RSS Feed

Tjommeltjie

Soms het die verlede so manier om met ‘n draai, skielik in ‘n mens se lewe in te kom.  Ligjare gelede het ons (ek en my twee susters) het ‘n onderwysdiploma  by NKP verwerf (daardie jare was onderwyser of verpleegster die enigste wat mens kon studeer waarvoor die staat betaal het). Dit was ook nie heeltemal gratis nie, want jy moes dan 3 jaar skoolhou. As jy getrou het, het jy jou permanente pos verloor. ‘n Finale jaar student kon aansoek doen, maar net die top-studente het geslaag en die res van ons moes maar tevrede wees met die plekkie wat jy kry.

So land ek op die Hoëveld se dorpie Greylingstad. Die naweek pop daar ‘n personeelfoto van die 6 personeellede op FB op en ek word teruggevoer na ligjare gelede.  Ek het in die proses ‘n paar dinge besef:

  1. Mens kan jou nooit regtig losmaak van jou verlede.
  2. As mens begin skoolhou weet jy geheel en al niks.
  3. ‘n Mens behaal sukses op ander se werk/voorbereiding (Ek het geheel en al niks van netbal geweet en skielik word ek afrigter)
  4. Elke mens wat in jou lewe kom (ongeag die ouderdom) raak op ‘n spesiale manier jou lewe aan en dit maak mens nederig dankbaar.
  5. Elke dag verander ‘n mens en word mens ryker  – ek is baie dankbaar vir hierdie mense en dorpie waar ek soveel geleer het en waar die mense my onvoorwaardelik aanvaar het. Dis vreeslike lekker om te hoor hoe hulle lewens uitgedraai het.

Nou ja, na al die getjommel moet jy darem ‘n bietjie glimlag.

10363761_10152799364658362_3818209958868688909_n

13680610_1222344991132324_5653113023430798577_n

14102506_649957655172151_7944560429603280392_n

14484725_10209045493427133_2551012336915757743_n

14469470_1292045627504795_1661423931688988692_n

14650230_1108894305891129_4066891092639715833_n

50 responses

  1. ek het gaan verpleeg… het jy my al gekry??

  2. Een waterpistool heerlijk toch,al gauw staat je huis onder water

  3. 4. Absoluut …🙂

  4. Jy het beslis gesorg vir glimlagte.

  5. Te lekker kommunikeer die tannies …🙂 Dit voel amper soos ek en my 2 ma’s gister!🙂

  6. ik pas zeer goed op mezelf hoor
    wat rust nemen ook en goed slapen
    komt goed

  7. ja die heb ik samen met plakspullen altijd bij me🙂

  8. Sou graag weer die onderwysers wou sien saam met wie ek destyds skoolgehou het.

  9. Agnee … Ek het gedog jy gaan ons treat met ‘n paar van jou ou fotos. Ag toe, Tina!
    Ek hou die meeste van die een “Man te koop …”

  10. Dit klink asof jy jouself uitgeleef het in jou beroep. Gister met ‘n afgetreede onderwyseres gesels en ek kon daar ook die liefde vir die beroep aanvoel.

  11. Die eerste drie tannies, een is defnitief ek. Die ore hoor nie altyd meer so goed nie. En soms kies ek maar wat om te hoor… In die sewentiger jare moes jy regtig maar onderwys gaan swot, want verpleegsters was glo te rof. Ja, en behoede jou as jy daardie 3 jaar nie eers teruggewerk het nie! Jy laat my nou lekker herkou aan daardie tye.

    • Ons is drie vriendinne wat bure is wat so aansukkel eetsaal toe.
      Moet darem sê ons sou baie tyd gehad om te betoog want ons het ons sowaar nie ooreis nie Ek was elke naweek huis toe en ons was die eerste 4de jaar en daar was nie eintlik ‘n sillabus nie

  12. Ek lag vir die snaakse goed en wel, bewonder die waarhede in die geskrewe ook. Hoeka nou die dag vra iemand my waarom is ek vriende met my eks girlfriend op Facebook. My antwoord was net dit, selfs al het dinge baie lelik geraak aan die einde van ons verhouding, was sy nogsteeds ‘n baie groot deel van my lewe vir jare!

    • Ek stem… mense het jou lewe onlosmaaklik verander en ons het almal maar geite.
      *fluister* ‘n ou boyfriend is toe vriende met een van die vrouens en ek het stilletjies gaan ky maar is te skaam om hom te vra hoe dit gaan

  13. Ai, ek het nou kliphard gelag in n andersins stil huis vir die lewenswysheid wat aan Tannie Fransien oorgedra is!

  14. Ja, die lewe loop interessante lope. Gister se Brakpan-storie het my ook laat terugdink. My eerste skool was in Brakpan! Geen blyplek, idee van wat voorlê en so bang vir die nuwe lewe. Pappa het my nogal by die skool afgelaai met my tassie. Ha ha, skree snaaks as ek daaraan dink.

    • Ek kan dit nog onthou … ek dink hulle het daardie tyd gereel vir losies. Gelukkig het ons darem oorleef en ek kuier nou lekker met ‘n tannie by wie ek gebly het se dogters Sy leef nog en is 90jaar oud. Die een meisie is ook my matrone vriendin se niggie – dis hoe die foto by my uitgekom

  15. Jy moet die speed bump vir Donald Trump stuur!

  16. ja ouwe herinneringen aan de tijd van vroeger is meestal wel leuk
    ik had al eens een reuíni van de klas van ’62🙂 geweldig was het
    en je bracht zeer zeker vele glimlachjes , voor elk plaatje 1🙂

  17. Haha, die watergun storie herinner my nou aan die masjiengewere wat my twee seuntjies (toe 3 en 5 jaar oud) se oupa vir hulle gekoop het een kersfees. Daar was geriffelde karton aan die binnekant wat so ‘n irriterende trrrr-geluid gemaak het as die sneller getrek word. Ek en my man het gou genoeg agtergekom dat die geweer se stotter-geluid aangetas word as die karton nat word en van toe af het ons hulle elke dag aangemoedig om in die swembad te speel met die gewere. Eish, ons was slegte ouers.😀

  18. Altyd snaakse goed wat jy op het – daai laaste een is vreks snaaks! En ek stem saam met jou oor begin-onnies!

  19. Staan al deze plaatjes op jouw oude feestboek?

    Vrolijke groet,

%d bloggers like this: