RSS Feed

GGgggrrrrriiillll…

Goed ek is so lojaal soos die volgende persoon teenoor die SA sportspanne en moenie my verkeerd verstaan ek ek hou van mans. Mans is is wel die vreemdste wesens op hierdie aarde, maar ek is dol oor hulle.

Wat my egter laat gril tot in my diepste bloedgroep is dit mans se gebruik van liggaamsvloeistowwe. Vat nou vir Faf du Plessis wat sy lekkergoedspoeg aan die bal smeer. Wat het sy ma vir hom geleer? GGrrilllll … weet hy nie iemand anders moet aan daai spoeg vat nie … en wat van die volgende een wat sy spoeg aan die bal smeer… Hulle lek die vinger nat, vryf die bal en lek weer… eeeeuuuuwwww … wat van die ander ou se spoeg? Nee man… neee…

Ek moet nie begin met die rugby – behalwe van die sweet wat hulle so mildelik aan mekaar afsmeer, is daar van hulle wat op die veld spoeg en dan rol die ander daarin… hoe grillerig is dit nie?

Daar is nog baie, maar ek sal hou by die laaste groot gril … mans wat buite in die tuin gaan piepie … môre vroeg oggend gaan vroutjie blomme pluk… eeeeuuuwww nee – nee -NEEEEEEEEEEE!

Miskien moet ons liewer glimlag

922793_1188857114475113_6117448303726124396_n

12313692_898398006904390_221277452365896360_n

15220107_10154422953872535_1882104222167172530_n

15241338_1479580268736128_3621059439149780414_n

14915261_1889124134649170_1999525516966683040_n

14962560_1443389165688572_5260981582825754166_n

15181145_1780057085590226_59926990513793210_n

Advertisements

44 responses

  1. Fijn dat hier altijd wat gelachen kan worden

  2. Ha ha ha!!!!! Jy het heel duidelik nog nie ‘n blou film van ‘n dag oud gekyk nie!!! 🙂

  3. ja met de kerstdagen in zicht zijn de reclame folder pakketten erg dik pppfffttt 🙂

  4. Daai outjie wat tjoklits eet in die taxi – hy het een van die groot waarhede in die lewe ontdek.

  5. Ek het nou kliphard gelag vir die Brakpan noot!

  6. van het hele verhaal begrijp ik dt het een vies verhaaltje is over lichaaams vloeistoffen
    maar alle plaatjes brachten ook een glimlach 😉

  7. Ja wat, die liewe manne tog! Dit gaan nou met die iPads ook so. Handjies eet en lek en vingertjies druk of skuif die pyltjie. Die iPad vensters is altyd vol vingermerke. O en vergeet van neusgrawe- dis rerig grillerig.

  8. Ek gril ook vir jou gril! Ek het van due Adult grappies gehou, maar die twee op die motorfuets vat die koek!
    Dankie dat jy my laat lag!

  9. Onthou maar die daë toe dit die gewoonte was om spoeg vir vriende en familie te stuur? Posseëls.
    Hoe is dit moontlik om die verskil tussen daardie note te sien?
    Waar is daardie twee-uur parkering? Miskien Boksburg.

  10. Het laatste bankbiljet zou ik met een glimlach accepteren …

    Vrolijke groet,

  11. Lag ek nou weer te lekker hier in my hoek! Net ñ beskeie punt maak…ek het in Brakpan grootgeword, en daai note lyk vir my nie te sleg nie?☺ Die House Hunters vrou, dis ek dankie. En die kouse, en die voice messages. Piepie tussen die plante, nee wat. Dis een van die mindere sondes. In my grootword dae het almal net een toilet gehad, so die manne moes maar uit.

  12. Guilty yo’ honour, aan daai dou van die lelie ene. 😦

  13. Grillerig verby!!! Lyk asof daardie twee op die scooter vet pret het 🙂

%d bloggers like this: