RSS Feed

Onvoorwaardelik

dscn7785

Ons hou elke middag met koffiedrinktyd die geelvinkie dop, wat nou al by sy vierde nessie is. Hy bou so fluks en sing en roep met soveel oorgawe dat mens hom jammer kry, omdat daar nie ‘n wyfie in sig is nie. Dan na ‘n paar dae breek hy dit weer af en begin van voor af bou.  Dis wonderlik om die proses dop te hou – daardie eerste knoop is voorwaar ‘n wonderwerk.

dscn7784

dscn7984

dscn8179-2

Die wonder van die natuur laat mens besef dat niks ooit regtig onvoorwaardelik is nie. Die nessie is slegs ‘n sukses op voorwaarde van ‘n wyfie. Aan alles in die lewe is voorwaardes gekoppel. Vriendskap, liefde, belangstelling, verhoudings en ook negatiewe goed soos vyandskap en oorlog is aan voorwaardes gekoppel. Elke saak het selfs meer as twee kante en die lewe bestaan uit meer as 50 shades of grey .   Onvoorwaardelikheid is sekerlik volgens my  die mees overrated menselike eienskap – juis omdat dit nie bestaan nie.

dscn8184-2

41 responses

  1. Wonderful photos, Tina. The ladies really give their men a rough deal. 🙂

  2. wandeling is uitgesteld
    morgen ben ik hier aan de wandel
    zaterdag zo het er nu uitziet , in een ander deel van het land

  3. Voortreflike fotos, Tina! En dit illustreer jou punt perfek!

  4. Nee, dit bewys dat vroumense nooit tevrede kan word! Kyk net hoe kla sy oor die breiwerk!

  5. Wat een kunstenaar.Prachtig nest en prachtig gekleurde vogel

  6. Dit hou hom uit die kwaad soos om bv my bos se rooibkomme te sit en afbreek – soos dit vir my lyk sommer uit skone lekkerte van die daad. Die fotos is pragtig….. en om eerlik te wees kry ek hom skoon jammer.

  7. Love these beautiful bird capture! 🙂

  8. What an mazing bird and nestbuilder!! I would love to have tea with such company too. Great photos!

  9. Your shots of the weaver bird are beautiful.

  10. Pragtige fotos. Vinke is nog altyd spesiaal vir my. As kind, veral in Hammanskraal kon ek ure buite sit en die pragtige vinke bewonder

  11. Al lyk dit hoe moeilik dit is nog makliker as om met bouers te sukkel!

  12. Pragtige foto’s, kyk hoe verkeerdeveer hang die outjie in die derde foto. Dalk as mensemanne so hard aan hulle nes moes werk, sou hulle dit nie soms so onbesonne verlaat nie?

  13. Jy het my nogal aan die dink…
    Pragtige foto’s

  14. Jy het die nessie bouery so pragtig gevolg. En jou skrywe saam met dit, nogal waar.

  15. Heel waar as mens dit so bekyk. Pragtige fotos.

%d bloggers like this: