer glimlag.

15380557_1491605807533574_6029527846531045141_n

15873272_1181154591939340_786085283637131391_n

12472265_865918050173593_3638577364741365145_n

15895178_10158739220725377_2487535492795588774_n

16114444_176918802789161_9086910450352180030_n

16142700_1384868421572286_7696621799147854265_n

Advertisements

55 responses

  1. Ja-nee kyk… my eende is ook V*&~#@en besimpleld! Dankie, ek het wer lekker gelag!
    Ja… jou raat is goed… laat ons maar eerder glimlag! 😉 😛 o_O

    “Always forgive your enemies; nothing annoys them so much.”
    ― Oscar Wilde

  2. Askies, ek is rerig blonde, wat is ‘n trol? Is dit negatiewe mense wie se glas altyd halfleeg is, is dit mense wat mense se menings verguis? Askies ek sit nou net en wonder.

    • Nee n trol is ‘n blog gogga wat mense beloer en skinder en skoor soek ‘Hulle kaap blogs en gesprekke en groei in mislikheid Dis mense wat lekker kry as bloggers ongemaklik is. Mens kan nie dink dat normale mense die vorm van ‘n trol kan inneem

  3. Oeee die omie by die dokter dra die kroon!

  4. dank je Tina
    fijne avond groet

  5. Ja. En danksy jou aamoediging het ek ook oorgekom na wordpress. Ek was nog nooit spyt daaroor. Dit is jammer dat mense so wegraak. Ek dink ek raak ook soms weg … Ek sal ook daarvan hou om op die desserted Eiland te beland.

  6. Se my net wie dit is wat jou so tempteer, Tina! Niks wat so lekker werk as bietjie van sy eie medisyne nie.

    • Nee niemand Gelukkig is die tyd verby. ‘n Vriendin van my is net aangeval op ‘n FB groep toe onthou ek daardie tyd. Ek het gewoonlik hulle stil geswyg… darem soms gewerk

  7. bij jullie de fazant schaars , bij ons de leeuw
    maar de glimlach was er hoor , voor alle platen 🙂

  8. Good stuff on your blog.
    The crocodille is my choice

  9. Dink dis die anonimiteit wat mense so varkerig laat optree. Ek bewonder WordPress vir hulle puik tegniese ondersteuning en positiewe bloggers-etos!

  10. Die ou oom wat sy vrou so getrou besoek al ken sy hom nie is n pragtige voorbeeld van omgee vir jou man/vrou/lewensmaat. Is trolle weer besig om jou te terroriseer?

  11. Hou aan jouself wees en bogger die res. Mense is selfsugtig en gun mekaar niks nie… Mens moet sulke mense nie krag gee nie.

  12. Ou wyse veteraan wat geen troll gaan onnerkry nie.

    2017-01-31 12:35 GMT+02:00 rondomtaliedraai :

    > rondomtaliedraai posted: “Die lewe is voorwaar nie vir sissies nie! Ek het > in 2005 op Mweb begin blog en het later na Litnet geskuif. Deur al die > jare moes ‘n mens jou stappies mooi kies om buite die bereik van die Trolle > te bly. Soms het mens gewonder of daar ‘n menslike wese sa” >

  13. Monica Lewinsky het n fenominale toespraak oor die onderwerp gelewer.

  14. Ek het ook nog geen trol hier ervaar nie.Ek dink dat sulke mense ‘n selfbeeldprobleem het.Dis dieselfde as boelies.Dankie vir die lekker lag,veral die paddas op die krokodil se rug!

  15. Yes! Lekker het ek nou gelag, en tog, nr 1 en 3 is waar en diep. Die uber een is my gunsteling.☺ En dan jou skrywe. Vir my bly dit ook ondenkbaar dat iemand willens en wetens ñ ander sal seermaak. Hoekom.

  16. Die trolle is oral … op FB en in die “real life” ook. Sooner or later, gaan mens met hulle moet deal.

  17. Ek weet nou nie van eendjies nie maar my bont vrkie raak net so gereeld weg!

  18. Heng Litnet het n heleklomp gehad – dit was aaklig. Ek ervaar dit rustig hier.

%d bloggers like this: