RSS Feed

Sondag Kopies

Dis tog interessant hoe mense se geheue werk.  Hier op die Landgoed word daar meer as op ander plekke vergeet. Stories word herhaal en mens hoor gereeld: “Sê my as ek die storie al vertel het” – soms doen mens dit, maar gewoonlik laat jy die persoon maar weer toe om die storie te vertel. As dit jou gaan irriteer moet jy weer dink, want dit sal nie verander nie.

Wat my wel grensloos irriteer is mense met ‘n selektiewe geheue – hulle onthou net dit wat hulle sak en leefstyl pas! Ghrrrrrr jy vergeet wat jy geleen het en as ek dit terug wil hê, moet ek daarvoor vra…

Wag, miskien moet ons liewer na ‘n paar kopies kyk. Ek hoop jy sal tenminste glimlag as daar niks vir jou wenslysie is nie.

10313536_1192330217461136_5021150581337545836_n

14915141_583634115170167_3746372140160767562_n

12687943_929302443813946_3374331408613067507_n

15056230_1181515825261549_7520179315649144042_n

15027781_1129033607174161_9045960722410789298_n

d0c476fbe6ce88b3b9735b5fccd2c378

15541596_1494392320588256_7445938241811799618_n

12190026_887002661377258_3776928484801548479_n

 

Advertisements

29 responses

  1. The piano storage unit made me smile, but I won’t be doing that with mine any time soon. 🙂

  2. Heel prettig om te bekijken.Waar haal je dat toch steeds.Doe mij maar een handtas met een kraantje,veel gemakkelijker dan een blikje meeslepen.

  3. Die kruiwa…klink my hy is uitverkoop. Die “constipation candy”… gaan beter proe as my kasterolie wat so nou en dan uitgepluk word. Die handsak…ek het reeds een. Die vrou op die scooter, ek “love” die idee, wil ook so ñ blomme rok kan dra. Maar die girl in die tentjie effek, dit is die wenner. Om afgesonder te kan sit tussen chaos. Ek moet so een vinnig kry.

  4. Ek is skuldig…née nie aan die leen nie maar as iemand my reeds 17 keer n storie vertel het sal ek se o Ja toe so en so gebeur het, dit was baie snaaks/insiggewend/interessant of wat ookal. Die kruiwa het nou n baas.

  5. Die kruiwa met blomme pas die seisoen, ek sal dit vat dankie!

  6. Huh… ek het wat geleen?? 😉

  7. ben het met je eens , selectief geheugen van velen is vreselijk
    nodig niet , maar ik ga voor die heerlijke luie schommel stoel 🙂

  8. Die vingerhond is heel kunstig. Wipstoel pragtig.

  9. Jy kla oor mense wat leen en vergeet. Kom ons leer by die Skotte . Die Hollanders het ook heel nugter die Dutch sisteem waar elkeen vir sy eie eet en drink betaal. Miskien verlang die weduwees na Huishoof- verskaf- alles. Eenrigting Kersvader irriteer my ook.

%d bloggers like this: