Dis darem wonderlik hoe mens se blogvriende jou uit donker dieptes kan haal. Ek het so lekker gegiggel oor die kommentaar by die twee laaste blogs en Lewies het ‘n skakel gegee waarmee ek per ongeluk op die verkeerde blog geland het – ek lag nog erg geskok saam met die feit dat ek by die verlate eiland net die toiletpapier raaksien, … dit laat my nog kort-kort giggel!
Wat my ook gelukkig gemaak het, is dat ‘n vriendin vir my Vrydag die laaste kaartjie vir my PnP versameling gegee het en ek dit kon afgee vir ‘n vriendin se kleinkinders. Nadat ek en ‘n vriendin gisteraand heerlik gaan uiteet het, is alles weer klopdisselboom by my Landgoedhuisie.
Nou moet jy ook nog net saam met my glimlag want die gekners op jou tande oor die rugby is glad nie goed vir jou nie. Ek sien mense beveel ander sportsoorte as nasionale sport aan… jukskei, rolbal… As dit nou landwyd reën vandag kan die manne darem nie om die braaivleisvure hulle sorge uithuil nie. Kom ons glimlag – more is nog ‘n dag!
Daai wollerige bene is darem te erg… yuck!
Dis waar.
Altijd opgebeurd als ik hier geweest ben
Jy is altyd meer as welkom
Ek dink nie ek sal by daardie Kiosk ietsie vleiserigs koop nie…. wie weet van wie daardie stukkie vleis afgesny is!!!
Grillerig
Sien jy nou?😄
Net so!
Is die laaste foto van n vrou of n weerwolf!? 😀
Jy weet die bokke speel regtig power as jy op n Saterdag-oggend, terwyl die game aan die gang is, by n kinder-partytjie aankom en al die ander Pa’s is ook daar!
Ja die rugby snoer die manne saam en nou het hulle niks meer nie. Dit gaan lank vat voor dit weer beter gaan
Ai droewigheid op note. Dit werk maar so as die beste kandidate vir die spel nie gekies mag word nie. Red nou n volk met so n nasie. Bly jy glimlag darem nog!
Ja wat … ek hou nie regtig lank nie. Mens kan nie so negatief leef nie
Mooi man!
Die lewe is regtig te kort
klopt helemaal , je krijgt zoveel kabeltjes , en bewaart ze , want je weet maar nooit of ze van pas komen 🙂
nu ze zijn weg
Die oomblik as jy hulle weg doen het jy weer een nodig!
🙂 vaak is dat zo
Baie bly om te hoor die weemoed is verdryf. ‘n Driejarige sal enige bemarker se moses wees!
Hehehe en as sy ‘n paar Engelse woorde ken gaan sy hulle laat kreun
So happy that you perked up, Tina. Don’t like to think of you feeling ‘dumpy-down’. 🙂 I’m imagining the ladies at our club playing bridge in the nude. A very scary mind picture. 😆 😯
Ja hier by ons ook ooms wat saamspeel en dit sal my so vreeslik ontstig dat ek elke keer verloor
nu de glimlach is er hoor 🙂
ik ga voor dat 3 jarige meiske dat met santa praat hohoho
fijn weekend
3 jariges kan mens moeg praat!
Ek oor weeg nou weer om kinders te he vir die telebemarkers se onthalwe. Nogal goeie vertaling van Favourite things wat my weer herinner dat ek nog wil blog oor Victoria piek waar dit lyk soos sound of Music.
Jy is nog jonk genoeg vir so ou babatjie… dink net hoe lekker sal julle speel!
Daar is nie ‘n manier nie. Daar gaan egter wel binnekort baie babatjies op die werf wees. Ek het vanmiddag ‘n Tarentaalnes met 30 eiers op die werf ontdek… En ons het 2 katte!!!
Oooooo jy sal die held in die verhaal moet wees. Wat van ‘n katvriendelike tarentaalkampie Ek kan nie wag vir die foto’s nie
Jy het my vir oomblik laat dink maar ek dink nie daar is iets soos,katvrriendelike kampie nie – hondvriendelik ja, nie katvriendelik nie. ” the most humane” is dalk om omelet te maak…
Jy moet net ni9e te lank wag nie want so bebro9eide eier is mos ‘n nare gedagte!
Bly ek was aandadig aan ‘n effense grinnik!
Ek dink ek word oud want sulke goed word vir my al hoe snaakser – ooms word mos so onskuldig as hulle oud word… *koes*
Jy hoef nie te koes nie, die oom kan dit op die kinnebak vat! Lekker Sondag vir jou, hier pure sonskyn na die week se koue reen, die koue front is op na julle toe, haal maar uit die tjalies (of wat is daai goed wat anties dra as hulle oud word? 🙂
Ek het nog nie veel van lekker reën gehoor maar iemand het gesê ‘n rivier naby Skukuza loop so dis al goeie nuus.
Smakelijk mee gelachen.
Zonnige groet,
Dankie vir die inloer Rob Lekker naweek!
Nou … was daai een daarbo toe die regte skakel of die verkeerde skakel? Ek het maar in elk geval gelees en toe lees ek maar sommer verder daar aan die ligte mistykie en so aan – en nou het ek my man wakker gelag. Tsk.
Ek kan ook nie ophou lag nie … ek het die werklike muis storie net half gelees van al die lag. Ek mis darem al die blogpret. WP is net nie dieselfde nie
Ag ja en daar werk transformasie toe perfek, die Bokke is nou gelyk aan Bafana Bafana.
Dis regtig tragies.
“Swart” dag vir SA rugby!
Droewig 😦