RSS Feed

35 dae single

Volgens ‘n lekker verspotte Fb opname sal die uwe nog vir 35 dae single wees. Die dae hardloop vinnig aan  – en nee wat ek steur my nie regtig aan sulke twak nie, maar die kommentare het baie plesier verskaf.

Daar is egter besliste voordele (en nadele) aan single wees. (Ek noem net ‘n paar)

  1. Jou bed is jou bed. Elke sentimeter is joune en jy kan enige liggaamsdeel daarop laat rus wanneer jy wil.
  2. Jou tyd is jou tyd. Niemand verwag van jou om jou tyd aan kosmaak, skoonmaak, tuinmaak of enige ander huishoudelike maaksels af te staan nie.
  3. Jou geld is jou geld. As jy nie genoeg het maak jy ‘n plan, as jy genoeg het, geniet jy dit en as jy te veel het hoef jy aan niemand te verduidelik wat jy daarmee gedoen het nie.
  4. Jou goed is jou goed en waar jy dit neergesit is jou saak.  Jy het niemand anders se goed wat jy moet versorg of oppas nie

Die nadele … wel ‘n paar is die volgende:

  1. Seks gebeur net op bladsy 2 van ‘n storieboek.
  2. Niemand kan die kar vat vir sy diens nie.
  3. Daar is niemand wat sy bankkaart vir jou leen nie.
  4. Daar is nie ‘n skouer wat jy kan nattjank met ‘n mooi fliek nie.

So nou kan jy self besluit wat jy ding is dinge wat kort op my lysies?  Ek hoor graag van jou.

Maar (skuus Lou) ek wonder of jy al geglimlag het?

14925324_1145141422235904_8868540951660647929_n

14705867_1430709860289836_7959495407067035260_n

14720372_1788189898116788_6333884798109341860_n

14915727_1860223924211326_7770167037946923884_n

preview-7420060-650x341-98-1478176341

14907001_1860379360862449_4637558653118086670_n14358717_1204743019571517_3906472812317247769_n

 

 

 

 

 

 

40 responses »

  1. Lekker lag ek, gaan die copy en paste en vir my dogter (single en boonop ‘n Veearts met ‘n vet pay, wat net hare is) wys…. sy sal dit beslis geniet… hoekom copy en paste? Want niemand weet ek blog behalwe julle hier en ek… dit is hier wat ek stoom-af blaas sonder dat iemand my die leviete kan voorlees…

    Reply
  2. Heel leuk vooral het standbeeld van David

    Reply
  3. Klink asof jy n lekker Kersfees present gaan kry, Tina!

    Reply
  4. Lekker gelag. Die voordele praat met heuning tong …

    Reply
  5. Ag, my ou maar maak my soms kwaad, maar as ek in die nag my hand uitsteek om te voel of hy nog daar is, is ek darem maar baie bly as ek hom raakvoel.

    Reply
  6. Ek is bietjie geskok dat jy my nog nie gekontak het om te help met jou haastige reelings nie, almal wat my ken weet ek is ‘n raakvatter. 35 dae gaan tight wees! Ek het ook die “toetsie” gedoen en het blykbaar nog 10 jaar van loshotnotskap!

    Ja daar is verseker voor en nadele. Ek het swaar aangepas na 22 jaar se getroude lewe. Ek dink ook party van ons is meer tropdiere as ander.

    Dankie vir die lekker giggel!

    Reply
  7. Ek het destyds in Bloemfontein (so 1988 of daar rond) eendag by die werk gekla oor my man wat nie sy vuil wasgoed optel nie, toe sê my departementshoof (‘n waardige, statige, goed opgevoede weduwee) vir my: “Ek wil nooit weer ‘n man hê nie, maar ‘n handperdjie sal lekker wees”.

    Reply
  8. Die van Helsdingen het na die troue aangedring daarop dat ek die rol van hoof van ons huishouding opneem. Sy is die nek…

    Reply
  9. Pingback: Lagmedisyne. – Bali Drome

  10. Daai Dawid sal maklik ‘n joppie kry in ons parlemint of poelieste …

    Reply
  11. Die hoenders is baie snaaks! Die staat van heilige eg pas my baie goed. Kleiner irritasies van saamwees is kruie in die bredie.

    Reply
  12. Die prentjies is heerlik snaaks,veral Dawid😂
    Ek dink jou lysies vat alles mooi saam.By elke situasie is voor- en nadele.

    Reply
  13. Ai, Tina,ons kan rasionaliseer soos wat ons wil, maar “Twee is beter as een…” (behalwe miskien as die een snork?)

    Reply
  14. Ek stem… albei het voor- en nadele.
    Voordele
    – Jy hoef nie iemand anders se klere op te tel of skottelgoed te was nie
    – Jy hoef nie verantwoording te doen van waar en saam met wie jy gaan nie
    – Jy het nie die ander se “toestemming” nodig nie
    – Jou tyd, kar, huis en en en is jou eie
    Nadele
    – Jy kan nie in die aand le en jou gedagtes met iemand deel nie
    – Dit is soms alleen en eensaam (btw mens kan eensaam wees al is jy tussen 100 mense)
    – Gedeelde smart en vreugde is halwe smart en halwe vreugde

    ooh nee die kan n lang lys van albei raak….

    Reply
  15. voor elk plaatje een glimlach🙂
    de tekst zeer zeker ook , al had ik niet alles door , er staan de gekste dingen op fb🙂

    Reply
  16. Ek lag nou te lekker vir jou prentjies. Die katte, my gunsteling! Eintlik is ek mal oor almal. Oor jou blok, ek kan sowaar nie aan iets dink om by te voeg nie. Net soms raak ñ getroude ietwat jaloers op ñ ‘enkel’ lysie.☺

    Reply

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: