Ons braai bietjie op die Landgoed vir Erfenisdag more. Toe ons hier ingetrek het reken die ontwikkellaars – Oumense braai nie – ons het ons nie daaraan gesteur nie en nou word dit al aangebied. Mense het darem baie vooropgestelde idees. Die spreker praat nou die middag ook van oumense … tot iemand droog opmerk – Ons is dames nie oumense nie. Ek gee nie soveel om nie, maar ‘Ou Mensies!’ gaan nie by my goed af nie.
Dankie vir die inloer/deelneem. Ek hoop jy het ‘n besonderse lekker naweek!
1
2
3
4
5
6
Sjoe, daardie zebra broek….
‘n Treffer nê?
Weer loop ik achter met reageren.
Daardoor geniet ik wel van de andere commentaren!
Vrolijke en zonnige zondaggroet,
Geen probleem Dis lekker as jy inloer.
Hei, Tina – hoop die braai was lekker!
1. Ontbyt innie bed
2. Sterre – met en sonder stert
3. Ryloop in styl (of is dit nou rydans?)
4. Oukei, my beurt met die fopspeen – suig jy solank hierso.
5. Oefen vir die apokalips?
6. Ag, daai arme ma!
Hehehehe lekker skerp!
Daar is min dinge wat my so irriteer as groot mense wat in verkleinwoorde praat sonder dat dit nodig is… Veral as hulle jou n “lekker daggie” toewens… My dag het ook @#%$ 24 ure en meeste daarvan is heel vol, dankie! 😀
Ek dink daai antie het haar soos n sebra vermom om op hulle te gaan spioeneer.
Heheheheh dieselfde hier!
dus een BBQ op het landgoed
aangeboden door de ontwikkelaars
niet te veel bij nadenken
gewoon lekker van genieten 😉
1. dat is fijner dan een vlieg
2. hopelijk een nep leren broek
3. die krijgt vast wel een lift naar het ballet
4. wat denk je dat zo’n speen kost
5. alles voor een peuk
6. zou er bang van worden
wens je een fijn weekend
hehehehehe Skerp! Lekker naweek!
fijn weekend
en geniet de braai 🙂
Dankie
🙂
Oumense???? Niemand raak oud nie.
Vertel dit nou vir mense. Daar was nou die dag ‘n verslaggewer wat nie kon glo ek kan ‘n rekenaar aansit laat staan nog blog
So asof almal oor 50 so oud is hulle sit almal in rolstoele en is tegnologies gestremd.
Dis regtig waar, maar dan moet ek darem sê dis ‘n gesukkel met die slimfone
Toemaar dit mag ons langer vat maar ons kry dit ook onder die knie!
En (Skuus Lou) ons doen dit gewoonlik beter
Vandag se byskrifte skep verwarring in my gemoed. Ek sou my graag as ‘n kultuurryke persoon wou sien en daarom en uit die aard van die saak, slegs vir daardie rede spreek die ballerina tot my. Dit is egter ook so dat ek van natuurfotografie hou en daarom behoort die zebra tot my te spreek – maar vir een of ander duistere rede doen dit nie?
hehehehe jy is nog te jonk vir ‘n deurmekaar oumenskoppie
1 iemand se ouboet is baie verveeld
2 Merrie & merrie
3 Waar is die naaste ballet geselskap??
4 Plug and play?
5 Kort maar kratig
6 Jan Wilkens se kleinseuns
Ek vra maklik vir ‘n “oomer” op watter mamier ond familie is
hehehehe lekker skerp!
Lê hier in hospitaalbed en geniet jou fotos!! Daardie ryloop meisiemens sal maak dat die manne nie kyk waar hulle ry nie!! Geniet jou naweek oumensie….. hoe sê jy altyd “koets”
Hehehehe… een oumensie mag dit sekerlik soms vir ‘n ander oumensie sê. Hoop jy herstel sommer gou
Dankie. 🙂 In die vervolg sal ek van bejaarde mense praat!! Klink dit beter?
Daai oumens ding pie my net so af, en oumensies is seker die heel ergste vorm van neerbuigendheid.
Eish Tina, ek suffer van ‘n maagkwaal, ek is nie my ou flou grapgat self nie. Speel weer later saam.
Ag ek is jammer om dit te hoor. Hoop jy voel gou beter!
Hoe sal ek lyk in daai gestreepte broek?
Verwag jy ek moet eerlik antwoord?
Nee natuurlik nie. Vriende lieg baie taktvol vir mekaar. 😀
Ek is seker daar is ‘n beter keue
‘n Beter keuse van klere of ‘n beter keuse van vriende? 😀 😀
hehehehe altwee
Ditsem knap dame, skop ou mensies neerbuigers se gatte . Die broeklose koue man verskaf n vergrootglas vir nuuskieriges en die twee merries span breed.
Hehehehe … jy kyk darem met ander oë na die wêreld
ok selde wat ek die ouderdom weggee maar op 76 is ek in die kop jonger as baie onder 50. Ouderdom is ‘n syfer, oudwees is in die kop.
Juis!
Ek stem!
Net so … EN fikser!
Sjoe sjoe sjoe daai berntjies en goetertjies sal darem k o u d kry!
Ek wonder of hy dalk sy broek vergeet het
“Toe ons hier ingetrek het reken die ontwikkellaars – Oumense braai nie”
Maar ons is mos nie “oumense” nie? Al ís ons oud …
Nee ek verstaan nie waarom mense mense so in boksies pas nie. Op 20 kan mens al ‘n oumens wees. Waarom begin hulle nie by ‘mense’ nie