RSS-toevoer

Trotse tjommeltjie

Een van die lekkerste dinge van onderwyser is as kinders waarvoor jy skool gehou het presteer, al voel jy soms dat jy nie genoeg gedoen het nie.

Ons het vir ‘n hele paar jaar ‘Ïdols’ (Genoem Klankekalante) gedoen. Die gr. 4-7’s moes almal deelneem en dit was deel van die Kuns en Kultuur punt.  Oudisies met 3 onderwysers  as beoordelaars is gehou en hulle kon ‘aantrek’  vir die okkasie. Daaruit het ons so tussen 20-25 van die bestes gekies en hulle het dan voor die kinders van die skool opgetree en elke kind kon vir sy gunsteling stem. Die tien bestes het dan deurgedring tot die finaal voor die ouers wat ook vir hulle gunsteling kon stem en so is elke jaar ‘n graadwenner aangewys en ‘n algehele wenner wat die meeste stemme gekry het.  Dit was baie pret (ook baie werk) maar beslis ‘n platform vir baie kinders en die selfvertroue het my elke jaar verbaas. Ek onthou nog vir Elisma wat soooooo skaam was tot ons haar toelaat om buite die saal met die mikrofoon te gaan sing… die soetste stemmetjie en sy sing haar toe die jaar in die derde plek in.

Ek wou eintlik van Ashley vertel … sy jaar se algehele wenner wat nou oppad is na ‘n oudisie vir The Voice. Ek kan nie die lekker warm gevoel beskryf wat dit mens gee nie. Mens kry so  gevoel met elkeen wat sukses behaal.  Elke troue en die geboorte van ‘n kind of enige prestasie verskaf onbeskryflike genot. Selfs die groot glimlag met die ontdek van ‘n nuwe liefde maak my hart warm.

Wag dis is nou genoeg getrommel … het jy onthou om vandag te glimlag?

13346599_841000816031723_6665484388537643648_n

14022258_1756248224648136_3315255764089377111_n

14359208_1287523121290379_7904298777707691750_n

14469470_1292045627504795_1661423931688988692_n

dd8101f1b4918a16f79cbff816d244ff

tough-questions-funny-if-dog-wear-pants-fb

 

 

40 responses

  1. Oh, the first one… 😀

  2. The little boy who does talk 2 ye

  3. ja kinderen met hun onschuld ” nog ” zijn een pracht

  4. Ek het vandag lekker gelag vir die fotos!!!

  5. Knap gedaan..

  6. Ek glo ‘n onderwyser put bevrediging uit sy leerlinge se prestasies. Ek wonder of een onnie ooit aan my teruggedink het. Ek dink die ou klomp was maar te bly om my te sien gaan!

    Daai vraag oor hoe ‘n hond sal broek dra as ‘n hond sou broek dra gaan nou die hele dag by my spook soos ‘n deuntjie wat ongenooid bly draai in mens se kop!

  7. Ek kan my indink dat elkeen van hulle amper soos jou eie kinders voel, Tina! n Passievolle onderwyser beteken so bae vir n kind; ons kan byvoorbeeld nie uitgepraat raak oor hoe Joubert geblom het onder sy Graad R juffrou se leiding nie.

  8. Lekker gevoel om so saam te leef met die”kinders”. Hierdie jaar met my biggenertjies is dit ook heel lekker om te sien hoe hul groei en hoe hul steeds spesifiek my hand vat of my kom vertel van wie of wat ook al.

  9. ik had een reuïni van de klas van ’62 en het was als vroeger heel gezellig
    als ook al deze mooie plaatjes , top stuk voor stuk 🙂

  10. Onderwys is so ver in my verlede….maar ek het verlede maand een van my kollegas raakgeloop toe ek terwyl ek n ander graag geswot het raakgeloop en sy het my outhou nie vir my besonderse talente nie maar omdat hulle vir my mannewales gulag het

  11. Dit maak mens se hart warm Tina.Onderwysers is darem ‘n groot deel van ‘n kind se vorming en hulle kry nie altyd krediet daarvoor nie.
    Ek lag my dood vir die twee tannies met die selfoon!

  12. Cute!!! Ek praat laasweek met ‘n juffrou wat se dis so spesiaal as ‘n volwassene, met kleintjies, na haar toe kom in ‘n publieke plek en se “onthou juffrou my nog van gr1”?

%d bloggers like this: