RSS Feed

Vrydag byskrifte

Ek was nog nooit weg nie – verlore ja, maar weg of verdwaal nog nooit nie.. Hier op die Landgoed het ons nou die call4care stelsel gekry . Eers het ek my vererg – waarom moet ek nou my lewe verander om by ‘n masjien aan te pas. Tog is dit ‘n wonderlike konsep … elke oggend  druk mens ‘n knop en as jy vergeet begin hy beep om jou te roep … as jy nie antwoord begin hy (ek hoop dis ‘n hy – ek kan doen met ‘n nuwe verhouding) soek. Eers bel die masjien en as jy nie antwoord bel hulle die sorgsentrum wat dan moet ondersoek kom instel waarom jy nie antwoord nie.  Dis ‘n interessante konsep en  dit beteken dat iemand jou nie na ‘n week dood in jou bed kry nie. 

Dankie vir jou deelneem/inloer. Hoop jy het ‘n wonderlike naweek met baie reën as jy in SA woon.

1

47a3505331080139159f74621996b9dc

2

14591717_1204772279579662_3863715781900236552_n

3

13669770_1339627972731359_4930459188228427797_n

4

303aa49a1af8f80ecfe4daaf8df0c3ef

5

13886917_288657518156976_4751319070443417952_n

6

14462873_1203861459670744_4027611150547895502_n

48 responses

  1. Jou foto 3 herinner my daaraan dat ek nog die opvolg moet skryf oor die probleem van tarentaalistiese proporsies op my erf…

  2. Heerlijke reeks foto’s met een boodschap.Ik leg me liefst bij de ezel in de bloemenwei..puur natuur toch

  3. Call4care klink na ‘n baie slim plan! Jou foto’s laat my altyd glimlag! Ons het vanoggend ‘n lekker bui reen gehad!

  4. Die arme donkie lyk so moedeloos! Hy moet bietjie na die gorilla tweeling kyk, dit sal hom sommer vinnig opbeur!

  5. 1 Butterfly kisses
    2 Sal ‘Octomum’ kom raadgee asseblief
    3 Ken iemand KFC se telefoon nommer, asseblief
    4 Dromend van haar!
    5 Gee pad voor ma het klaar die tuna oopgemaak!
    6 Is dit wat die heks bedoel het met ‘n bostuklose prinses?

  6. Hei, Tina! Ons het wonderlike reen gehad.
    1. Vlindersag
    2. Tweeling-uitputting
    3. Kopsitter
    4. Blommedonkie
    5. Hell’s Angel
    6. Kom hierso, ou Paddaprins – mwaaaaahhhh!

  7. Almal oulik, maar 2 en 4 trek my aandag ‘n bietjie meer.
    O jy sê dis ‘n hy?🙂

  8. Ek dink dit is puik!
    Jou foto s vandag is kosbaar.

  9. Die gorilla met babatjies is te dierbaar!
    Dis ‘n goeie ding Tina.In die aftree-oord waar my ma was,het haar buurvrou in die nag beroerte gekry en heelnag op die yskoue vloer gelê.Omdat hulle ook so ‘n sisteem gehad het,is sy vroeg die oggend opgespoor en kon hulle help.

    • Ok dit voorsien nie in alle behoeftes nie maar dit het ook ‘n knoppie wat jy kan druk en waar jy met iemand kan praat Al voel jy bietjie alleen. Ons sal dit maar net gewoont moet raak. Vanoggend het ek vergeet maar was darem tuis toe hulle my soek

  10. Ek hou van die kat se pienk snoetjie en die dogtertjie en die padda. As sy hom sou soen gaan hy in ‘n prins verander? Fijne weekend ! Hier roer die wind.dalk bietjie reen more.

  11. oh, such a big “awh” to start the weekend with! Thank you xo

  12. 3. Voeltjie selfmoord poging nr 6…

  13. Dis nou as jy in die nag doodgaan. Dan is jy heel verbaas die volgende oggend😊

  14. Die kat met die kuiken op die kop…ek vandag. Mag jy ook ñ heerlike naweek hê.

  15. We are experiencing many rainy days – days I am sure you would love to have in South Africa!
    The animal photos you shared with us are so cute – especially mama gorilla and her babes.

  16. Die kat lyk gatvol. Sjym man. Die donkie is heelwat beter af.

  17. ik ben ook nog nooit verdwaald🙂
    ze vinden wat uit , goed of slecht
    ik laat het in de midden
    er zijn er voor wie het goed kan zijn
    en voor anderen niet nodig , nog

    1. samen spinnen

    2. alle 3 tevreden

    3. en deze 2 ook

    4. en ook het ezeltje lijkt tevreden

    5. als de landing goed gaat is ook deze tevreden

    6. en zelfs het kleine meisje en reuzenkikker zijn tevreden

    al in al een tevreden blog🙂

    fijn weekend gewenst

  18. Dis ‘n goeie ding. Hulle het elke oggend aan die deur kom klop waar my ouers gebly het en geroep”Alles nog reg hier?” So het hul een oggend toe hul nie antwoord kry nie ingegaan, en my pa aangetref waar hy verwese sit. Hy het nie geweet wie hy is of waar hy is nie. Daar was ‘n noodknoppie maar tot daarvan het hy nie geweet nie. Mooi naweek vir jou!!

%d bloggers like this: