RSS Feed

Van alles en nog wat…

Vandat ek afgetree het, is daar meer tyd om oor goed te wonder… nie dat mens regtig antwoorde soek omdat lewensbelangrik is, maar sommer wonder …. en wonder … en wonder.

  1. Waarom is sommige winkels se diens so treurig, as daar ander is waar die betaalpunte almal oop is en die diens flink vriendelik en uitstekend is? Is daar nie inspekteurs wat na die goed omsien nie?

  2. Is daar iewers in die hele wye wêreld ‘n man wat nie eers deur sy ma en daarna deur sy vrou bederf is/word nie?

  3. Word mens klaerig gebore… ek wonder altyd of ander mense my ook as ‘n klaagster beleef?

  4. Vra jy maklik hulp met iets wat jy nie regkry of sukkel jy maar tot iemand aanbied om jou te help?

  5. My kar se wiel was nou al van Vrydag af pap en ek het besef dar ek as ek brood het vir ‘n lang tyd sal kan leef.  Watter kossoort wil/sal jy nie sonder kan klaarkom nie.

A-nee-a dis darem te ernstig. Ek is seker jy sal bietjie saam met my glimlag.

15966067_1383813471677781_8280175981984102465_n

15976931_1383309691728159_7238489230680370398_n

15241338_1479580268736128_3621059439149780414_n

15977154_1383184315074030_218441896109512862_n

16105585_1384059454986516_1482424670428281731_n

14947614_1120719297983683_8438187823723837687_n

Advertisements

49 responses

  1. sit jy ‘n glimlag op my gesig terwyl ek eintlik ernstiglik moet werk!

  2. 1.Waarom is sommige winkels se diens so treurig, as daar ander is waar die betaalpunte almal oop is en die diens flink vriendelik en uitstekend is? Is daar nie inspekteurs wat na die goed omsien nie?
    –Winkelbestuur wat rerig iets beteken. wat oplet en motiveer en “hands on” is.

    2.Is daar iewers in die hele wye wêreld ‘n man wat nie eers deur sy ma en daarna deur sy vrou bederf is/word nie?
    — Uit amper 7 Biljoen behoort daar sekerlik ‘n paar te wees.

    3.Word mens klaerig gebore… ek wonder altyd of ander mense my ook as ‘n klaagster beleef?
    — A. Nee.
    — B. Ja! … hahaha

    4.Vra jy maklik hulp met iets wat jy nie regkry of sukkel jy maar tot iemand aanbied om jou te help?
    — EK vra!

    5.My kar se wiel was nou al van Vrydag af pap en ek het besef dar ek as ek brood het vir ‘n lang tyd sal kan leef. Watter kossoort wil/sal jy nie sonder kan klaarkom nie.
    — Protein shakes en koffie! hahahah!

  3. Die apie is my gunsteling! Waarsonder sal ek nie kan oorleef nie…. Woolies se hoendersosaties dalk?

  4. Ek hoop jou kr se wiel is al reg Tina, want van brood en water kan jy nie leef nie – ander saak as dit LIEFDE, brood en water is, lol 🙂
    Hoekom wonder Tina nie of is daar erens n VROU wat nie bederf word nie??? *smile*
    Meeste mans word verdomp bederf!

    • Ja dankie… ons kry darem middagete op die Landgoed en dit verander dinge aansienlik

      Ek verstaan maar daar is meer bederfde mans as vrouens en ek dink vrouens kan dit beter wegsteek!

  5. Ek hou van die moderne versies

  6. Ai ek het nou lekker gelag vir die nuwe “Mary had a little lamb”!

  7. Thanks a lot things to laugh

  8. The house value is a good one 😆

  9. binnenkort weer nieuwe foto’s op nieuwe fotoblog , kan je van mooie winterse beelden genieten 🙂

  10. Hoe ben je aan die laatste foto van mij gekomen?

    Vrolijke groet,

  11. Pap wiel ? die spaar ? Dankie, lekker gekyk na die grapprente.

  12. Ek is ‘n karnivoor. Vleis. Maar as ek gereinkarneer sou word wil ek ‘n vegetarier wees.

  13. Spisgetti……….

  14. POMP DAAI WIEL!
    Jy laat my dink… Die vrou mail my nou die dag: Ons moet vandag die band gaan pomp. Ongelukkig het my brein tappit getrek en gedog sy sê ons moet ‘n rock band gaan seks he mee…

  15. Braaibroodjies met kboffelbotter

  16. Korrelkop Kahuna

    ‘n Band wat te lank pap gelos word kan skade aan die sywande opdoen. Dit raak nogal ongemaklik wanneer daardie band dan bars wanneer jy teen 220km/h by Vrydagaand se straatresies jaag.
    My se ma was nogal kwaai en het my nie te veel bederf nie, maar gelukkig maak die van Helsdingen op! Ek vrek eerder voor ek vra (dit sluit aanwysings in!)
    Ek het genoem dat ek bederf is né? Oorlewing sal dus vir my maar ‘n moeilike saak wees, maar ek dink brood, pasta of mieliepap. Boeliebief en suikermielies…en ‘n flentertjie rooivleis sal my darem seker kan deurtrek.

    • Hehehehehe ek is seker jou van Helsdingen jou in die sak en bo toegebind. Julle is nog lekker jonk maar ek dink as een die ander moet verloor sal die een baie swaar kry. Daar is min mense wat mekaar so lekker aanvul soos julle twee.

  17. Aartappels. Ek sal daarvan kan leef, vir ñ lang tyd. Vra hulp met die wiel, mans “love” dit om ñ “damsel in distress” te help. Moenie net brood eet nie, liewer ñ paar aartappels tussen-in vir afwisseling. Die “memory” een, die huis opsomming en die rympies, dit het my behoorlik aan die giggel.☺

  18. Jy sal by n inspekteur moet gaan kla maar shuuuuuuttttt hy slaap. Dis glo nie goed om jou motor met n pap wiel telos nie verstaan ek van iemand wat alles weet 🙂

  19. mensen zullen altijd wel wat te klagen hebben , ik doe er niet aan mee
    want het helpt toch niets , ik vind het zonde van de energie
    de glimlach is er voor elk plaatje 🙂

%d bloggers like this: